Eskom eis miljarde van oudwerkers, Guptas

Brian Molefe.

Eskom en die spesiale ondersoekeenheid (SOE) het Maandag die Noord-Gautengse hooggeregshof genader om R3,8 miljard te verhaal van voormalige uitvoerende bestuurslede asook die Gupta-broers en dié se medewerkers.

Die voormalige uitvoerende beamptes sluit in die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, Brian Molefe, die voormalige finansiële hoof van Eskom, Anoj Singh, voormalige waarnemende uitvoerende hoof, Matshela Koko, en Eskom se voormalige regshoof en maatskappysekretaris, Suzanne Daniels.

Ajay, Atul en Rajesh Gupta word nes dié uitvoerende beamptes nou vir skadevergoeding gedagvaar nadat hulle na bewering in ’n gesamentlike poging opgetree het met die doel om hulpbronne van Eskom te herlei.

Eskom het gevolglik minstens R3,8 miljard se verliese gely, het die kragvoorsiener in ʼn verklaring gesê.

Argieffoto: GCIS

“Die eis vir skadevergoeding hou verband met die verhaling van ongeveer R3,8 miljard se fondse wat onwettig van Eskom herlei is om die Gupta-familie en sy medewerkers te help om die bedrywighede van Optimum Coal Mine te verkry wat steenkool aan Eskom se Hendrina-kragstasie in Mpumalanga voorsien het.”

Luidens die verklaring hou ʼn verdere eis vir skadevergoeding verband met betalings wat onwettig deur Eskom- uitvoerende beamptes aan die konsultasiemaatskappy Trillian gemaak is.

“Al die voormalige bestuurders en bestuurslede van Eskom het nie hul fidusiêre pligte teenoor Eskom nagekom nie en het in ’n doelbewuste poging tot staatskaping saam met die Gupta-broers, Mosebenzi Zwane en Salim Aziz Essa opgetree om onwettig geld van Eskom af weg te lei.”

Zwane, voormalige minister van minerale bronne, Essa, ʼn vennoot van die Guptas, dr. Ben Ngubane, voormalige voorsitter van Eskom se direksie, Chwayita Mabude, voormalige direkteur van Eskom, en Mark Pamensky, ook ʼn voormalige direkteur, is die ander individue by wie Eskom geld eis.

Eskom het gesê hy behou die reg voor om nog individue en/of entiteite by die eis te voeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Moedeloos ·

Ek hoop regtig julle kry geld terug want ons as belastingbetalers kan nie meer vir ander korruptes instaan nie.

Kiepie ·

Ek het slegte nuus vir jou Moedeloos. Al wat hier gaan gebeur is daar gaan hofsake van nog Miljarde Rande aangegaan word en niemand gaan ooit ‘n sent terug betaal nie. En wie gaan vir die hofsake betaal? Ja, heeltemal reg, die belastingbetaler.

Wielspore ·

En so slaan die paw-paw die fan dat jy net pitte sien spat.

Wondermaarnet ·

En julle dink regtig julle gaan die geld terugkry? LOL wat ‘n gekke paradys bly julle nie in nie.

Rentia ·

Mooi so Eskom. Ons belasting betalers is leeg getap. Nou net nog iewers miljarde uitkrap vir SAA, en dan kom Eskom se miljarde en miljarde en miljarde… Of die boeties egter die eerste jet gaan klim om Eskom se tjek te kom gee betwyfel ek?

Johanncb ·

Kom ons laat voorlopig die invordering daar! Was die Guptas nie uitgelewer om in Suid-Afrikaanse howe te verskyn nie? Wat het daarvan geword?

marius ·

Lippetaal en leef in ‘n borrel is realiteit vir sommige .

piper ·

brian molefe gaan dalk nou rerig huil en die aangesitte huil wat hy op tv gehad het nie. van guptas dink kan hulle maar vergeet.

Gemaskerde Sopbeen ·

Dis vir my mooi. Dit gaan waarskynlik jare neem, maar dis ook reg so. Mag die verweerders slegte slaap, maagsere en angsversteurings beleef solank die saak duur

Isabella ·

Wonderlik nou begin di aksie nou sal geregtigheid geskied…jy kani wegkom mt bedrog almal mut nou weet hul korupsie gan hul inhaal en dt gan oop en bloot vr almal om te sien hoe is gesteel …di armes mut weet hoeveel huise en beter hul lewens omstandighede sou gewees ht as van daardi geld vr hul kom gegan ht

Veronika ·

Goed so!! Ek hoop van harte jul kry van die geld terug, al is dit nie als nie. Dis sommer twak, hierdie korrupsie en gestelery, laat daat spul dan sommer as voorbeeld dien vir die korrupsie pleegers.

Oom Hennie Pennie ·

Goeie begin, hoop hulle slaag en maak ‘n voorbeeld van die korruptes.

Magda ·

Gister op RSG gehoor van n paar name (Guptas ingesluit) maar niks van Zuma, seun, nie – Hoop hulle word ook geteiken om die geld terug te betaal – Hulle WAS die voorbokke met om mense soos die Guptas in Suid Afrika toe te laat – Daai skelm in die Vrystaat (die een wie se seuns nou die tenders gekry het vir PPE) van R6miljoen. hoop sy naam is ook op daai lys, ANC IS DIE MEES SKELM REGERING IN DIE WERELD – MAAR GOD SLAAP NIE EN KARMA O JA OU KARMA HY KOM HOOR – IS OPPAD WEES VERSKER.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.