Eskom dank Solly Tshitangano af

Argieffoto: GCIS

Eskom het die geskorste hoofverkrygingsbeampte, Solly Tshitangano, afgedank.

Die kragvoorsiener het Vrydag in ’n verklaring gesê Tshitangano se afdanking volg ná afloop van ’n volledige dissiplinêre proses.

Tshitangano is in Februarie geskors op grond van wangedrag, skending van pligte en verantwoordelikhede, asook wanprestasie.

Die voormalige hoofverkrygingsbeampte is tydens die tugverhoor op vyf aanklagte skuldig bevind. Dié aanklagte sluit in ernstige wangedrag weens die versuim om sy pligte uit te voer, die oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, en die oortreding van Eskom se dissiplinêre kode nadat hy vertroulike inligting aan eksterne partye bekend gemaak het.

Dít volg nadat Tshitangano steeds ten gunste van ’n onregmatige kontrak vir die verskaffing van brandstofolie met die maatskappy Econ Oil & Energy was, selfs nadat ernstige onreëlmatighede in die tenderproses aan die lig gekom het.

Eskom het gedurende die tugverhoor staatgemaak op die getuienis van twee getuies en ’n forensiese verslag. Die onafhanklike voorsitter van die verhoor het intussen afdanking as die enigste gepaste straf aanbeveel.

Tshitangano was ook vroeër vanjaar in die nuus nadat hy aantygings van rassisme teen André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, geopper het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sarel

Hoeveel geld gaan hy terugbetaal

Tipper

weg

Blikkantien

Kry vir jou

Bernard

Haai! Het die rassekaart sy magiese krag verloor?

Jaco

Wat word nou van die rassisme klag teen De Ruyter?