Eskom draai brieke aan met regstelaksie

dr-dirk-hermann-blf-konferensie-2019-02-14

Dr. Dirk Hermann is die bestuurhoof van die vakbond Solidariteit. Foto: Reint Dykema.

“Dit is niks anders as ʼn soort moratorium op regstellende aksie midde ʼn krisis nie.”

Só het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê in reaksie op Eskom se besluit om sy regstellendeaksieplan op te skort totdat sy herstrukturering afgehandel is.

Teboho Thejane, woordvoerder van die departement van arbeid, het bevestig Eskom het Thobile Lamati, direkteur-generaal van arbeid, versoek om sy regstellendeaksieplan op te skort tot die kragreus in drie verskillende maatskappye verdeel is.

Hermann het vroeër gesê Eskom het in 2017 besluit om van nog 1 308 geskoolde wit werkers voor 2020 ontslae te raak. Die departement wou egter gehad het Eskom moet van nog meer wit ingenieurs en tegnici ontslae raak, maar die plan word nou eers agterweë gehou tot die herstrukturering plaasgevind het.

Khulu Phasiwe, Eskom se woordvoerder, het gesê die kragvoorsiener stel beleid in rakende gelyke indiensneming soos voorgeskryf deur die relevante wetgewing.

“Die bewering dat Eskom op ʼn missie is om van wit ingenieurs ontslae te raak is misleidend. Eskom is vir alle doeleindes ʼn ingenieursmaatskappy en sal alles moontlik doen om die beste ingenieurs te kry en te behou.”

Argieffoto: GCIS

Hermann het gesê die feit dat Eskom aansoek gedoen het om sy rasplan uit te stel is ʼn merkwaardige stap. “Dit is ook ʼn deurbraak dat die versoek goedgekeur is aangesien die departement van arbeid ongelooflike druk op Eskom geplaas het om selfs verder te gaan. Eskom en die departement krabbel terug op hul rasideologie.”

Volgens Hermann is dit ook ʼn erkenning van die krisisgevolge van ʼn oordrewe rasideologie. “Eskom het ʼn raskrokodil oor jare gevoed en skrik noudat die krokodil so groot geword het dat hy Eskom begin eet. Eskom moet nou doelbewus sy vaardige en professionele werknemers behou. Die werklikheid het die absurde gevolg van die rasideologie van verteenwoordigendheid uitgewys.”

Meer ingenieurs vir die Eskom‑bestuur is een van die planne wat min. Pravin Gordhan op die spyskaart geplaas het om die sukkelende elektrisiteitsvoorsiener te probeer regruk. Gordhan, minister van openbare ondernemings, het aan die Nasionale Vergadering gesê daar is verskeie vakatures in die Eskom-raad en hy wil dit met vaardige en leidende ingenieurs vul.

Hermann het gesê Eskom moet nou ʼn klimaat skep waarin alle vaardige werkers, ongeag ras, hoor hulle is welkom en nodig. “Om vaardighede van buite te lok, soos min. Gordhan beplan, moet ʼn verwelkomende klimaat geskep word. Niemand sal lus wees om terug te kom om teen gediskrimineer te word nie. Die deurbraak by Eskom is ʼn bewys dat jy nooit moet ophou veg nie. Die Eskom-deurbraak is ʼn groot taktiese oorwinning, maar die strategiese geveg duur nog voort.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

frikkie ·

So het die anc se idealistiese anti-wit rassistiese omgekeerde apartheid beleid wit ingenieurs en tegnici vir die laaste 25 jaar landuit gedryf en weg van staats instansies af. Stap ju vandag by staatsdepartemente in sit daar honderde regstellende aksie ongekwalifiseerde gesiggies wat inkom werk toe, dan tee drink, dan ete vat en nooit weer terugkom nie. Dis belaglik hoe onproduktief en sleg dinge geraak het danksy die anc. Eskom, Sauk, Sal, telkom als in die grond in gerun met regstellende aksie en beee. Selfs afrika lande soos mosambiek kyk al na sa en dink ons is mal en dat mense soos julius en cyril en zuma ewe sleg is

chris ·

Nou praat jy , en die Departement van mannekrag , dit is nog erger , gaan eis UIF , sit doodstil vir n uur , tien stasies om jou te bedien en slegs twee werk die ander loop en mooi lyk , tot dit tyd raak om toe te maak, dan move almal en jy word ook aangese om more terug te kom

Afrikaner ·

frikke, die realiteit is, in die nuwe SA het die wit man die vyand geraak. In die ou apartheids dae was die swart man nooit die vyand nie.

