Eskom-eenhede buite werking

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het Woensdag gesê hy moes beurtkrag instel nadat hy ʼn vermindering in kragopwekking beleef het en verskeie eenhede buite werking is.

“Eenheid 3 by Majuba-kragstasie se voerband het vasgehaak en eenheid 2 by Duvha het gisteraand afgeskakel weens ʼn tegniese fout,” het Eskom in ʼn verklaring gesê.

Werk duur steeds voort by Koeberg ná ʼn tegniese fout Sondag op een van die eenhede. Eskom het Maandag gesê hy verloor 900 MW weens dié eenheid wat van die netwerk afgehaal moes word. Die eenheid sal na verwagting teen die einde van die week weer in werking wees, maar word op 9 Februarie weer afgehaal vir geskeduleerde instandhouding. Die betrokke eenheid sal dan eers weer in Mei beskikbaar wees.

Eskom het vroeër Woensdag aangekondig dat hy fase 1-beurtkrag tussen 10:00 en 22:00 gaan toepas.

Besoek Eskom se webwerf vir meer inligting oor die beurtkragskedules.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

anet ·

Eskom is tans net soos ‘n klim-tol Op en Af. Ek wonder soms hoe waar die stories is wat hulle elke dag aan ons opdis. Dit begin bloot net lyk asof hulle boelie speel. Ek dink hulle misbruik hulle posisie in die land, en ons moet maar betaal vir hulle lamsakkigheid om die stelsel behoorlik te onderhou. Eskom is nog maar net een van die Weeskinders van Suid-Afrika, waar daar geen Leierskap is nie

anet ·

Anke, daar is beslis beurtkrag in Johannesburg. Ons het gisteraand deurgeloop vanaf 18h00 – 22h00.

adrian ·

Escom jul eenhede val uitmekaar weens swak instandhouding julle erken dit, nou wat het julle met al die geld gemaak wat ons aan julle betaal sedert die 25% jaarlikse verhogings in 2009 ingetree het ?????????????? ons weet jul het spandabelrig gelewe karre ,huise, vakansies.,, performance bonusse” van miljoene, vet salarissse en intussen het die masjiene aan hongersnood begin ly en nou het die siekte ten laaste toegeslaan en nou hol jul rond soos mal honde en sien wie jul die skuld kan gee apartheid ens maar helaas dit werk nie meer nie. Die wereldbank wil nie eens aan jul raak nie want jul is soos ‘n siekte ek kan net se good luck, lieg verder

Gerhard Bezuidenhout ·

Laat privaat mense toe om krag in die netwerk te sit maar beter nog privatiseer vir Eskom en fire die klomp nuttelose besluinemers daar sodat mense met verstand die bestuur oorneem . Dit is n skande dat hulle so n belangrike en lewensnoodsaaklike bedryf tot in die grond bestuur het .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.