Eskom dreig werknemers met stappe ná stakings

Argieffoto

Eskom het Maandag onderneem om dissiplinêre stappe te doen teen werknemers wat verlede week gestaak en skade aan dié kragreus se infrastruktuur aangerig het.

Dít kom in die lig van die dooiepunt wat bereik is in die voortslepende loononderhandelinge tussen die vakbonde en Eskom.

Maroela Media het vroeër berig Irvin Jim, sekretaris-generaal van die metaalwerkersvakbond Numsa, het gesê die vakbond wil Eskom se bestuur waarsku om enige dreigemente rakende dissiplinêre aksie of ontslag teen enige van sy lede wat tydens die onderhandelinge gestaak het te laat vaar.

NUM en Numsa het gesê hulle sal slégs ʼn ooreenkoms teken as Eskom sy voorneme van dissiplinêre stappe laat vaar.

Eskom meen die vakbonde het hul eenmalige reg om beskerm te word teen dissiplinêre aksie verbeur toe hulle tot ʼn tweede ronde van onwettige staking, ondanks onder meer ʼn staande hofinterdik en die arbeidswet, betree het.

Eskom het egter in ʼn verklaring volgehou dat die kwessie van werknemers wat vermoedelik aan strafregtelike dade van vernietiging van eiendom en sabotasie deelgeneem het, nou buite Eskom se jurisdiksie val en in die hande van die polisie is.

“Die maatskappy het die vakbonde aangeraai om die loononderhandeling te teken om sodoende nie Eskom se werknemers wat vir hul salarisaanpassings wag te benadeel nie. Die vakbonde is verder in kennis gestel dat die werknemers wat deelgeneem het aan onwettige aksie aan dissiplinêre verhore onderwerp sal word. Indien hulle skuldig bevind word aan wangedrag sal dissiplinêre stappe teen hulle gedoen word,” het Eskom gesê.

Eskom het bygevoeg dat hy die onderhandelinge spoedig wil afhandel en het werknemers aangemoedig om hul kontrakte gestand te doen en hulle daarvan te weerhou om by enige verdere onwettige industriële aksie betrokke te raak.

Die ooreenkoms is gereed vir instelling sodra alle partye dit onderteken het.

Vakbonde het intussen ʼn vergadering met Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, versoek om die dooiepunt te ontlont. Hulle voer aan hulle weier om die onderhandelinge verder met Eskom te voer sonder dié vergadering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Colleen ·

Hoekom dreig om dit te doen? Doen dit net en hou op reaksie soek van die publiek.

Henry Ekman ·

Eskom dreig niemand, dit is lands wette wat verbreuk work en nou will hulle dit ook vryspring. Dus hulle wil doen nes hulle wil sonder enige gevolge

Vermeendes ·

Op die foto heel onder staan daar, Tenderbox, kan iemand net daar gaan byvoeg “NOT FOR WHITES”

John ·

Waar op deeske aarde kan kan mens infrastruktuur vernietig om jou sin te kry en die werkgewer moet dit aanvaar. Die stakers kla die bestuur vermors geld. Wat doen die stakers. Niemand mag ook afgedank word nie. Die tyd het aangebreek dat die kommuniste bereid moet wees om minder te verdien om hul comrades te help. Jaarliks minder betaling soos die getalle aangroei.

Vermeendes ·

Ek wens ons as verbruikers het ook soveel regte as die Eskom werkers gehad.

KanekVra? ·

In ander beskaafde lande, sou jy summier toegesluit word vir terrorisme, vir sulke dade. Ek het geen simpatie met Eskom of hulle wekers nie.

Lizl ·

Ek stem saam met Eskom dat die stakers moet dissipliner aangekla word en geld afgetrek word by hul salaris. Die res van ons wat moes ekstra hard werk gedurende die staking kry nie ekstra geld of `n dankie nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.