‘Eskom-dokument wys op vaardigheidstekort’ – Solidariteit

(Argieffoto: GCIS)

Die vakbond Solidariteit meen dat ʼn tenderdokument wat vroeër vanjaar deur Eskom uitgereik is ʼn bewys is dat die kragvoorsiener na kritieke vaardighede op soek is.

Die dokument wys glo Eskom se behoefte aan onder meer projekbestuurders, onderhoudsbestuurders en kundigheid om eenhede by kragstasies weer in diens te stel.

Solidariteit het dié dokument Donderdag aan die publiek bekend gemaak.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê die dokument is bekend gemaak in reaksie op Eskom se hoof van menslike hulpbronne wat beweer dat daar nie ʼn vaardigheidstekort by Eskom is nie.

Dít nadat die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, vroeër in ʼn brief aan Solidariteit gevra het vir vaardighede om die Eskom-krisis behoorlik te pak.

“Dit is onmoontlik om die probleem aan te pak as senior personeel dit nie erken nie,” sê Hermann.

“Eskom self, die minister en pres. Cyril Ramaphosa erken almal die probleem, maar die persoon by Eskom wat die probleem moet aanpak, ontken dit.”

Die betrokke dokument maak melding van ʼn “grootskaalse uittog van vaardighede” sowel as ʼn “massiewe breinkwyn” binne Eskom – veral wat kragopwekking betref.

“Die dokument verduidelik dat bloot omdat nuwe aanstellings gemaak is, dit nie noodwendig beteken die kwessie rakende vaardighede is aangepak nie. Dit sit ook uiteen dat nuut aangestelde posbekleërs wel sogenaamde verblyftyd benodig om die bevoegdheidsvlak op te bou wat nodig is om behoorlik in hul rolle te funksioneer.”

Benewens Eskom se dokument wat sy behoefte aan vaardighede uiteensit, het Gordhan ook in sy skrywe aan Solidariteit gesê dat Eskom ervare ingenieurs, senior ambagslui en aanleg-operateurs benodig.

Solidariteit het reeds ʼn lys van 300 kundiges aan Gordhan en Eskom gestuur wat die vaardigheidsuitdagings die hoof kan bied.

“Vaardige mense in Suid-Afrika is gewillig om te help. Die antwoord is op Eskom en die minister se lessenaars. Die res van Suid-Afrika wag in spanning dat die probleem opgelos word, maar daar is bottelnekke by Eskom,” sê Hermann.

“Dit is algemene kennis dat daar ʼn vaardigheidstekort bestaan by Eskom – die ligte is af. Vir sekere Eskom-bestuurslede om hierdie konsensus aan te vat dui op ʼn ontkoppeling van die werklikheid. Eskom kort kenners, nie ontkenners nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Antie Sarie ·

As dit nie was vir wat in ander lande ook gebeur nie, sou ek dalk oorweeg dat hier n unieke probleem is

Republikein in die Wes Kaap ·

Eskom se personeel probleme is self gemaak. In Europa en Amerika bedank werkers vrywillig om alternatiewe rigtings en leefstyle in te slaan. Dit word die Groot Bedanking genoem. Dis ‘n tendens wat ons teen 2023 ook gaan tref. Dis te betwyfel of Eskom en ander groot ondernemings gereed is vir so iets.

Frank ·

Die hoof van menslike hulpbronne nogal is so dom hy kan nie eens verstaan hoe dom hy is nie en seker die heel eerste een wat moet waai

Theuns ·

Dis die punt! Onbevoegdes sal NOOIT bevoegde mense aanstel nie. NOOIT..Solidariteit mislei RSA om voor te gee hul hulp is gevra. Window dressing vir fools wat val vir die grap..

Wondermaarnet ·

Baie aanstellings by Koeberg gaan nie eers deur HR nie. Dit is wie jy daar ken. Weer eens word die slegste van die slegste aangestel en selfs die sekuriteitswagte is die slegste van die slegste met gekoopte/vals kwalifikasies.

Theuns ·

Die name sal VERDWYN! NIKS sal.deur die vertrappers en vernietigers Ramaposa se span DESTROYERS aangedtel word nie! Die tydsverloop bewys dis gek en wensdenkery van solidariteit om te dink ramaposa en sy DESTROYERS sal die mense aanstel..NIEMAND sal n pos kry nie. Hul speel in die hande van die sirkus en maak GEEN veskil nie. Stand up comedians.