ZAR ·

Kan ons nou praat oor die loadshedding wat nie offisieel nog aan die gang is? Elke dorp se krag word sonder waarskuwing afgesit te enige tyd.

Adrian ·

Dr. Herman asseblief moet nie dat enige van ons witmense terugkeer na eksdom nie, sodra als aan die gang kom en dit begin reg lyk skop hul ons mense onder hul blaker. Sou hul mooi vra moet daar n ooreenkom tussen eksdom, alle unies en regering wees dat die witmense vir minstens 10 jaar sal dien sonder enige politieke of unie druk. Sou enige van die groep op ons mense druk uitoefen om hul te dwing om te loop moet die instansie wat verantwoordelik is die werkers die verskil in jare tot einde van lomtrak iitbetaal met die jaarlikse verhogings ingesluit …. dan laat hul bloei

Elsa ·

Adriaan, weet jy hoe lank is 10 jaar om in haglike omstandighede te werk? Wys my 1 persoon wat hierdie voorwaardes van jou gaan nakom en eer…

Ek praat van ondervinding. Moes in sulke omstandighede gewerk het.. Dink maar weer oor jou voorwaardes.

Gert van Wierdapark ·

Regstellende Ak-sie (RA) het ongelukkig nie brieke nie. As die wiele eers begin draai het en RA is op die soustrein spoor, word dit moeilik gestop, behalwe as dit die spoor byster raak = ‘n “trein-smash”! RA kan ook sonder spore ry – en daar word dan bloot voortgeploeg op ‘n pad van vernietiging. Waarskuwings word geignoreer = horende doof en siende blind. Miskien lees/skryf/verstaan ons dit ook nie reg nie! Foneties is die term eintlik reg-stelende aksie.

Deon ·

So, nadat Eskom in drie eenhede verdeel het dan is dit maar weer dieselfde ou storie. Gordhan slaan een rigting in, Eskom ‘n ander en nou is Arbeid ook in die prentjie. Walglik deurmekaar en onbetroubaar.

Misousa ·

SAL, TELKOM, ESKOM, POSKANTOOR, HOSPITALE,…. noem dit maar..
Alles het platgeval!!
ASSEBLIEF LEES:
Pretoria NoordDORANDIA is al drie dae sonder enige krag. Die leuens wat vertel word oor die telefoon van Tshwane se hulplyn wil my laat skree!!
Selfs die DA se afgevaatdes kan niks uitrig..
Blykbaar weier hierdie mense om oor naweke te werk!!! Hulle huil vir werk… wat hulle kry… en dan weier om te doen.
Praat nie eens van die SAP!!!
Hulle kom na inbrake uit om verklarings ts neem, en raak op die mense se banke aan die slaap!!
Forensies kom uit om vingerafdrukke te neem. Hulle vra watter van die goed in die huis kan ons sonder mee klaarkom. Hoekom?.. vra ons..
Hulle antwoord dat hulle al die dinge met moontlike vingerafdrukke na die LAB moet vat, want hulle diwn dit nue meer by die ingebreekte eiendom nie!!!
Waar is ons ou SAP??
Ad ek nou na sommiges van hulle kyk.. weet ek nie hoe kan hulle met daai groot agterstewe die skelms jaag???
Waar is ons dokters, ingeneurs weermagmanne, Loodse, speurders???
Die land val want mense wat skoongemaak en tee gemaak het, het in posisies geskuif wat hulle nue eens kan uitspreek!!
Ons mis die ou SA!
Alles het gewerk. Daar was reels. Daar was reg en verkeerd!!!
Stel BEE af! Jaag al die vreemdelinge van Afrika, Pakustan, China .. Indië..
Word wakker en eerlik!!! BEE breek die bietjie wat oorbly.. ook af!!!

Weet van ·

@Misousa- Ek het ‘n dwaalkoeël deur my dak gehad. Soos jy sê, ses mense het kom verklarings afneem, twee het gesit en slaap. Die forensiese antie wou nie op my dak klim om fotos te neem nie. Ek het uiteindelik met ‘n polisie kamera op die dak geklim en vir hulle fotos geneem. Gedurende die verklarings skrywery wou die een by my weet of ek weet wie geskiet het. Tien minute later wil ‘n ander man weet waars die doppie. Ek het net daar besef hier gaan nie oplossings kom nie.

Vryheid ·

Eskom verdien waar hulle tans is, so die wit tegnici gaan eers in die pad gesteek word wanneer eskom weer op sy voete is – en dan?

