Eskom bevestig Zim het skuld betaal

Argieffoto: GCIS

Eskom het Dinsdag bevestig dat ʼn betaling van R139 miljoen van Zimbabwe in sy rekening reflekteer, nadat die kragvoorsiener vroeër ontken het die betaling is gemaak en die buurland se minister van energie ʼn bewys van betaling op sy Twitter-rekening gelaai het.

“Eskom bevestig dat die betaling deur Zimbabwe vandag in sy rekening reflekteer,” het Eskom gesê. “Gesprekke duur voort met die Zimbabwiese kragvoorsiener Zesa om ʼn oplossing te vind vir die uitstaande skuld.”

Fortune Chasi, Zimbabwiese minister van energie, het twee weke gelede gesê Zimbabwe sal US$10 miljoen (ongeveer R139 miljoen) aan Eskom betaal, dit is nagenoeg ʼn derde van sy totale skuld aan die maatskappy, om die land se kragtekorte te verlig.

Phakamani Hadebe, uittredende uitvoerende hoof van Eskom, het Vrydag in ʼn verklaring gesê geen betaling van Zesa se uitstaande skuld reflekteer in Eskom se rekening nie.

Zimbabwe het verlede maand beurtkrag ingestel nadat die land kragtekorte ervaar het weens ʼn getal faktore, waaronder lae watervlakke by die hoof- hidro-elektriese aanleg, onstabiele kragopwekkingskapasiteit en probleme met buitelandse invoere.

Zesa skuld Eskom ʼn verdere US$23 miljoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Johanna Botha ·

So min dis n druppel in die emmer …het Soerto ook dalk al iets betaal ? !

Paul ·

En môre kry hulle weer krag op grootskaal en die skuld loop weer op. Bose kringloop

Colleen ·

Presies. Hulle moet ‘n NIL balans hê voordat daar enige krag verskaf word. Hoekom word Soweto nie ook so behandel nie? Eskom weet seker dan word als weer afgebreek of afbebrand.

Jan Alleman ·

Die ouens skree so hard oor die betaling, mens sou sweer hulle wou hê almal moet dit hoor. Net omdat hulle so skree beteken nie dis regtig waar nie.

Mel ·

10m dollar is nooit so mooi ronde getal in rande nie. Slang in die gras

Piet Pompies ·

en more hoor ons weer die base van Eskom het elkeen ‘n vet bonus gekry vir’n job well done

jennefer ·

Is dit waarom ons vanoggend geen krag gehad het. Plaaslyn SJ . Roedtan na Nylstroom

Asjas ·

Daai “Proof of Payment” papiere kan maklik vervals of verander word met behulp van PDF Editor.

Anton ·

“The public owes 350million”. Is dit nou Amerikaanse dollar wonder ek? Geen wonder nie. Niemand betaal nie! Ja nee, sosialisme is ook maar net goed totdat daar nie meer ander se geld oor is om te “onteien” nie!

Chris Ws ·

Dis maar een derde van wat Zim vir Escom skuld!Wanneeer kom die ander twee derdes?Maar ons wat op tyd betaal word ge-beurtkrag sodra daar probleme is?Neewat,dis tyd dat die kragvoorsienings netwerk na die buiteland gesaboteer word!Dan sal ons nooit weer beurtkrag moet deurmaak nie.

Frm ·

Presies. Is dit dan die moeite werd om aan hulle krag te voorsien. Hkm doen ons dit as hulle nie betaal nie. Soweto se rek is groter as n hele land sin. Wow

Diefie ·

MMM wonder wie droom oor daai betaling van Zimbabwe? Hier is ‘n slang in die gras.

Willie ·

Die probleem is die ANC is in skuld met die sogenaamde buurlande, wat hul gehuisves en aangehits het…

Willem ·

Wonder of die Eskom regtig ‘n ABSA rekening het, is die bank nie te wit na die regering se smaak nie….

Asjas ·

ABSA is gretig om besigheid te doen met die land se nuwe rykmansklas …

Anoniem ·

Die geld kom seker vanaf die SA Regering, via Zim se bankrekening na Eskom. Stel gerus ondersoek in.

koos ·

Ek het nog nooit een van my skuldeiesers gesien wat op en af spring as ek ‘n derde van my ou skuld betaal en dan met my wil onderhandel om moontlik weer vir my skuld te gee nie. NEE Eskom, laat hulle alles betaal en kyk dan of julle surplus krag het om uit te voer.

Maljan ·

Wel ou fortune, die geld was nie Vrydag al in Eskom se rekening nie.

Jacques ·

Nou wil ek graag weet heoveel afslag het hulle gekry .? Hoeveel gaan nou aan bonusse betaal word vir werk wat glad nie gedoen is nie ? Ek is ook baie bly Zim het hulle skuld betaal want dan beteken dit ons nie n groot verhoging in krag gaan sien nie , van 13,8% . (Noootttt)!! Dit is belaglik .

petrus ·

lees weer die bewys… daar staan R139 000 Miljoen… haha.. kan nie eers wiskunde doen… so as jy lieg maak drie ekstra nulle ook nie saak nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.