Boatsie ·

My magtag mense, hoe redeneer die HR bestuurder.
Jy wil mense aanstel en die ou kan eers ‘n verblyfsreg periode deurgaan om hom te vergewis wat aangaan. Pleinweg beteken dit hy kwalifiseer nie vir die werk nie.
Skrik wakker meneer, jy soek dan net verder tot jy die persoon kry met die KWALIFIKASIES en ONDERVINDING.
Simple en maklik mnr. HR. Skrik wakker

Ian ·

Dit is nou juis sulke persone wat ontkenners genoem word wat politiek wil dryf en nie deel van n span wil wees nie. Die persoon moet nou sommer klaar sy werk kwyt wees. Die probleem wat aangespreek word is van nasionale belang.

JJB ·

Skrap alle SEB vereistes, ontslaan oortollige werkers, vat korrupte en onbevoegde werkers vas en stel mense aan wat reeds van dag 1 af vol in ‘n pos kan funksioneer. Hoe moeilik kan dit nou wees?

Jr ·

Hulle kan dit nie verstaan – net omdat die electrical ingenieur pos het n body, is dit net so goed soos NIEMAND want die perd is onbevoeg en nutteloos. HULLO. LYK MY DIE PERD VAN HULPBRONNE DIE PERFEKTE VOORBEELD IS.

Di ·

Dis JUIS omdat daar werkers in diens is soos die “HR bestuurder” dat ESKOM is waar dit is vandag. GEEN WONDER dis ‘n totale gemors! Om net na sy argument te luister is dit duidelik soos daglig dat aanstellings nie gemaak word op grond van kwalifikasies en ondervinding nie, maar boetie help vir boetie en aanstelling van kennisse RAAK ONSTLAE van hierdie idioot in HR.

Koos 100 ·

Dirk, dit vat nogal vaardigheid om so ‘n dokument te kan lees, en daar is die probleem. Cyril en Parvin gaan niks doen nie, want hulle moet mense please. Hulle is politikuste en worry net oor hulle eie poste!

Chris ·

Dit sou goed gewees het indien Solidariteit (soos hier met Eskom) ook die ooglopende raakgesien het met hul verslag oor die mRNA eksperimentele inspuitings, maar toe maak hul ‘n oordeelsfout en bestempel die mRNA inspuitings as veilig en effektief (wat almal nou besef nie waar is nie) sonder om behoorlik navorsing te doen oor die onderwerp, en ag te slaan op die gevare wat deur ware deskundiges uitgewys was.

annie ·

Eskom is net nog ‘n munisipalitet of staatsdepartement; flenters met duisende onbekwame en lui salaristrekkers met ‘n groot pay as sakgeld, rekenaars om die motormark daagliks te bestudeer vir nuwe motormodelle en plekke vir vakansies… Die ANC is onder beleg van sy eie kiesers wat aangroei teen ‘n onbeheerbare trotse tempo. Net Aaron probeer iewers keer. Die voormalige hoofregter van die grondwerhof, Zondo en Aaron is die enigste wat hul sout werd is. CR se eie belang was sy ondergang…

Jakes ·

Die bestuurder menslike hulpbronne se bevoegdheid moet ondersoek word. Nog beter, laat sy CV openbaar gemaak word.

Wildemien ·

Hoof van HR is gewoonlik die mees onbevoegde kader. Aksies daar geneem suur deur na die hele besigheid.

Jr ·

Hindernes no 1 van honderde wat teen Solidariteit gaan kom. Hulle gaan alles doen om hulle posisies te hou. Hierdie is net die begin

Marius ·

Nou waar word die poste geadverteer??? Ek het 12 jaar ervaring in die kragstasie bedryf en kry nie werk en sien ook nie die poste geadverteer nie. Gaan praat jy met die bestuur op die stasies hoor jy daar is nie poste of jy is wit.

Duck ·

Solidariteit het reeds ʼn lys van 300 kundiges aan Gordhan en Eskom gestuur, dit sal ook afgekiet word. Lys te wit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.