Dries du Toit ·

Dank die Vader vir Afriforum en Solidariteit. Nou bid ons net dat die VF+ ook die nodige steun kry

Eben ·

VF+ kry nie weer my stem nie. Ek stem nou vir selfbeskikking. Hulle het lankal van daardie plan afstand gedoen. Ek wil ‘n toekoms bou met my eie mense waar vaardigheid weer tel. Hierdie land is nou ‘n grap waar elendigheid die blanke se voorland is. Ek stem Front Nasionaal en ek hoop elke blanke in hierdie land staan bietjie saam.

Hendrik ·

Eben FN gaan maar net soos VF+ in die banke sit en ‘n 2 minuut spreek beurt kry op elke onderwerp. Jy is welkom om saam te kom werk vir selfbeskikking of en nie net saam te stem vir selfbeskikking. Ons is hier langs Pretoria of as jy Orania toe wil trek is dit 750 km vanaf Pretoria.

Eben ·

@Hendrik: Nou ja… indien hulle *wel* net soos fir VF+ gaan sit dat stem ek steeds eerder vir FN. Hulle storie is nou nie jou storie nie so ek vertrou hulle sal daad by woord hou. Indien nie staan dit enige persoon vry om na die VN te gaan en maar te steun op die mandaat wat deur die kiesers gegee is vir selfbeskikking. Ons het ons eie land nodig aangesien ‘n dorpie of plasie soos Orania nie 4,000,000 mense gaan huisves nie :) — Stem vir selfbeskikking en kom ons kyk wat gebeur. Dit kan net beter gaan as die alternatief.

Veritas ·

Solidariteit het gespog dat hulle bewus is van baie gewese Eskom werknemers wat graag sal wil terugkeer na Eskom. Indien dit so is, behoort die unie, namens al hierdie mense, met Eskom onderhandel. Dit sal die misbruik van die voornemende werknemers hokslaan as Eskom weet dat die werknemers as ‘n groep terugkeer en ook as ‘n groep sal staak indien daar selfs net teen een gediskrimineer word. M.a.w, ‘Julle kry, die mense met kennis, onder voorwaarde dat hulle regverdig behandel word.’ ‘An injury to one, is an injury to all’.

Poot ·

@Eben
Selfbeskikking…… en Front Nasionaal? Waar dink jy kom selfbeskikking en Front Nasionaal se krag vandaan? Of het hulle hul eie kragtoevoer waarvan ons nie weet nie?

Eben ·

@Poot: Wel, sonder selfbeskikking gaan my, jou, Front Nasionaal, en al die ander mense se kragtoever van nêrens af kom nie :) — Ek wil selfbeskikking hê maar as dit nou nie vir jou so lekker sal werk nie is dit ook reg so. Weet net dat jy enige tyd sal welkom wees om te kom handjie bysit om ‘n nuwe sukses te bou. Ons sal weer krag kan voorsien aan die hele Afrika!

Jaap ·

Ja doen dit en laat die hele plek ontplof.
Dan wil ek graag sien waar krag vandaan kom

Johan H. ·

Dis mos nou so duidelik soos daglig. Die anc is die vyand en moet verslaan word!!!

Reguit praat ·

Dit is hoekom ons DA moet stem enigste party met werkbare belied

Eben ·

@Reguit praat: Die DA is ook op die BEE/AA plan. Gee eerder aan Front Nasionaal ‘n mandaat om selfbeskikking te eis vir die blankes in SA. Geen, maar geen, politieke party gaan binne die bestaande stelsel hoegenaamd einigiets vir ons beteken nie. Ons is te min en daar word eenvoudig vir ons gelag en dan gaan die voortploetery aan. Nee wat. Genoeg is genoeg.

Gerhardus ·

Die DA het lankal in ‘n mini-ANC ontaard. Die dag toe hulle Mmusi soos ‘n trojaanse perd in hul kamp ingesleep het, het die doodsklok finaal vir hulle gelui.
Hulle is tog so lief om te spog met hoe hulle Kaapstad regeer, maar in die informele buurte gaan dit niks beter as 10 jaar gelede nie.
Hier in Pretoria het ons nog nie eers hierdie maand ons stadsraadrekeninge gekry nie (die betaaldatum is gewoonlik rondom die 24ste). Verlede maand het hulle gesê dat hulle net skattings gedoen het agv stelselprobleme. Die infrastruktuur is ook nie juis beter nie.
Die DA het hul siel verkoop vir ekstra stemme, en in die proses het hulle geword soos die party wat tradisioneel hul vyand was.
Ek sukkel om te sien hoe die DA enigsins ‘n vinger sou lig om ‘n beter toekoms vir die Afrikaner te bewerk.
Kom ons staan eerder saam en stem vir die mense wat die wil het om ons belange te verteenwoordig.

