Eskom beplan om krag te sny by munisipaliteite wat nie betaal nie

Argieffoto (Foto: SnapwireSnaps, Pixabay)

Argieffoto (Foto: SnapwireSnaps, Pixabay)

Eskom het alle partye in kennis gestel wat moontlik geraak sal word indien die maatskappy die kragtoevoer op 5 Junie sou afsny by 20 munisipaliteite wat agterstallig is met hul betalings.

Die totale bedrag van munisipaliteite wat al langer as 30 dae agterstallig is, beloop R4.6 miljard. Die betrokke 20 munisipaliteite se skuld beloop R3.68 miljard vir die grootmaatvoorsiening van elektrisiteit.

“Wanbetaling ondermyn Eskom se statutêre verpligting om elektrisiteit nasionaal op ʼn finansieel volhoubare basis aan munisipaliteite te verskaf,” het Zethembe Khoza, waarnemende uitvoerende hoof van Eskom, in ʼn verklaring gesê. “Ons het dus besluit om ons reg uit te oefen kragtens die Wet op Elektrisiteitsregulering en die verskaffingsooreenkoms met munisipaliteit, wat ons toelaat om die elektrisiteittoevoer na munisipaliteite wat nie betaal nie, af te sny.”

Khoza het bygevoeg dat die maatskappy bewus is daarvan dat die afsluiting van elektrisiteit sommige verbruikers en lede van die gemeenskap swaar sal tref en die verskaffing van ander dienste ook negatief sal beïnvloed, maar bygevoeg dit is die laaste uitweg.

Eskom oorweeg om elektrisiteit dus op ʼn gereelde basis soos volg af te skakel:
Maandag tot Vrydag: 06:00 – 10:00
Maandag tot Vrydag: 17:00 – 21:00
Saterdag tot Sondag: 07:00 – 10:00
Saterdag tot Sondag: 17:00 – 20:00

ʼn Lys van die munisipaliteite per provinsie sal op 30 April in plaaslike media gepubliseer word. Verbruikers binne hierdie munisipaliteite sal voldoende kennisgewing gebied word en sal skriftelike vertoë aan Eskom kan rig.

Die lys van die top-20 munisipaliteite wat agterstallig is (in geen spesifieke volgorde nie):
– Maluti-a-Phofung munisipaliteit (sluit Harrismith en Kestell in die Vrystaat in)
– Matjhabeng munisipaliteit (sluit onder andere Welkom in die Vrystaat in)
– Emalahleni plaaslike munisipaliteit (sluit Kriel, Ogies en Witbank in die Mpumalanga in)
– Ngwathe plaaslike munisipaliteit (sluit Parys en Vredefort in die Vrystaat in)
– Thaba Chweu plaaslike munisipaliteit (sluit Graskop, Pelgrimsrus en Sabie in Mpumalanga in)
– Lekwa plaaslike munisipaliteit (sluit onder andere Standerton in Mpumalanga in)
– Govan Mbeki munisipaliteit (sluit Evander, Secunda en Trichardt in Mpumalanga in)
– Stad Matlosana plaaslike munisipaliteit (sluit Stilfontein, Orkney en Klerksdorp in Noordwes in)
– Naledi plaaslike munisipaliteit (sluit Wepener en Dewetsdorp in die Vrystaat in)
– Thabazimbi plaaslike munisipaliteit (sluit Northam en Thabazimbi in Limpopo in)
– Msukaligwa plaaslike munisipaliteit (sluit Ermelo en Davel in Mpumalanga in)
– Lichtenburg munisipaliteit (sluit Lichtenburg en Coligny in Noordwes in)
– Nala plaaslike munisipaliteit (sluit Bothaville en Wesselsbron in die Vrystaat in)
– Makana plaaslike munisipaliteit (sluit Grahamstad en Alicedale in die Oos-Kaap in)
– Madibeng plaaslike munisipaliteit (sluit Brits, Hartbeespoort en Pelindaba in Noordwes in)
– Randfontein plaaslike munisipaliteit (sluit Randfontein in Gauteng in)
– Dihlabeng munisipaliteit (sluit Bethlehem, Clarens en Fouriesburg in die Vrystaat in)
– Nketoana plaaslike munisipaliteit (sluit Arlington, Petrus Steyn en Reitz in die Vrystaat in)
– Nama Khoi plaaslike munisipaliteit (sluit Springbok, Vioolsdrif en Okiep in die Noord-Kaap in)
– Westonaria plaaslike munisipaliteit (sluit Bekkersdal, Modderfontein en Westonaria in Gauteng in)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Evert Bouwer ·

Wil voorkom of dit net anc beheerde munisipale gebiede is, laat n mens dink, geen in die Wes Kaap, dankie DA!

