Eskom: Dís die redes vir beurtkrag

Jabu Mabuza. Foto: Itumeleng English/African News Agency(ANA)

Beurtkrag sal Vrydag vir die derde agtereenvolgende dag toegepas word terwyl Eskom hoop om oor die naweek die ligte aan te hou.

Jabu Mabuza, waarnemende uitvoerende hoof van Eskom, het gisteraand tydens ʼn mediakonferensie gesê fase 1-beurtkrag sal Vrydag van 9:00 tot 23:00 toegepas word “en daarna verwag ons geen verdere beurtkrag nie”.

Volgens Mabuza is die besluit om dié week weer beurtkrag toe te pas nie ligtelik geneem nie. Hy het ook om verskoning gevra dat Suid-Afrikaners nie genoegsame vooraf waarskuwing ontvang het nie.

Die rede vir die herinstelling van beurtkrag was volgens Mabuza weens ʼn kombinasie van faktore, insluitend ketelbuislekkasies in ses eenhede by van sy kragstasies en die steenkoolvervoerband by Medupi wat probleme gegee het.

Mabuza het gesê Eskom het sy noodstelsels en reserwes ingespan, maar dat dit uiteindelik groter risiko’s meegebring het. Hy het gesê daar moet drasties meer instandhoudingswerk gedoen word, maar dat Eskom deur erge finansiële beperkings in die gesig gestaar word.

Volgens Mabuza verstaan die kragvoorsiener die ongerief wat beurtkrag tot gevolg het en die impak wat dit op die ekonomie en samelewing in geheel het. Hy het Suid-Afrikaners om verskoning gevra.

Natasha Mazzone, die DA se skaduminister van openbare ondernemings, het in reaksie gesê Eskom se bestuur is duidelik uit sy diepte om die krisis te hanteer en dat die kragvoorsiener se omkeerstrategieë duidelik nie veel opgelewer het nie.

“Die realiteit is dat die publiek nie Eskom vertrou om die ligte aan te hou nie.” Sy het gesê daar moet verantwoordbaarheid wees van die onderskeie rolspelers.

“Pres. Cyril Ramaphosa se leierskap van stilte en geduld bring nie vertroue mee nie. Stilte maak nie probleme reg nie, maar aksie. Suid-Afrikaners moet die waarheid oor Eskom vertel word.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

PJ ·

Dis darem nou rèrig baie slim meer instandingswerk gedoen moet word Kan jy dit glo ? Instandhouding hoekom ?

Die geskeerde Skaap ·

Mooi so Cyril en jou regering
Julle het nou weereens duidelik vir die wereld gewys hoe suksesvol julle die land regeer.

Frank ·

“Preventative Maintenance”. Altyd nodig op stelsels. Jy doen dit op jou voertuig ook. Probleem is dat dit die afgelope paar jaar (25?) agterweë gelaat is. Nou het die onderhoud eerder herstel geword…

Hannetjie ·

Die verskoning is slap….dit is onaanvaarbaar dat daar nie behoorlike instandhouding gedoen word nie.Trouens, elke dag moet daar inspeksie gehou word..oral..wat Eskom aan betref..en so word daar mos dan gesien waar daar moontlik probleme kan ontstaan en aandag aan gegee word.Hoekom wag totdat alles inmekaar stort? Hulle kry buitensporige salarisse en al die ‘ekstras’ wat ook heeltemal onnodige is siende die werk nie na behore gedoen word nie.

Anon ·

SA het beurtkrag en nie lank terug nie moes ek lees in die koerant dat SA vir Zimbabwe krag voorsien… nou moet ons in SA onder dit lei… maak mens woedend….

Anemie ·

SA het beurtkrag en nie lank terug nie moes ek lees in die koerant dat SA vir Zimbabwe krag voorsien… nou moet ons in SA onder dit lei… maak mens woedend….