Neewat ·

Nou moet ek dankie sê dat regstellende aksie net gelig word, by die gemors wat Eskom is. Vir 25 jaar word regstellende aksie al hoe meer teen die minderheid gebruik? Net wanneer dit die ANC pas is sekere van die bevolking goed genoeg. Regstellende aksie het baie blankes baie armer gemaak die afgelope 25 jaar, en nie die korrupsie en misdaad krisis gestop nie. So wat maak dit nou saak? Die regstellende aksie wat haat aanblaas, gaan net aanhou tot in ewigheid.

Hanna ·

Te lekker ne. Nou word ons manne en vroue benodig maar plan was om van ons ontslae te raak binne n jaar 2020. Dit is net “op hold” gesit.
As ek nou vandag nog n Ingeneur by Eskom was en ek lees die kommentaar het ek ander werk gaan soek vir my familie se toekoms want alles is net tydelik en dan kry jy die skoen op die sitvlak met n skouer optrek en n thank you No thank you later. Jy is n Ingeneur..wittes by Eskom het nie n toekoms nie maak nie saak hoe Pravin Ghordan dit stel nie. Jy gaan nie n tik op die skouer van dankie kry nie. Ons manne moet nie blind staar teen dit nie.

James ·

Net goed genoeg om reg te kom maak wat julle breuk en dan mens weer wegjaag.

Julle haat ons maar wil ons vinnig gebruik en weer uitspoeg.

Jerry ·

Raak onafhanklik van Eskom vir krag. Kundige ingenieurs wat Eskom wil help moet hulle koppe laat lees, want die proses van bee en plundering gaan homself weer herhaal sodra die ekonomie weer lekker op dreef is. Jy help strategies slegs as Eskom privatiseer, want dan help jy SA en nie die ANC en vakbonde nie.

Piet ·

Dit is net omdat hulle witmense van oorsee af wil inkry om die gemors te probeer regmaak

Hans ·

Hierdie land het bloed gesweet om sy burgers op te lei en te bemagtig dit is nie nodig om almal te straf vir die foute van die verlede nie, gebuik die volle spektrum en beweeg vorentoe anders slaan een of ander krimineel weer toe om verarming voort te sit.

Alida ·

Hoekom het dit hulle 25 jaar geneem om te besef BEE werk nie. Kon dit al in die eerste 2 jaar besef het maar nou is ons biljoene rande kwyt en verarm. Al wat skatryk uitgestap het was die onbevoegde skelms.

Elsa ·

Adriaan, weet jy hoe lank is 10 jaar om in haglike omstandighede te werk? Wys my 1 persoon wat hierdie voorwaardes van jou gaan nakom en eer…

Ek praat van ondervinding. Moes in sulke omstandighede gewerk het.. Dink maar weer oor jou voorwaardes.

Snoefie ·

Die “herstrukturering”gaan natuurlik nog meer geskoolde, bevoegde blankes uitdruk. Maar sjjjttt! Hulle het dit nie gesê nie, daarom haan ons nie agterkom dit gebeur nie.

tom ·

Nee hulle moet alle bee stop dit afskaf voordat hulle gehelp word

Hoe Nou ·

Reguit praat – hoe praat jy nou, my vriend. Die DA vertrou !!!!!!!. Die enigste party wat jy kan ondersteun is die VF+. Wat het die DA reggekry die afgelope 5 jaar – boggerôl.

Swart skaap ·

Ek weet ek gaan nou seker gestenig word, maar volgens my is die DA die beste opsie. Dit gaan nie help om vir die kleiner partye te stem nie, al wil jy hoe graag. Op die stadium is ons tussen n klip en die diep blou see – enige iets anders as die ANC is n beter opsie.

Eben ·

Kom nou mense! Dit is *nou* die tyd om te stem vir selfbeskikking. As ons almal ‘n bietjie saamstaan gaan dit sommer baie vinniger gaan. Ons het nie meer ‘n stem in Suid Afrika nie. Daar word vir ons gelag. Pieter Groenewald kom met ‘n sak vol feite en Ramaphosa wag maar dat hy klaar gesels en gaan dan net voort. Ons moet nou maar ophou om onself te probeer flous. Hierdie storie werk nie. Selkbeskikking is die enigste opsie. Stem Front Nasionaal!

B ·

Ons as ’buitestanders’ besef nie werklik die totale omvang van hoe vrot dit in Eskom se wese gaan mbt werks-etiek, insig, strategiese denke, bestuursvaardigheid, verkryging, projekbestuur, tegniese vermoe, instandhoudingsbestuur ens, noem maar op.
Daar is zero vaardigheid en vermoe (of wil).
Soos bo ook uitgewys, om hierdie sneebal te stop (aangesien kritiese massa reeds bereik is), gaan ‘n groot uitdaging wees.
Die bestaande personeel is grootliks nutteloos, dus sal die hele org vervang moet word met entoesiastiese kundiges.