Neptunus ·

Dankie DA? Foeitog, dis nie die DA wat die krag betaal nie, maar die verbruikers (DA en VF+) in daardie gebiede wat dit moontlik maak om Eskom te betaal. Vra jouself af hoe lyk die tipiese profiel van verbruikers wat vir daardie partye stem.

Dave ·

Dankie DA? So lank jy kan TV kyk sal jy saam met die DA vir regstellende aksie stem. Solank TV reg is, is die land hônkie dôrie. Die DA het ‘n masiewe aandeel in die onbevoegdheid van die Eskom-bestuur. Dankie DA sê jy. Net so onbevoeg as wat Eskom se bestuur is, is die DA se kiesers.

Knersus D ·

Reg Ewert, Dankie DA. Die ANC poog om die WesKaap te destabiliser, maar dis nog steeds DA wat ‘n mate van stabiliteit bring

Bruno Stef ·

Eskom julle tweegat jakkalse wat van die grootste nie betalende verbruikers naamlik Die Groter Soweto wat direk deur julle bedien word en al jare daarmee wegkom.Ek het n voorstel skakel hulle volgens julle spitstyd rooster af of is julle bang dit is nie Polities Korrek nie of die stelsel gaan dan gevandaliseer word wat weer baie gaan kos om te herstel.Ek weet waarvan ek praat omdat ek Jare lank self met Soweto se wanbetalings probleem gesukkel het om te probeer dat hulle betaal vir dienste gelewer MAW kry vir JULLE.

Tish ·

Mooi so KZN..maar hoekom sit ons gereeld sonder krag veral opdie suidkus, buiten beurtkrag.

Bruno Stef ·

Soweto word al sedert 1993 regstreeks deur Eskom bedien en was voor 1993 deur onderskeidelik die Admin Raad en die Soweto Stadsraad ge Administreer maar Eskom het beslag geneem in 1993 omrede die wan betalings deur die inwoners.

Vra net ·

Kan daar nie ‘n spesiale rekening oopgemaak word waarin die gebruiker die elektrisiteits gedeelte van die munisipale rekening direk aan Eskom kan betaal nie?

KarooKlong ·

Dit gaan nie soseer oor watter politieke groep in bewind is nie. Wanbetalers kom ooral oor SA voor. Die (Betalers) subsideer hulle feitlik in elke dorp maar in hierdie gemelde top 20 dorpe blyk dit dat daar net te min (Betalers) woon, of oorgebly het. Uhmmm……………………….

Francois Ludick ·

No Eskoms funds are stolen by an Anc ruled municipality. As they say dog eets dog. Sic Nie in die volgende honderd jaar het die Anc n oplossing vir die miljoene werkloses nie. Onteinning sal net vir n uigeleese groepie bevoordeel en dit voorspel net meer wanbetaaling en diefstal. Daar is temin betaalers maar die fondese van die wat wel betaal word gesteel. Om n betaaler van enige form te wees in die land moet jy weet dat die hatrseer is jou betaaling gaan wanbestee word of weg raak. 2015 Geen lopende water bedags en krag as jy gelukkig is?Scary of is dit Afrika se voorland?

Bruno Stef ·

Een van die grootste probleme is dat daar soveel onwettige konneksies deur verbruikers self gedoen of laat doen word en dat daar mense is wat n florerende bestaan maak deur net dit vir n lewe te doen.Daar is geen rekord van sodanige spook verbruikers nie Alhoewel wettige verbruikers ook in groot getalle weier om te betaal.

Dave ·

Ek dink jy sit die pot heel mis. Dit gaan oor uitstaande rekenings. Agterstallige rekeninge is hul probleem en onwettige aansluitings skep nie ‘n rekening. Ek dink dat die groot probleem onbevoegde munisipale bestuurslede is wat geld ontvang vanaf die elektrisiteitsgebruikers maar nadat blink Duitse karre gekoop is vir die munisipale amptenare is daar nie geld oor om Eskom te betaal.

