Eskom: “Elektrisiteitskrisis nog nie verby”

EskomAlhoewel Suid-Afrika se elektrisiteitnetwerk gestabiliseer is, is die land se kragkrisis nog nie verby nie, het EWN Maandag berig.

Andrew Etzinger, ‘n woordvoerder van Eskom, het aan EWN gesê die netwerk sal vir die volgende twee jaar nog onder druk wees terwyl twee kragstasies opgerig word.

Eskom het ook aan EWN gesê die nat steenkoolvoorraad is besig om uit te droog en bedrywighede by kragstasies sal na verwagting vandeesweek na normaal terugkeer. Eskom doen egter steeds ʼn beroep op die publiek om elektrisiteit spaarsamig te gebruik. Lees meer hier.

Bron: EWN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peter Says ·

NIKS maar Niks, kan sonder doelgerigte beplaning werk nie, Nooit nie. Ons betaal bykans 100% meer vir krag en nog steeds is die 2 nuwe kragstasies in onbruik. Hoe verstaan n mens dit ???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.