Boerboel ·

Die gemiddelde Ambaglui onderdom met ervaring is al 56 jaar. So daar gaan n’ stadium kom dat ons nie meer ervaring gaan het nie, ervaring kan nie gekoop word nie. Kyk wat gebeur by Eskom. Die wat die land verlaat het sal nie terugkom veral soos dit nou gaan. Veiligheid en Werk kan nie gewaarborg word nie. Hierdie gaan voorentoe nog groot problem vir die land veroorsaak. Goed gaan net beign staan ! Die jong klomp wat opgelei word kan net nie die pyp rook nie.!

Anoniem ·

@Jerry, hoe raak woonstelbewoners onafhanklik van ESKOM krag.

Boerboel ·

Stem saam B.
Ons gemiddelde ouderdom op ervare Ambagslui is al by 56 jaar. As daai mannne gaan, sit ons met n’ groot probleem in die hele land. Die wat die land verlaat het wil nie terugkom. Ek verkwalik hulle nie. Hulle werk en veiligheid kan nie gewaarborg word nie. Kyk na Eskom wat gebeur as jy ervaring verloor, en dit kan jy nie koop nie ! Dit is iets wat niemand by jy kan wegneem nie. Die jong manne wat nou deurkom rook nie die pyp nie.

Rupert Ashford ·

Daardie verwekomende klimaat gaan maar sokkel. Dit bestaan nie eers meer in die land nie.

Andrew ·

Nee wat, SEB sal net gestaak word tot hulle sien alles werk, dan moet die blankes weer waai. SEB gaan nooit afgeskaf word nie.

Stephen ·

Hoekom begin al hierdie bekwame ingenieurs nie hulle eie kragvoorsieningseenhede nie …. En voorsien dan krag aan Eskom? Erens moet daar n balans gevind word vir al die onskuldige mense wat afgedank word. Hulle het ook mos huisgesinne in wie se behoeftes hulle moet voorsien? Dan kan al die outjies was so links en regs afgedank word dalk later by die nuwe instansie aangestel word? Dis maar n skoot uit die heup …. maar n gedagte.

Otto Marx ·

Onthou BEE gaan nog aan en Escom. Lugdiens, Transnet ens is gekaap. Geld is weg en nou die Banke. Plase. Plotte, Wonings, Strandhuise die EFF en ANC wil dit kry en verder opmors. Hierdie nuwe wet van grond is al die grond wat in privaat besit is moet vir die staat gaan. My aanbeveling verkoop en gaan na ‘n ander land met jou kinders.

Piet parys ·

Al wat eskom gaan doen is om weereens die witman te gebruik on alles reg te stel en dan weer ontslae te raak van sy wit personeel . Ramaposa moet nie so seker wees dat hy president gaan bly na die verkiesing nie. Hy word dalk heeltemal onkant gevang en dan begin die sports .

Jerry ·

Dienkie, die antwoord om onafhanklik te wees van Eskom is dieselfde soos vir of selfbeskikking of emigreer. As jy nie kan nie, dan kan jy nie! Dit is net vir die wat kan, maar hopelik sal organisasies ook kyk na die wat nie kan nie, alhoewel ek maar my bedenkinge met goeie rede daaroor het!

De hoenders in ·

Word asseblief wakker mense….Ons land is net nog een wat geval het in Afrika. Ons voorvaders het dit sien kom maar moes swig onder buiteland se druk. STAAN SAAM en STEM n slag SAAM ….STEM in wat jy GLO en WEET . Dan staan ons ten minste n kans hoe gering ook al.

Survivor ·

Die Voortrekkers met al hul probleme en gevare, het nie so gekla oor als nie! Donker Afrika is nie vir sissies nie!

chrisjan ·

Magtig Survivor ,hoe oud is jy dan nou al??Nie geweet daar is steeds ‘n Voortrekker wat leef nie!Vertel ons asb meer van wat jy en jou mede Voortrekkers als beleef het.Eks baie nuuskierig,

Chris Ws ·

Solidariteit moet eerder met die regering en nie Escom onder handel nie.Dit moet duidelik gestel word dat regtsellende aksie HEELTEMAL geskrap word reg oor die land.Anders gaan die geleerdes wat Escom uithelp gepos word sodra dinge begin beter gaan daar.Ek dink die’ wat gaan help verdien beter as dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.