Gertjie ·

Absoluut, Anemie.
En voeg daarby dat Zim heelwaarskynlik nie eers kan betaal nie.

piper ·

zuma het in sy tyd gese daar sal nooit beurtkrag weer wees nie. dit wys net weer ons kan die spul nie glo nie en hulle weet nie wat aangaan nie. daar word nou al hoe lank belowe dat daar n omkeerplan is en die saak kry aandag. geen bonusse vir die mense nie.

De Villiers ·

Wat my bekommerd maak is die arrogansie van Eskom soms. Al gee hulle ons nou die versekering dat daar nie Sondag beurtkrag sal wees tydens die Springbokke se Wêreldbeker kwarteindstryd teen Japan nie, is hulle in staat om so iets aspris te doen. Hulle kan dit as ń taktiek gebruik om hul sin teen die regering te kry oor hul hofsaak oor die kragtariewe.

Hoekom doen niemand iets teen Eskom om hulle te dwing om van die 60 % oortollige werkers in hul diens wat sulke hoë salarisse verdien, van ontslae te raak nie? Daar is tog vele organisasies en regsfirmas wat dit kan inisieer. Dis biljoene Rande se belastinggeld wat Eskom jaarliks onnodig verkwis gegewe die finansiële posisie waarin hulle sit.

En nou? ·

Ja, maar hulle verskoning sal wees dat Zuma nie nou meer aan die stuur is nie…

Eliz ·

Vreemd dat niemand op Medupi weet van die stukkende voerband nie…

Dewald ·

Oooo ek is mal oor hierdie land met sy daaglikse onbekende. Elke oggend wat jy wakker word, het jy geen idee wat die dag gaan oplewer nie. Dis soos om n “lucky packet” oop te maak. :):)

Jerry ·

Eliz, niemand sal daarvan weet nie, want die band by Medupi is al langer as n maand stukkend en het geen invloed op die dienslewering tot dusver gehad nie!

Jr ·

Weet hy Mabusa dat dit slegte maniere om met mense te praat met jou hoed op jou kop. Voorbeeld van hulle disrespek vir ons

Ema ·

Eskomvat ons vlak.die enigste rede vir hierdie beurtkrag is om ons te forseer om hoer tariewe te betaal. Hulle het dit 2006/7 gedoen nou begin ons weer. Solank ANC hulle help sal hulle aangaan om ons uit te byt.

Potjie ·

Ema… ek het vanmiddag tydens beurtkrag baie tyd om vir jou spel lesse te gee. Gryp die aanbod vas want jy benodig dit dringend.

Johan ·

Die rede vir beurtkrag en SA se algehele verval tot ‘n hool van pes en ellende is ‘n Afrika regering – PUNT!

De Villiers ·

Wat my bekommerd maak is die arrogansie van Eskom soms. Al gee hulle ons nou die versekering dat daar nie Sondag beurtkrag sal wees tydens die Springbokke se Wêreldbeker kwarteindstryd teen Japan nie, is hulle in staat om so iets aspris te doen. Hulle kan dit as ń taktiek gebruik om hul sin teen die regering te kry oor hul hofsaak oor die kragtariewe.

Hoekom doen niemand iets teen Eskom om hulle te dwing om van die 60 % oortollige werkers in hul diens wat sulke hoë salarisse verdien, van ontslae te raak nie? Daar is tog vele organisasies en regsfirmas wat dit kan inisieer. Dis biljoene Rande se belastinggeld wat Eskom jaarliks onnodig verkwis gegewe die finansiële posisie waarin hulle sit.

Petrus ·

Net om tee te maak en koppies te was ontvang hulle R30 000 per maand, plus byvoordele. Nie te sleg nie.

Faan ·

Hierdie swak dienslewering kan verwag word as n monopolie in n bepaalde sektor ontwikkel en dit deur die staat ondersteun en/of bedryf word.

Jimmy ·

Pateties dat daar na 10 jaar steeds beurtkrag is. Met al die son in die Noord Kaap en wind aan die kus kon ons nou al duisende MW se hernubare krag gehad het, opgewek deur die private sektor, tesame met pivate transmisielyne. Selfs ander Afrikalande is SA nou vooruit. Dat SA ‘n gevorderde ekonomie is word nou ‘n illusie.

