Eskom bied skeidingspakkette aan

André de Ruyter (Foto: André de Ruyter/Facebook)

Eskom is tans in die proses om vrywillige skeidingspakkette aan senior bestuurders te bied.

Die kragvoorsiener het Donderdag in ʼn verklaring gesê daar sal geen gedwonge afdankings by dié instansie plaasvind nie, hoewel senior bestuurslede die geleentheid gebied is om ʼn vrywillige skeidingspakket te aanvaar.

“Die proses waartydens vrywillige skeidingspakkette aanvaar word, sal tydens Maart en April ingestel word. Dit is nie van toepassing op werknemers wat nie in bestuursposisies is nie.”

Eskom sê geen kritieke vaardighede sal gedurende die proses verlore gaan nie en die bestuur sal alles moontlik doen om te verseker dat die proses die beste belange van Eskom verteenwoordig.

“In die proses sal Eskom ongeveer R400 miljoen aan skeidingspakkette bestee, ten einde personeelkoste op lang termyn te bespaar. Dié geld sal egter binne ʼn jaar reeds verhaal word deur geld wat ons aan salarisse bestee.”

Eskom se skuld beloop reeds meer as R450 miljard en verskeie vakbonde het reeds voorgestel dat dié skuld met geld vanaf die staatspensioenfonds (GEPF) en Openbare Beleggingskorporasie (OBK) gedelg word.

Eskom sê die doel met die proses is om bestuursvlakke te rasionaliseer, ten einde die maatskappy doeltreffender te bestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Louis ·

Slim skuif. Hoop net dat die kaf nou van die koring geskei gaan word. Gelukkig kan die senior amptenare
steeds vervolg word sou dit blyk dat hulle iets met die kaping van Eskom te doen het.

Pieter ·

Indien Eskom geld uit pensioenfondse soek, in daardie geval tap jul eie pensioenfonds maar leeg en los die ander uit. Staan pa vir jul eie gemors.

Dr Pieter ·

Dis met kommer dat ek merk dat selfs joernaliste toenemend verwys na die “staatspensioenfonds” asof dit aan die staat/regering behoort en die staat dus geregtig sou wees om “hulp”aan Eskom en andere te verleen uit hierdie fonds. Dit is die Staatsdiens Pensioenfonds (GEPF staan vir Government Employees Pension Fund) wat aan die lede behoort en befonds is uit lewenslange bydraes.

Sou dit aanvaarbaar wees dat die regering geld mag gebruik uit ‘n ander pensioenfonds of mense se beleggings? Enige “hulp” aan Eskom of enige ander instansie met lede se geld is diefstal. Al is dit onder die dekmantel van ‘n “lening” moet duidelik begryp word dat beleggingsopbrengs, pensioenbetalings en pensioenvoordele nadelig geraak word as geld onttrek word.

Die geld in die fonds mag slegs gebruik word vir hierdie doeleindes en enige belegging moet tot voordeel van die lede strek. “Hulp” aan Eskom val nie in die kategorie van ‘n belegging nie, maar lede se geld word bloot in ‘n bodemlose put gestort.

Strandloper ·

Biekie top heavy ja…sorry die tops is anyway lee doppe….dan is dit seeker gat oor kop lig met sake vol geld…of eerder n gatslag?

Sarel ·

Die verantwoordelik vir die gaos by Eskom kan uitdtap met ” Goue handdruk”

Leon ·

ESKOM sal nooit in ons leeftd sy skuld kan vereffen al begin hy doeltreffend sonder korrupsie opereer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.