Skade aan ʼn 88 kV-geleistam by Eskom se substasie in Frankfort in die Vrystaat het Maandagmiddag tot kragonderbrekings in Frankfort en omliggende gebiede gelei.
Stefanie Jansen van Rensburg, woordvoerder van Eskom, sê klante wat elektrisiteit van die Frankfort-Tweeling, Frankfort-Tolcon en Frankfort-Petronet 22 kV-kabels ontvang, word ook hierdeur geraak.
Eskom stel ondersoek in na die omvang van die skade en dit is nog nie bekend wanneer die kragtoevoer herstel sal word nie.
“Ons vra om verskoning vir enige ongerief,” sê Jansen van Rensburg. “Ons wil klante gerusstel dat ons baie dringend aandag gee aan die probleem. Ons vra inwoners om geduldig te bly terwyl tegniese personeel in die gebied oorval word met probleme weens weerskade en ander foute.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Maar hulle wil meer geld hê vir minder !!!