Eskom dagvaar Trillian oor R600 miljoen

Argieffoto: GCIS

Eskom sal Trillian, ʼn maatskappy wat met die berugte Gupta-familie verbind word, later vanjaar vir R600 miljoen dagvaar in ʼn poging om die geld terug te kry, het uitvoerende hoof Phakamani Radebe Dinsdag aan LP’s gesê.

“Ons sal in Desember die hof nader om ons R600 miljoen van Trillian te eis,” het hy aan ʼn gesamentlike sitting van die parlementêre portefeuljekomitee oor energie en openbare ondernemings gesê. Hy het die parlementslede toegespreek oor die vordering wat gemaak word om wangedrag en korrupsie by Eskom uit te roei.

Sedert die staatskapingskandaal aan die lig gekom het, waar Gupta-maatskappye na bewering miljarde rand van staatsondernemings bekom het, het tien senior hoofde reeds Eskom verlaat, het hy gesê.

Trillian het in 2016 ongeveer R698 miljoen van Eskom ontvang in opdrag van die internasionale konsultasiefirma McKinsey’s, wat onlangs ingestem het om R902 miljoen aan Eskom terug te betaal nadat hy dit sonder ʼn geldige kontrak verdien het.

Jabu Mabuza, voorsitter van Eskom, het aan LP’s gesê die kragvoorsiener het ook planne, om die Openbare Beleggingskorporasie (PIC) te versoek om van sy skuld in ekwiteit om te skakel, gekanselleer. “Ons vra nie enigiemand om skuld om te keer nie,” het hy aan die LP’s gesê. Volgens hom het die maatskappy besef dit kan dalk ʼn rooi lig wees vir ander krediteure.

Eskom het vroeër vanjaar oorweeg om die PIC te versoek om van sy R84 miljard skuld om te keer in aandeelhouding in die maatskappy.

Eskom sal teen die einde van September ʼn nuwe strategiese plan indien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Hm ·

Miskien moet hulle vir Zuma en Brian Molefe ook by die dagvaarding insluit, hulle was die meesterbreine agter die hele Gupta sage.

Oom Piet ·

Storie klop skynbaar nie.

R84 Miljard skuld aan die PIC kan ek nie in Eskom se Geouditeerde 2018 Jaarlikse Finansiele Verslag (AFS) opspoor nie.
Op bladsy 81 in Nota 25 verskyn R388 / R393 Miljard totale skulde waarvan net 2 bedrae bo R84 miljards is naamlik Eskom Verbande R 147 miljard en Development Financing Institutions R120 miljard.

Bladsy 82 ook Nota 25 verskyn die details van Eskom Verbande vaarvan net R2,4 miljard in Aprl 2018, R5 miljard Mrt 2020, R10 miljard Aug 2021, R5 Miljard Mrt 2022, ens. Te ver en te min ( eerder die 10% pj rente) om skuld te probeer omruil vir aandele.
10% pj. rente op R100 Miljard is erg. As R84 miljard verbande aan PIC is, kap af na 3-6 %

Nota 24 : 83 mijard uitgereikte van 100 miljard gewone Eskom aandele. Balans 17 miljard onder RSA Regering beheer, met DPE as alleen aandeelhouer verteenwoordiger.

In Bladsy 83 steeds Nota 25 verskyn die details van Development Financing Institutions waarvan al die ZAR skuldbriewe optel na R76 miljard en waarvan 2 gesamentlik verhoog het van 17 miljard in 2017 na 21 miljard in 2018 aldus 26.5% .

In die Reconsiliasie van Skulde Nota 44 op bladsy 94 kon ek ook niks van R84 miljard skuld of PIC sien nie.

Oom Piet ·

Hoekom net R600 Miljoen van gegewe R698 Miljoen verkeerdelik en/of korrupt betaald.

Eskom moet volle R698 Miljoen plus alle kostes aangegaan, plus skade en en verliese gely plus 10 percent kumulatiewe rente van dag van verkeerdelik korrupte oorbetaling tot volle vereffening vanaf Trillian en/of waarna dit gemorf het “onmiddelik” terugeis en ook ipso tanto ook van McKinsey’s en ook van wieookal in Eskom aandadig was daaraan.

Ek meen dis die plig van die Minister van DPE wat moet toesien en verseker kriminele klagtes moet onverwylt gemaak en bespoedigend aangejaag word asook die korrupte en/of verkeerde betaalde gelde se onmiddelike volle terugbetaling te verseker en/of regsaksies met verswarende kostes en rente soos uiteengesit hierbo aanhandig maak en bespoedigend najaag sonder aansiens van betrokke was of van gedeel het .

Adrian ·

Aaa escom het nie meer geld vir die ,,high flyers” om te spandeer nie oorsese vakansies en nuwe karre, so krap hulle oral rond om meer geld te kry. Wanneer daai R600 mil inbetaal is verdwyn dit vinnig

Groenie ·

Waarom eers wag tot Desember om te dagvaar.
Dan gaan daar nog verskeie aansoeke kom om die saak uit te stel. Dis mos hoe ons regstelsel deesdae werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.