Martin ·

Sover ek weet is daar gewoonlik ten alle tye een tot twee turbines gelyktydig af by feitlik elke kragstasie, hetsy n G. O.. of n breakdown of beplande onderhoud. En dit het nog nooit in die verlede probleme veroorsaak nie, net as hulle nie hul tarief verhogings kry nie. Hulle manier om NERSA te probeer forseer om toe te gee. FIRE die hele soul wat daar no sit. Dan voer hulle nog krag uit na die wat dit nie eers kan bekostig nie en nie betaal daarvoor nie.

Jan ·

Liegstorie , teen November geen meer beurtkrag nie en gee hul hulself prestasie bonuses .

ore ·

Ek het ‘n paar voorstelle meneer die President
1.Stel Ted Blom aan en gee hom ‘n mandaat om die beste mense vir die werk aan te stel.
2.Laat elke inwoner van Soweto en ander plekke wat nie betaal nie,elke huishouding net R50 per maand betaal.Dit sal ‘n groot inkomste genereer.
3.Staak julle,die ANC se populistiese beskerming van stemme,veral van Cosatu.
4.Hersien die arbeidswet,veral mbt stakings
5.Praat minder en doen meer.Die ministers het vele redes/verskonings maar niks word gedoen daaraan gedoen nie.

Frik ·

Privatiseer die sektor, en laat meer spelers toe om krag op te wek en transmissielyne te bou. Moedig investering in son en wind energie aan. Eskom word dan net ‘n gewone mark deelnemer. Argumente dat krag pryse onder hierdie omstandighede sal styg is oumanstories. Mense wat dit kan bekostig kan ook oorskakel na sonenergie om onafhanklik te wees van die netwerk. Vraag en aanbod sal dan inskop.

Madelein ·

En intussen was daar beurtkrag gedurende die week toe die matrieks RTT prakties gehad het en gister IT ‘geskryf’ het!!!! Wat gaan die Dept van Onderwys daaromtrent doen?

Anjie ·

@Madelein, moet asb nie die moeilike vraag vra nie. “We are applying our minds to the matter and with time, we will give you feedback”. :) :) :) :) :)

Adri ·

So nou het hulle jammer gesê nou is alles beter en vergewe?

AJB ·

Eskom soek net hoër tariewe van ons. Dis mos amper weer Kersfees.

Sinies ·

Ons is n maand terug deur die manne op bedryfsvlak al laat weet om beurtkrag teen einde September/begin Oktober te verwag.

Eskom het ten minste n maand vooraf geweet dit gaan gebeur.

Eskom werker ·

Kan ek aseblief vir Jan reghelp… November maand is NIE Prestasie bonus maand, dit is normale 13de tjek. Ons prestasie bonusse word einde van Julie uitbetaal, wat ons NIE gekry het nie. Blameer die loadshedding op Topbestuur en nie die werkers op stasie vlak nie.

Dolf ·

Dit help nie om vingers te wys nie. Ek blameer julle almal by Eskom. Hoofkantoor amptenare in hul sagte stoele sowel as sweterige kragstasie werkers in vuil oorpakke. Julle kos die ekonomie miljarde rande.

ap ·

daar is nie geld nie – eenvoudig anc het alles geleen , klink dit beter

Christiaan Pretorius ·

Een vraag – hoeveel maal was daar beurtkrag vòòr ’94, fondatekorte en al????

Ek gaan n generator aanskaf en basta met Eskom!! Tientalle biljoene word hul ingestop om hul te ‘red’ terwyl almal om en in die regering versuip in blindheid of is dit onnoselheid?

Elize ·

Vertroue, wat is dit, julle is heeltemal reg ons sal julle nooit weer vertrou nie

Gert van Wierdapark ·

Dis dalk tyd dat die “Man met die Hoed” ‘n Haas kry om daaruit te trek en te sorg dat die land se liggies helder kan skyn!!!

Een Rede ·

Almal weet daar is net een rede waarom dinge so gaan. Een verbode woordjie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.