Eskom beperk krag na dele van Gauteng

(Argieffoto)

Eskom sê hy doen die ongekende stap om kragtoevoer voortaan na dele van Gauteng te beperk waar groot nie-tegniese kragverliese in woonbuurte voortduur.

Die kragvoorsiener sê hy sien steeds ʼn groot neiging van kragverbruik tussen 05:00 en 09:00 en weer van 17:00 tot 20:00. Hy moet nou sy bates teen herhaaldelike onderbrekings en ontploffings beskerm wat veroorsaak word deur onwettige verbindings, meters wat omseil word en die gepeuter aan elektrisiteitsinfrastruktuur wat aanhou toeneem.

“Ons moet doelbewuste stappe doen om die geweldige hoë koste wat met herhaalde ineenstortings weens oorlading gepaard gaan te verminder. Dit kos meer omdat die krag blindelings tydens piektye gebruik word,” het Motlhabane Ramashi, senior bestuurder van bedryf en operasies in Gauteng, gesê.

“Die ongekende maatreël is nodig om die situasie te beheer. Die deurlopende herstelwerk en vervanging van toerusting voordat die belegging nog die moeite werd was, is onnodig en ons kan nie bedrywighede volhou as die situasie só voortduur nie. Die stap is in ooreenstemming met ons besluit om bedryfskoste te beperk en aanlegte se vertoning te verbeter.”

Die krag sal beurtelings beperk word om die stygende koste in bedwang te bring. Eskom sê hy sal dophou of daar enige verbetering is en sal intussen ook voortgaan met oudits, die verwydering van onwettige verbindings en die ondersoek na peutery aan meters. Hy sal ook boetes vir enige oortredings instel.

“Ons gaan voort om saam met die geraakte gemeenskappe en belanghebbendes te werk om te verseker elektrisiteit word aan alle kliënte voorsien, omdat ons van mening is dat elektrisiteit ʼn noodsaaklike diens bly,” het Ramashi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Kerneels ·

Kriek, ek sal maar 3 suikertjies in my koffie moet gooi om oor die skok te kom.

Het so pas op kommentare op facebook afgekom waar mense kla oor areas wat sedert gister by tye nie elektrisiteit gehad het nie: sekere dele van Soweto (17:00-22:00), Orange Farm, Cosmo City, Boksburg, Diepsloot, Sebokeng, Braamfisher.

Eiervrug ·

Dis beurtkrag… Hulle kan dit nou net nie so noem nie, aangesien hulle reeds belowe het dat daar geen beurkrag tydens lockdown sal wees nie. Hoe dan gemaak?? – gee dit dan net ‘n ander naam…. Ai jai jai….

Barbara ·

Jy reg Amy hul gaan by ons weg vat wat betaal om vir “armes” te gee.

Cherry ·

Jy vat die woorde uit my mond. Ek weet nie hoe hulle dit wil doen nie.

Anon ·

Gister was dit hulle voorneme om arm gemeenskappe te help, vandag is daar ‘n neiging tot groot verbruik gedurende spesifieke tye. Die kant toe daai kant toe, al in die rondte en ons moet maar net hoes en betaal. Pateties verby.

Snowball ·

Aitsa, Beurtkrag word nou Beperkte Krag genoem.
Eskom, hoe pateties onnosel dink julle is ons?
Onwettige kragverbruik is al 25 jaar aan die gang en julle nuutste plan is nog meer gratis krag.

Se maar net ·

Is dit staats geheim of mag ons weet watter dele van Gauteng?

Jacobus ·

Dié dele wat gereeld vir krag betaal. Die res is onaantasbare toekomstige votas.

Jacobus ·

Mr Eskom, goeie betalende kliënte is jou grootste bate (as jy nie verstaan nie, betroubare inkomste.)
In Hemelsnaam waarom straf jy jou bates. Jy weet presies waar jou swakpunte geleĕ is, Soweto. Indien jy wat Eskom dit nie insien nie is jy op dieselfde moroniese vlak as ons geagte NCCC.
MOENIE onnodig moeilikheid soek nie, ons moere is dik.

Kanjynoumeer ·

Onwettige krag gebruik is al vir jare n probleem en sal in die toekoms aangaan as daar nie daadwerklike planne gemaak word nie.

Magda ·

Sien hoelank gaan die onwettige verbindings nie nou al aan nie, en julle kon dit nog nooit uitsorteer nie, maar nou wil die regering vir ons vertel wat ons mag en nie mag koop nie. Net nog n bla lbla bla bla bla met geen aksie nie. Begin eers BO skoon maak en leer om verantwoordelik te aanvaar, voor julle ONS wat julle in daai stoele geplaas het, kom vertel wat en nie wat ons mag en nie mag doen nie. VEE VOOR JULLE EIE DEURE EERS ASB

Eerlik ·

Nee, dis die krag toevier van betalers wat herlei word na diegene wat dit verniet moet kry.

Ano ·

Hoe de drommel kan hierdie regverdig wees?

Wetsgehoorsame betalende inwoners in formele buurte, wat omring is deur plakkerskampe, word nou gestraf vir hierdie onwettige aansluitings in daardie plakkerskampe. Dit ten spyte daarvan dat hierdie inwoners vir jare al beswaar gemaak het oor die vestiging van daardie plakkerskampe.

Plaas dat hulle nou ingaan terwyl die weermag ontplooi is en met die hulp van die weermag daardie onwettige koppelings verwyder, straf hulle maar net weer die betalende melkkoeie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.