Eskom: Beurtkrag begin vandag

beurtkragEskom het Donderdagoggend ʼn noodtoestand rakende die land se elektrisiteitstoevoer afgekondig en amptelik bekend gemaak dat beurtkrag vanaf 09:00 ingestel gaan word.

Die moontlikheid bestaan dat beurtkrag tot die naweek gaan voortduur. Beurtkrag is laas in 2008 in Suid-Afrika toegepas.

Andrew Etzinger, woordvoerder van Eskom, het gesê die afgelope week se reën het daartoe gelei dat die kragreus se steenkoolvoorrraad nat is, en die kragnetwerk onder groot druk geplaas is. “Ons het ons groot nywerheidskliënte gevra om hul verbruik met 10% te verminder, maar dit wil voorkom of dit nie genoeg gaan wees nie,” het Etzinger gesê. Eskom doen ʼn beroep op die publiek om hul elektrisiteitsverbruik te verminder ten einde die vraag na elektrisiteit te verminder.

Klik hier om Eskom se beurtkragskedule te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Kobus ·

Hulle wou mos nie nuwe kernkragsentrales bou nie, maar eerder steenkool. Sal hulle ooit inhaal op die agterstand?

Peter Says ·

Ons betaal ten duurste vir krag, die wagwoord hier is baie eenvoudig….BEPLANING.

Sylvia ·

Die beurtkragskedule is nie eers reg nie. Net seker dele se skedule is gelaai. Nou sê hulle oor die nuus as die krag vir langer as 2 ure af is, is daar iets anders fout. Die krag in Centurion nou al amper 3 ure af. Het Eskom vergeet om ons weer aan te skakel wonder ek.

Wendy de Wet ·

BEURTKRAG ALWEER!!!!! Ek het gedink….. Hulle nie…… Dan betaal ek so duur vir krag. AI kan ook nie wen nie

julie vd merwe ·

Hi het nou eers vir julle ontdek…lekker ! Jammer oor krag onderbrekings, ons is mos
vasbyters….VASBYT. aanvaar wat ons nie kan verander nie. soooo maklik.

Ansie Taute ·

Kan iemand my asb. met die webtuiste help waar ek moet kyk vir die tye wat die krag af sal wees? Het al oral gekyk. Net dat die krag vanaf Maandag tot Sondag vir 24u sal af wees.Sal graag gereed wil wees wanneer dit af is. Bly op ‘n plaas. Baie dankie.

johan ·

netjies eskom, beurdkrag vir kragwat vootuit betaal is. soos tronktoe gaan voor jy kwaad gedoen het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.