Eskom besluit glo op nuwe hoof  

Dan Marokane

Dan Marokane sal na verwagting as die nuwe uitvoerende hoof van Eskom aangestel word nadat daar amper ʼn jaar lank na ʼn nuwe kandidaat gesoek is.

Volgens mediaberigte is daar nou besluit op Marokane wat voorheen as Eskom se hoof van groepkapitaal gedien het en tans uitvoerende hoof van Tongaat Hulett is.

Marokane is sedert Februarie vanjaar aan die stuur by Tongaat Hulett nadat hy in 2018 as hoof van saketransformasie aangestel is en daarmee getaak was om die omkeer van die maatskappy te bestuur.

Eskom het in reaksie op die berigte gesê die aanstelling van sy uitvoerende hoof “is by die aandeelhouer” en dat ʼn aankondiging gemaak sal word sodra daar ʼn besluit geneem is.

Daar is reeds vroeër vanjaar berig dat Marokane, Ayanda Noah, en Vally Padayachee op Eskom se kortlys van kandidate is nadat André de Ruyter in Desember verlede jaar bedank het.

Marokane was voorheen by verskeie Eskom-filiale betrokke en ook by die Medupi- en Kusile-projek. Hy is in Maart 2015 deur Eskom geskors en daar is later ná ʼn onafhanklike ondersoek bevind dat hy niks verkeerd gedoen het nie. Hy het ʼn goue handdruk van R6 miljoen ontvang.

De Ruyter het die pos as uitvoerende hoof van Eskom op 15 Januarie 2020 opgeneem nadat hy vantevore onder meer ʼn lid van Sasol se uitvoerende raad en die hoof van die verpakkingsmaatskappy Nampak was.

Hy is aangestel ná die bedanking van Phakamani Hadebe, wat weens persoonlike en gesondheidsredes as hoof van Eskom bedank het. Hadebe het in 2019, ná sy bedanking, gesê “dit is geen geheim nie dat die rol met ondenkbare eise gepaardgaan”. Hy was minder as ʼn jaar lank in die posisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Nie Verbaas ·

Ja ons is seker hy het niks verkeerd gedoen nie. Wie was die lede wat die onafhanklike ondersoek gedoen het? ANC kaders?

Bevorder geregtigheid - Vrydenker Vlakvark ·

Ek sal nie ‘n enkele Rand se aandele in ESKOM koop nie.

Di ·

Die klomp ANC Kaders wil maar net nie ‘n les leer uit hulle foute nie. Sal sien hoe lank hou HY in die pos

Martie Smartie ·

As ek so na die media kyk, is Tongaat Hulett ‘n groot gemors. As mnr Marokane vir 5 jaar daar in ‘n senior pos was, nou ja …. need I say more. Eskom is in elk geval so ‘n korrupte nes van wanbestuur en gulsige selfverryking, dat geen CEO dit ooit weer kan regkry nie. Definitief nie in hierdie land nie. Met vakbonde, BEE wetgewing, korrupsie, swak bestuur en instandhouding tesame, kan Eskom maar begrawe word saam met die Poskantoor – instansies wat die ANC in goeie werkende orde vd apartheisregime af gekry het.

Papsak ·

Ag asb kry liewers krag reg en vergeet van nuwe hoof vir eskom en elke keer vat hulle maar net korupter terug by eskom net om sakke te kom vol maak

Piet 6 ·

Ek het my bedenkinge. Tongaat Hulett is bankrot, dit was altyd ń groot en sterk maatskappy.

Lesly ·

Dis vir jou ‘n soektog na iemand wat wat ‘n “teamplayer” is wat sal stil bly oor allergande ongerymdhede wat biljoene Rande behels.

vuurvliegie ·

Dan Marokane weet niks van krag af nie en nou moet hy Eskom kom lei. Hy gaan dieselfde pad stap as de Ruyter maar net ‘n bietjie vinniger. Jy kan nie ‘n Mc Donalds bestuurder aanstel as ‘n bankbestuurder nie en vervang hy moet alles weet van geldsake nie. Jy moet deur die “Ranks” kom en die besigheid verstaan en ken. Die ander ding is dat Dan Marokane se hand al reeds in die cookie jar was. Dis alweer net ‘n kwessie van tyd maar niks gaan verander aan die Eskom kant.

Olive ·

@SjN, dit is presies wat hulle doen. Net soos Ramokgopa, beland hulle in die hoogste poste en sodra dit aan die lig kom dat hulle onbevoeg is, beweeg hulle aan na die volgende. Die nuwe ou lyk nogal of hy sal pas in die uniform van ‘n metro polisie.

Maverick ·

En so sorg die kaders vir mekaar net nog n skepsel wat uit Eskom se trog gaan eet

Kokerboom ·

Lag! Hierdie aanstelling is ANC op sy beste!
Hy het TH omgedraai…indie verkeerde rigting!

Johan ·

Net die feit dat hy by Medupi & Kosile betrokke was, en ons weet wat daar aangaan, voorspel dat niks by Eskom gaan verbeter nie. Na 6mnde bedank hy ook en kry nôg n goue handdruk van miljoene. Dis n sieklike spul!

Jacobus ·

So hy word by Eskom geskors met n 6 miljoen rand goue handruk en aangestel by Hulett. Eskom se grootste bedrogspul was dan onder sy termyn by hierdie twee kragstasies wat seker meer as 100% oor die tender bedrag was.
Was daar nie by TH massiewe bedrog n ruk terug nie wat amper die maatskapy se einde beteken het?

Republikein in die Wes Kaap ·

SA se bevolking is meer as 60 miljoen. Is daar wragtig nie iemand meer geskik nie? Indien nie, gaan soek ‘n ervare kandidaat in die buiteland. Hierdie man sal net aankarring soos sy voorgangers. Onwaarskynlik dat hy Eskom in ‘n nuwe rigting sal stuur, veral moontlike privatisering. Sy eerste job sal wees om Tesourie te vra vir nog R50 miljard.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.