Eskom bevestig beurtkrag oor die naweek

Eskom is reeds met fase 2 beurtkrag besig (skermskoot van die webwerf http://loadshedding.eskom.co.za/)

Eskom is reeds met fase 2 beurtkrag besig (skermskoot van die webwerf http://loadshedding.eskom.co.za/)

Eskom het Vrydag bevestig dat beurtkrag die naweek in werking sal tree om die organisasie se water- en dieselreserwes te vermeerder.

“Die kragstelsel is onder erge druk en ons verwag dat ʼn gedeelte van die kapasiteit wat gewoonlik van Cahora Bassa in Mosambiek ingevoer word, nie Sondag beskikbaar sal wees nie, aangesien die aanleg beplande instandhouding ondergaan,” het Eskom in ʼn verklaring gesê.

Beurtkrag is landswyd geskeduleer vir 06:00 – 22:00 op Saterdag en 08:00 – 22:00 op Sondag.

Klik hier om Eskom se webwerf te besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

grotman ·

Eskom plaas ons terug in die donker eeue. Maar wat kan mens nou anders van hulle verwag?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.