Eskom, Brown se aanbieding kom neer op meineed, sê ANC

Brian Molefe Foto: ANA

Die ANC het Eskom en die minister van openbare ondernemings, Lynn Brown, se aanbieding in die parlement as “onsamehangend” beskryf en gesê die regering moet “beslissend” optree.

Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, het gesê die jongste weergawe van die Brian Molefe-sage, dat hy nooit by Eskom bedank het nie maar eintlik met onbetaalde verlof was, is teenstrydig met Molefe se verklaring waarin hy sy bedanking laat verlede jaar aangekondig het.

“Volgens die onsamehangende weergawe wat vandag aangebied is, het Molefe nooit by Eskom bedank nie, maar was hy met onbetaalde verlof. Dit is direk teenstrydig met sy eie verklaring toe hy weg is by Eskom, en waar hy gesê het minister Brown keur die aanstelling van mnr. Koko goed, as waarnemende groep uitvoerende hoof, ná die ‘bedanking van mnr. Brian Molefe’, in haar brief gedateer 30 November 2016,” het Kodwa in ʼn verklaring gesê.

“Kragtens die inligting van minister Brown en mnr. Molefe het die ANC ingestem tot sy nominasie as lid van die parlement. Die jongste verwikkelinge is oneerlik en kom neer op meineed. Die ANC versoek die regering en die parlement om beslissend op te tree in hierdie irrasionele en onhoudbare situasie.”

Brown en Eskom-raadslede, insluitend voorsitter Ben Ngubane, moes moeilike vrae van LP’s beantwoord oor omstandighede rondom Molefe se vertrek by die kragvoorsiener en sy gevolglike terugkeer verlede week.

Brown het aan die komitee gesê sy het onlangs uitgevind dat Molefe nie verlede jaar bedank het nie, maar dat hy slegs vir vroeë aftrede gevra het, en daarom het die raad aangebied om ʼn pensioenbetaling van R30 miljoen aan hom te maak.

Sy het gesê sy sal nie die opposisie se hofaansoek, dat Molefe se heraanstelling tersyde gestel moet word, teenstaan nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Reti ·

Nee! Hulle is net verkeerd aangehaal. Hóé het ons dit dan nou met julle? Eish.

Johann ·

Ek wil lag! Maar dan besef mens dis actually VOLWASSE mense in posisies van MAG wat wil he ons moet n woord glo van hulle “flikkerlig” attitude? Aan af…aan af…aan af. Dan werk hy, dan werk hy nie? ABSURD!!!!!

WitBlits ·

Nogal interessant dat die ANC die Regering versoek om beslissend op te tree, maar die heeltyd vermeld die ANC dat hulle die regering is en dat hulle parlementslede moet optree in belang van die party. Nou wonder ek of die stert die hond swaai of wie swaai nou eintlik vir wie? Ook maar moeilik as jy so verbouereerd soos ‘n dronk weerluis op ‘n warm sinkplaat is.

Robert ·

Sy is net so korrup soos hy. Maar mind jou , die hele lot is voëls van eenerste vere…….

Pieterlewismuts ·

Watter be-eedigde verklaring is die.regte een en watter is nie.

humor ·

Die ouderdom 21 en tot selfs 80 en meer soos in die geval van comrade Mugabe 92 maak jou nie VOLWASSE NIE. In hierdie geledere tersake gebeur dit nimmer as te nooit nie.

Eish ·

Hanteer asb kommentaar met omsigtigheid voor mnr. Molupta weer ten aanskoue van die hele land trane van vreugde stort. Wonder of hy nou weer die shebeen in Saxonworld besoek op pad huis toe saans?

Lol ·

Elke keer as ek Brown sien of hoor bevestig dit die redes vir die Eskom/ SAUK se probleme.

Kobus ·

En niemsnd sal gefire word of in die tronk. beland nie. Hulle kan mos vir Zums

Hanna ·

As die ouers van n gesin openlik leuens vertel, korrup is en oneerlik is met finansies…..
Gaan die kinders ook daardie pad loop.
Die hele regering is n sak vrot aartappels.
Dis jiggie en ruik sleg op n afstand.
Die voorbeeld wat die ANC MPs kry is nikswerd nie.
Brian Molefe weet teveel daarom is Z te bang om sy aanstelling teen te staan..

SUS ·

Hy moet alle geld, salaris EN byvoordele wat hy ontvang het as parlementslid terug betaal ,Dis bedrog,,, Hoe kan so ‘n persoon ‘n belangrikke pos by Eskom verteenwoordig?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.