JoeV ·

Sal ‘n mens dit nou glo? Dieselfde ANC wat nie betaal nie , wat reeds my belasting geld in besit geneem het, sal net eenvoudig daai geld gebruik om die rekening mee te betaal wat ek reeds aan die munisipaliteit betaal het, weer betaal. maak tog sin , dis ontwikkeling in Afrika, vra maar vir Rhodes en Jan. Dan kan mens hof toe gaan, nog belasting mors, om die anc kaders te laat verstaan daar was ‘ n fout Dan begin alles weer voor want hulle is verkies en ek hou aan my basting aan hulle oorbetaal. Lekke stupid

Danie Smit ·

Ons het ‘n kragprop, en ‘n kraan, maar ons stem anc so daar is nie krag by die prop of water by die kraan nie , en al het ons ‘n riool konneksie bly ons toilet vol en stink , want ons stem anc, viva anc viva swart mag, so swart soos die nag viva

Bruno Stef ·

Dave natuurlik maak onwettige kragverbruik n groot verskil dit word nie gemeter nie en op die einde in totaal moet iemand daarvoor betaal.Ek praat oor Soweto waar daar nie raadslede is wat toegang het tot die koekblik nie want al die betalings moet direk aan Eskom geskied maar gemeterde verbruikers kan bygevoeg word wat nie betaal nie. Dit verskil van voorsieningsowerhede en lewerings gebiede.

CHRISTA ·

Hoekom kla ESKOM. Hulle base (die ANC) het vir dekades betaling van dienste (water en ligte en erfbelasting) geboikot!! Dit was HULLE modus operandi!! Maar noudat hulle aan bestuur van die land sit, weet hulle nie hoe om hulle maatjies te vra om nou skielik vir hierdie dienste te betaal nie. Hulle het nie nodig gehad om hulle VYANDE te betaal nie, hoekom moet hulle nou skielik hulle VRIENDE betaal vir hierdie dienste? Vra maar vir Murray Janson : WAT JY SAAI, SAL JY MAAI!!!

Peet Schabort ·

Ditsem Christa,
‘n Kultuur van GEEN betaling. Nou hang hulle aan hul eie galg.

scalla ·

verskaf direk krag aan die verbruiker en sny die korrupte muslikepaliteite uit die sisteem, hul vat n heffing vir niksdoen.

Theo ·

Nou wat word van my wat elke maand getrou my rekening betaal, gaan ek ook kragloos wees en wat is my wetlike reg in die verband?

Anton Smit ·

Theo jy het n saak want dit is nalatigheid wat gaan maak dat jy sonder krag sit hof toe oumaat hof toe want so werk dit mos in SA.

Eish! ·

Ek verstaan nie. Op Reitz het almal (meer as driekwart) verpligte kragbokse. Ons almal waarvan ek weet (in die dorp) betaal ons boks se heffing saam ons erfbelasting en betaal ons krag kontant, vooruit met die kragmeters. Nou hoekom moet ons gestraf word? Kan die Mumnisipaliteit nie eens die R80 wat van ons gehef word oorbetaal nie? Ek se laat ons almal aangaan met die kragbokse en elke huishouding word toegelaat om ‘n sekere bedrag krag te kan koop. Daarna moet dit erg belas word. Sodoende sal almal probeer spaar. Ek spaar my krag omdat ek regtig nie dit kan bekostig nie, maar as ek hoor hoe spandabelrig mense gebruik en sommer reguit se ons betaal en dan sit ons met beurtkrag, so ek sal gebruik soos ek wil as ek die kans kry.
Dalk moet ons direk aan Eskom betaal en se R600 per maand se krag teen normale tariewe koop en daarna moet jy ekstra koop teen ‘n redelike groot heffing. Sodoende sal almal probeer om onder R600 te bly . Dit is wat ek doen. Ek betaal gereeld en swaar aan my geld en nou moet ek gestraf word vir die wat my geld steel!!!!!!!!!!

jacques ·

Hulle sal dit elkgeval nooit regtig doen nie,dis maar net dreigemente hulle kry nog op die oomblik genoeg geld nog van ons om vir almal te betaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.