Eskom: Beurtkrag, kragstasieprobleme en verlies aan kundiges

André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom. (Foto: Facebook)

Beurtkrag word vanaf Woensdagmiddag weer toegepas met die kragnetwerk wat steeds onder druk is weens verskeie eenhede wat onklaar geraak het en ten einde oorblywende noodreserwes te rantsoeneer.

André de Ruyter, hoof van Eskom, het Woensdagoggend tydens ʼn mediakonferensie gesê daar is ʼn verhoogde risiko vir beurtkrag. Teen die einde van die mediakonferensie, net sowat 45 minute later, is aangekondig dat fasetwee-beurtkrag van 14:00 af tot Saterdagoggend toegepas sal word weens die verlies van ʼn eenheid elk by die Medupi-, Duvha- en Kendal-kragstasie.

Die algehele onbeplande verlies aan kragopwekking beloop 15 485 MW terwyl beplande instandhouding op 4 100 MW is.

Van Eskom se probleme sluit onder meer in lekkasies in ketelbuise by die Kusile- en Majuba-kragstasie, asook die kwessie dat agt van sy 14 oopsiklusgasturbines tans in gebruik is en dit eintlik net tydens piektye ingespan moet word om dieselreserwes te spaar. Daar is intussen met ʼn ondersoek begin na die ketelbuislekkasie by Kusile om vas te stel wat gebeur het en hoe lank dit gaan vat om te herstel.

Volgens De Ruyter is dit duidelik dat nuwe kragstasies nie na wense presteer nie en dat die probleme met die konstruksie van die stasies verband hou. Hy het gesê Eskom het die regering reeds in 1998 gewaarsku dat daar meer kragstasies gebou moet word, maar dat daar nie hieraan gehoor gegee is nie. Daar is ook nou beperkings en defekte by die kragstasies wat wel gebou is aangesien daar nie behoorlike projekbestuur was nie.

Verkrygingsreaksietye is nog een van Eskom se probleme en volgens De Ruyter is daar reeds in Junie vanjaar ʼn versoek aan die nasionale tesourie in dié verband gerig, maar daar is nog geen antwoord verskaf nie.

Eskom was ook van voorneme om die naweek opwekkingsvermoë van meer as 3 400 MW af te skakel ten einde instandhouding op sewe eenhede te doen. Dit is egter nie duidelik of Eskom nou hiermee gaan voortgaan nadat beurtkrag weer ingestel moes word nie.

Oor die toenemende oproepe dat De Ruyter moet bedank, het hy geantwoord dat hy deur die raad aangestel is en dat die raad deur die minister van openbare ondernemings aangestel is. “Indien hulle vertroue in my verloor het, dan moet hulle die bande verbreek en my versoek om te gaan.”

Rakende die verlies aan kundiges by die Koeberg-kernkragstasie, het De Ruyter gesê dié mense is uiters vaardig en kundig en word deur veral Midde-Oosterse maatskappye opgeraap en salarisse aangebied van tot drie keer meer as wat hulle by Eskom verdien het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Baardman ·

Arme de Ruyter kan doen net wat hy wil maar hy veg ‘n verlore stryd. Hy veg teen onkunde, arrogansie en korrupsie. Heel moontlik sabbotasie ook. Sterkte.

Aai ·

Ek stem 100% en die ANC en Eskom kan nie bekostig om die kundiges terug te laat kom oor hulle wit is en daar is nie geld.

pompies ·

Piet ou perd wie stel jy voor moet De Ruyter se plek dan volstaan. Kom met n oplossing moenie net probleme uitlig nie man. Ons wag vir jou maar ek sal nie my asem ophou nie.

annie ·

… en Koeberg se probleme gaan groot probleme word… nie ons maatjie nie. Onkundiges in kritiese
poste kan ons land lam lê. Die groot culprits loop nog oral vry rond en maak en breek soos hul wil. Wat het beter geword? Die ANC is vasgedraai in sy web van misdrywe. Moenie hulp uit daardie oord verwag nie. ‘n Paar glo kundige Kubane het ons ook al probeer. Wie nog? Dis nag.

Piet parys ·

Mmmm jaaaa binne 2jr is daar net generators ……… sonder diesel

Heinrich ·

Dankie Cyril, julle doen ‘n knap job hoor…om alles op te neuk.

Di ·

Ja die Regering wou mos nie luister NOU word die skuld op Andre geplaas. Hulle het NOG NOOIT iets in stand gehou van hulle die land oorgeneem het nie. Was so besig met korrupsie om hulself te verryk dat hulle nie tyd gehad het vir “beuselagtighede” nie. Was dalk bang as hulle te veel geld spandeer is daar minder oor om te “pocket” Raak ontslae van die useless ANC regering en al hulle kaders dan gaan ons probleme dalk opgelos word.

Casper ·

de Ruiter het Woensdag oggend gesê beurtkrag gaan Woensdagmiddag inwerking treë,huigend hert ons is dan nou eers by Maandag of lees ek die verkeerde berig.

Keelvol ·

Nee wragtag de ruyter. Dit kan nie so aangaan nie. Jy is die CEO. Jy het in die afgelope 2 jaar absoluut niks van herstel werk gedoen nie. Begin iets nou te doen of loop eerder.

piet ·

Stem, onbekwaam om CEO te wees. Selfs sy korrupte voorganger kon die ligte vir langer aanhou.

