Eskom-bestuurder nou ook vas vir miljoene se taksbedrog

(Argieffoto: ANA)

ʼn Voormalige senior bestuurder van Eskom wat in Desember op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery in die hof verskyn het, word nou ook van belastingbedrog aangekla.

Mangope France Hlakudi (48) is een van verskeie mense wat daarvan beskuldig word dat hulle miljoene rande vir Eskom-projekte in hul sak gesteek het.

Hy en vier ander het reeds in verband met dié aanklagte in die hof verskyn en is op borgtog van R300 000 elk vrygelaat.

Hlakudi is ʼn voormalige senior bestuurder van Eskom se kapitaalafdeling.

Hy het ná ʼn gesamentlike ondersoek deur die polisie se eenheid vir ernstige handelsmisdaad en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) Woensdag vlugtig in die Pretoriase handelshof verskyn vir beweerde belastingbedrog, het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, gesê.

Hlakudi het glo nie sy inkomste tussen 2016 en 2018 verklaar nie – wat ʼn verlies van sowat R30 miljoen vir die inkomstediens beteken het. Hy word in sy persoonlike hoedanigheid, asook as direkteur van drie maatskappye aangekla.

Hy is hiervoor op waarskuwing vrygelaat en die saak is tot Mei uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Strandloper

Sjoe….wie sou dit nou kon raai….

Jaco

as hulle salarisse klaar so hoog is, waarom soek hulle dan gedurig nog? en wat maak hulle alles met daardie aie geld?

Anel

Hoeveel is hy dan betaal dat sy belasting R30miljoen is, of verstaan ek verkeerd?

Bloedhond

Dit is soos musiek om die berig te lees????????

Henk

Doen goeie werk, NVG. Moet hom en sy makkers nie hiermee laat wegkom nie.