‘Eskom-bestuur het reeds opofferings gemaak’

Argieffoto: GCIS

Eskom het Woensdag gesê kragstasies funksioneer steeds optimaal ingevolge gebeurlikheidsplanne om die impak van enkele werkers wat staak, te versag.

Eskom-werkers betoog teen die maatskappy se besluit om nie dié jaar ʼn salarisverhoging aan te bied nie. Hulle eis ʼn verhoging van 15%.

“Eskom se kragstasies en ander noodsaaklike fasiliteite funksioneer steeds optimaal in lyn met gebeurlikheidsmaatreëls om kragtoevoer te verseker tydens hierdie tydperk waarin enkele werkers staak – die staking word nié deur vakbonde gelei nie.”

Die kragvoorsiener het toegegee dat daar geïsoleerde gevalle is waar betogers ingange van hul kragstasies versper het. “Die gevalle is egter stopgesit deur lede van die polisie se eenheid vir openbare orde,” het Eskom gesê en bygevoeg dat die situasies op dié plekke gespanne, maar stabiel is.

Eskom voer aan die maatskappy kan nie meer betaal nie as gevolg van die kragvoorsiener se benarde finansiële situasie. Die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) en National Union of Mineworkers (NUM) het egter gesê Eskom is nou in ʼn krisis wat hy self veroorsaak het. NUM het Woensdag op Twitter aangedui dat enige verhoging tussen 10% en 99% gepas sal wees vir Eskom se werkers.

Phakamani Hadebe, uitvoerende hoof van Eskom, het Woensdag tydens ʼn perskonferensie in Megawatt Park in Johannesburg gesê senior bestuur van die maatskappy het reeds opofferings gemaak. “Daar sal nie enige bonusse, verhogings of nuwe aanstellings wees nie.”

Daar was Woensdag verskeie pogings om ingange na verskeie kragstasies landwyd te versper. Kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê hy kan, ten spyte van gerugte op sosiale media, nie bevestig dat daar Woensdag in Mpumalanga enige Eskom-verwante stakings plaasgevind het nie. Hy het wel melding gemaak van ʼn betoging oor werkloosheid wat vanoggend in die Embalenhle-nedersetting plaasgevind het waartydens betogers per bus by ʼn konstruksieperseel aangekom en sekuriteitswagte ontwapen en werknemers aangehou het. Hulle het geëis om in diens geneem te word. Dit hou egter nie met die enkele Eskom-stakings verband nie.

Bhembe beskryf die situasie nou as kalm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Han ·

Werkers verstaan nie rede nie. As daar nie geld is nie, kan bloed nie uit ‘n klip getap word nie. Die land is MOEG vir eise wat net nie ophou nie!

John ·

Jaar na jaar speel hierdie storie op Eskom-radio, nou net met ander spelers in die hoofrolle. Niks van die oorbevolking is afgedank nie, en steeds is die steenkoolvoorraad riskant en weer verdien die bestuur groot bonusse wat net wag om uitbetaal te word sodra die gewone burgers gedaan geluister is na die’ stasie se oorverdowende gerustellings dat alles beter gaan, maar onthou Nersa moet hof toe want ons het baie meer geld nodig… En wie moet betaal en wie moet glo dat die krag gaan aanbly en die werkers wat deur die bestuur self aangepor word om te staak vir effek, eenvoudig net ‘sal moet’ luister. Gaap… saai die sepie na 12 saans uit wanneer die ligte en warmwaterstelsel af en yskoud is… en ons ore toe.

Vermeendes ·

Hans, “arm mese” sien hoe hulle ryk kolegas vet om die monde geët is en al wat hulle soek is net n stukkie vleis, natuurlik gaan hulle opstandig raak as die reuk van gekookte bees diwlug vol hang en daar wodrd vir hulle gese daar is nie genoeg vir hulle ook nie.
Die AMC en Eskom het self hierdie krieses veroorsaak, hulle moet maar pa staan vir hulle volgelinge.

KG ·

Die realiteit is geen top amptenaar/regering, ens wil verantwoordelikheid vir enige iets neem nie. Dit het in SA die norm geword om alles en almal om hulle die skuld te gee….dis mos makliker. Ek kan ongelukkig nie sien dat die mentaliteit vinnig gaan verander nie.

marous ·

Hulle was gewaarsku …. maar nee plunder die oorlogsbuit en maak die ogies styf toe , want dit sal nooit gebeur nie.

Avra ·

Ek sê nog:geen verhoging of bonusse vir enige een in top bestuur of parlementslede vir die volgende 5 jaar. Maak die som
7.5% op R5 000
7% op R30 000
6.5%op R80 000
Wie kry die meeste verhoging? Een manier om salarisrekening te verminder…

Joshua ·

Is dit waar dat Brian Molefe n maandelikse salaris van R720,000 ontvang het? Gin wonder dat Eskom bankrot is nie.

christa ·

NOU GAAN SOEK VIR BRAIN MOLEFE WANT HUL WIL MOS MENSE AANSTEL MET GEEN ONDERVINDING HOE EN DIE OU BOETIE STORIE LIN BROWN WAAR IS SY DAAR IS TE LANK GEWAG OM DIE GOED TE STOP JA WANT ZUMA DOEN DIT SO HY KOM NIKS OOR NIE SO DIE ANDER GAAN OOK NIE SO SORG DAT JULLE VIR ANDR KLEURIGES VOORBEHOED MIDDELS VERNIET GEE DAT ONS KAN LEWE

Moeg ·

Ag shame, geen verhogings, bonusse ens vir die groot base nie. Hulle het soveel geskep, hulle kan hul salarisse opgee vir vyf jaar sonder om die pyn te voel! Met die vorige Malefe se pakket van +/-R1m per maand! En hulle vewag simpatie van ons!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.