Jacobus ·

Hierdie ANC regering het ons in hulle 26 jaar 50 jaar terug gevat. Een van die dae is dit weer stoom treine, kerse en vuur om kos te maak.

Sarel ·

Kan iemand, verkieslil Eskom vir ons antwoorfe gee
1. Hoekom gebeur dit dat die eenhede buite werking is
Is dit bloot onbevoegdheid, nalatigheid of sabotasie.
2. Wat is die skade wat Eskom se Beurtirag beleid die
aan die land se ekonomie doen, nie te praat van
Privaat huishoudings nie.

Niklaas ·

Ek wil eintlik nie in die man se skoene staan nie . As jy omring word deur ANC kaders wat swak opgelei is , en selde lus voel vir werk , sal mens nie veel kan uitrig nie.

Biker mice ·

Soos almal seker weet teen die tyd is daar baie faktore ter sprake hier. Dit gaan so fantasties op die oomblik dat die nuwe kragstasies nog ver van klaar af is maar mense word afgesit wat die nodige kennis en ervaring het om n reuse verskil te maak en die projekte klaar te kry, maar die maatskappye ens sien net besparing, en hanteer maar die issues soos dit opduik…eks jammer om te se maar dinge gaan nie verbeter binnekort nie. Ek is al amper van die begin van die projekte betrokke en het baie dinge gesien gebeur

henndrik ·

Ek wonder of die kundiges nog steeds sou gaan as hulle nie deur BEE onderdruk was nie

DieKriek ·

Gebrek aan kundiges, jip. Hulle het 4 dae geneem om my hoogspanningsdrade wat deur weerlig getref is, te kom regmaak – punte geheg met insulasieband. Nè!

Samuel ·

Die regering en by name president CR Ramaphosa, sal nie luister nie. Hulle wíl dat Patrice Motsepe se African Rainbow Energies die land se kragopwekking oorneem. Dan is die kommunistiese staatskaping volkome. De Ruyter skree in die wind. En hy is wit.

Kobus ·

‘n Keenis van my se pa was deel van die konstruksie van Medupi. Hy het reeds in 2014 vir my vertel van die swak materiaal en toerusting wat gebruik word en ook voorspel dat Medupi nie aan die vereiste opwekking gaan voldoen nie. Mnr de Ruiter het baie uitdagings en ek gaan hom nie kritiseer nie. Wat my egter wel bekommer is die feit dat hy nie kenners soos Ted Blom gebruik om te help nie. Indien ek reg onthou , het ons agbare liegbek president paar jaar gelede gese dat Eskom en Transnet onder sy leiding binne twee jaar die presterende ondernemings sou word. Nou spoeg en plak Eskom om aan die gang te bly

Saartjievandiebosveld ·

Daar is verseker probleme by Eskom…maar ek dink hulle word ook gesaboteer…

Zara ·

Ek kan wraggies nie meer na eskom se verskonings luister nie.

Dries ·

MM kry vir ons n artikel van Ted Blom asb. Hy het als nog sover reg voorspel asb toe

Knormoer ·

Nee wat, tyd dat beheer van Eskom oorgegee word aan Andre de Ruyter se suster, Jenna Ruyter

Albertus ·

Ja, beee is die grootste oorsaak daarvan, maar die anc platkoppe kan dit nie verstaan nie

Nie Verbaas ·

En kundiges by Koeberg is deur onkundige BEE lede vervang. Dit sal nie verander nie. In 1998 al gewaarsku maar niks gedoen nie? So van Mandela se dae af al het ANC “van beter geweet”

Schalk ·

Die ANC is soos miere. Hulle vreet die binnekante van die SOE en infrastruktuur op. Buite blink binne stink

Jacobus ·

De Ruyter is héélemaal korrek. Eskom, toe daar nog kundiges was, wou meer en kleiner kragstasies bou – MAAR toe is daar ‘n politieke besluit geneem om die meer “lonende” (vir politici) GROOT eenhede soos Medupi en Kusile te bou (en bou, en bou ,en bou) “Gift that keeps on giving”. Só, hands off De Ruyter , hy probeer die feitlik onmoontlike vermag.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Ek stel voor dat al die Eskom vakbondleiers gesamentlik alleenlik die Raad van Eskom uitmaak en vir Suid-Afrikaners bewys hoe hulle ‘n Eskom doeltreffend en effektief bestuur op ‘n winsbasis tot voordeel van die hele Suid-Afrika. “Just do it!” Haal uit en wys!

agnes ·

Baie Baie dankie Mnr de Ruyter vir u uithouvermoe om aan te gaan nadat u soveel probleme reeds moes hok slaan. Ons waardeer wat u inset vir Eskom, sonder u en Mnr Odendaal sou ons LANKAL reeds heeltemal sonder elektrisiteit gewees het. Nogmaals DANKIE!

Karina ·

Van die begin af het ons geweet daar is geen kundiges aan diens by Eskom nie. De Ruyter moet nou die kastaaiings uit die vuur probeer krap, maar ek is bevrees te laat. Die verkeerde mense aan diens het klaar die hele Eskom ‘vernietig’

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.