Eskom besorg oor toename in elektrisiteitdiefstal

Argieffoto: GCIS

Die nasionale kragvoorsiener het gesê hy neem met kommer kennis van ʼn toename in elektrisiteitsdiefstal, veral in digbevolkte gebiede en dit lei daartoe dat sy toerusting onklaar raak.

Eskom wil die publiek waarsku teen onwettige verbindings, peutery aan meters en om elektrisiteit by onwettige sindikate aan te koop. Dit lei daartoe dat die verspreidingsnetwerk oorlaai word en dit veroorsaak skade aan publieke eiendom en Eskom se infrastruktuur.

“Koue weersomstandighede het daartoe gelei dat nog meer mense elektrisiteit roekeloos verbruik en plaas ons infrastruktuur onder geweldige druk. In talle gevalle lei dit daartoe dat transformators ontplof en ander infrastruktuur beskadig word,” het Monde Bala, uitvoerende groepshoof vir verspreiding by Eskom, in ʼn verklaring gesê. “Eskom verloor jaarliks miljarde rand in inkomste weens skade aan infrastruktuur wanneer die netwerk oorlaai word.”

Eskom doen ʼn beroep op sy verbruikers om die regte ding te doen en te betaal vir elektrisiteit wat gebruik word, seker te maak hulle skaf koopbewyse aan by geregistreerde verskaffers en om nie onwettig aan meters te koppel of daarmee te peuter nie, het Bala bygevoeg.

“In die geval waar Eskom se bates beskadig of gevandaliseer is weens onwettige verbindings, sal Eskom slegs die transformator vervang sodra die onwettige verbindings verwyder is. Huishoudelike meters sal ook geoudit moet word om seker te maak dit is veilig om weer verbind te word.”

Bala sê Eskom werk saam met wetstoepassers om kriminele aktiwiteit, insluitend elektrisiteitsdiefstal, hok te slaan.

Gemeenskappe word versoek om diefstal en vandalisme aan elektrisiteitsinfrastruktuur of onwettige verbindings aan te meld by owerhede of Eskom se misdaadlyn by 0800 112 722 of stuur ʼn SMS aan 32211.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Johann ·

Ek sal ESKOM ernstig opneem oor hulle bekommernis as hulle die boodskap in “digbevolkte area taal” vertaal en dit in dieselfde areas TOEPAS!!!!!! Of verhaal die kostes van die pokitukuste wat als verjlaar as verniet of om te vat soos jy wil.

Hendrik Marthinus ·

Moenie waarsku nie man.
Arresteer skuldiges, sny die onwettige kragverbindings.
Dink julle is bang want Dan gaan EFF julle aanvat.
Julle Bly waarsku maar niks gebeur nie, jy Kan die onwettige verbindings met jou blote oe sien.
Hoe kan Eskom Dan dit nie sien nie, of Wil Hulle nie.
In my oe se hulle dus ok, sit net af tussen 17:00 en 22:00

piper ·

stuur een groot spike in daardie gebiede in wat al hulle elektriese toerusting sal opblaas.

Strandloper ·

Nê? Doen dan iets! Jammer die woord doen bestaan net vir sekere mense!

annie ·

Ongelukkig skep die ANC self die kultuur van vat-weens-my-veront-reg-ting: Ek is/word ingedoen en BlackRightsMatterMost is the name of the game. Tito slaan kop-oor-dinges en leen dat dit klap. Al wat die IMF terug gaan kry na miljarde se liefde is ‘n aalwyntjie. Die soustrein-back-to-the-future sal nooit weer opstyg nie. Mandela was ‘n fiktiewe karakter in ‘n bolliewood-movie.

Renier johannes ·

Hoekom mag soweto krag skuld af geskryf word maar ander plekke word af gesit dit is rassistie

Caroline ·

I agree with you Renier me faithful and honest payer had to pay an astronomical amount to have my Electricity reconnected after it was cut off due to me not paying on time because I am a pensioner and payment was late

Moeggeploeg ·

ANC dink julle ons is onnosel? Onwettige verbindings gaan al jare aan, kinders is al dood geskok maar julle doen niks. Net soos julle alle ander probleme hanteer. Hoe gaan Kuba ingineurs water krises oplos? Ons het meer kennis in die land as wat julle dink. Maar nee julle wíl net julle boeties help. Word wakker of julle gaan slae kry

Nie Verbaas ·

En as ESKOM die onwettige verbindings verwyder gaan brand hulle doodeenvoudig weer besighede af. Lekker land die.

KB ·

Dit wys maar net Eskom se waarnemingsvermoë en versiendheid!
Ons weet dit (want ons sien dit) al jare.
Siestog, hulle is maar dof.

jzjz05 ·

Dit gaan nie help om te waarsku nie,al wat gaan help is om op tefree teen die genepppppwat

Werner ·

Noudat dit verby is met Eskom raak hulle bekommerd.Bietjie laat hoor.

Ben ·

As ons dan nou moet inbel of sms. Dan sal daar weer moet ñ hengse admin afdeling
(soos met die e-tol) aangestel word. Wat 90% van die inkomste gaan opraap. Want miljoene mense gaan reageer.
Die beste is. As daai area se krag oppak. Los dit net so. Totdat die agterstallige gelde ingevorder is.

Saartjievandiebosveld ·

Dit help nie julle is besorgd nie…KRY ‘N RUGRAAD..en doen iets daaraan!!!!!!!

4ntj13 ·

…maar hulle is nog nie bekommerd oor kabeldiewe wat veral van af krag-periodes gebruik om voorraad te kry nie. Waarvoor? Kan net vir onwettige verbindings of onwettige metaalkopers wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.