Eskom ferm met munisipaliteite wat geld skuld

Argieffoto: GCIS

Argieffoto: GCIS

Twee van die 20 munisipaliteite wat Eskom miljarde rande skuld het tot Vrydag om ’n betalingsooreenkoms met die kragvoorsiener aan te gaan voor bykomende kragonderbrekings ingestel sal word.

“Ons het aangedui dat ons Vrydag die elektrisiteitstoevoer aan munisipaliteite wat Eskom geld skuld, sal onderbreek,” het Marion Hughes, Eskom se hoofbestuurder, tydens ’n konferensie oor die elektrisiteitskrisis in Johannesburg gesê. Volgens Hughes het 18 van die munisipaliteite reeds afbetalingsooreenkomste met Eskom aangegaan en word hulle vrygestel van verdere kragonderbrekings.

Hughes het gesê die twee munisipaliteite het aangedui dat hulle ooreenkomste sal onderteken en dat daar Vrydag ʼn verklaring oor die kwessie uitgereik sal word.

Eskom het verlede maand aangekondig dat munisipaliteite wat hom geld skuld, op weekdae van 06:00 tot 10:00 en 17:00 tot 21:00 en naweke van 07:00 tot 10:00 en 17:00 tot 20:00 kragonderbrekings sal ervaar. Meeste van die munisipaliteite wat Eskom geld skuld, is in die Vrystaat.

Die aankondiging het skerp kritiek ontlok van inwoners in die spesifieke munisipaliteite. In Maart vanjaar het die 20 munisipaliteite Eskom reeds meer as R3,68 miljard geskuld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Nico ·

Dit klink nou of Eskom die munisipaliteite gaan straf. Die persone wat gestraf word is die inwoners wat hulle rekeninge betaal het en nou in elkgeval nie krag gaan hê nie.

Peet Schabort ·

‘n Ideale geleentheid om van die middelman (munisipaliteit) ontslae te raak en direk by Eskom krag aan te koop. Natuurlik sal daar tandekry probleme wees aan die begin.

Ivan ·

Peet, ek stem met jou 100% saam. Ja dit sal n rukkie vat soos wat als maar sy tyd het, maar as dit eers gedoen is gaan die Kaders daar nie meer n groot rol speel nie. Privatiseer sommer ook Rommel verwydering ens:

Annika ·

Ja – en ons is een vandaardie munisipaliteite!! Hulle gee nie ‘n tiekie om vir diegene wat hulle rekeninge elke maand getrou betaal en pre-paid krag het nie. Nee – ALMAL word gestraf omdat die MUNISIPALITEIT nie hulle frieken werk doen nie!!!

Gerhard Bezuidenhout ·

Noem asb. die twee munisipaliteite by naam sodat ons weet wat aangaan . Ek vermoed dat Ngwathe een van hulle kan wees , maar indien julle kan , lig ons in sodat ons voorbereid kan wees.

Peet Schabort ·

Gerhard, ek praat onder korreksie maar dit is Parys en Standerton (voor die nuwe naamgewing wat ‘n klomp kleiner munisipaliteite bymekaar gegooi het en bygedra het tot die onmoontlike bestuur wat vandag aan die orde van die dag is.)

Remondo ·

Nou wil ek weet waar is die geld dan heen? munisipaliteite hef mos ook hulle stukkie by om n profeit te kan toon so waar is dit heen? ons subsidieer nog steeds wan betalers.. Laat ek twee dae laat wees dan kry en n finale aanmaning MET n boete .. woeps waps af is my krag.. in all fairness pay for what you recieve.

Jan ·

Hulle gebruik die geld vir hulle luuksheid sien dit by hul presiedent

Koos ·

As ons krag afgesny word moet ons n klag van diefstal teen die bestuur van die munisipaliteit indien

zahn ·

More Koos, baie goeie vraag, maar ons weet albei wat die antwoord gaan wees. Hulle het nie die elektrisiteit gesteel nie, net effens gedraai met die betaling, ens ens ens. Maar ja, op die keper beskou is dit ‘n goeie vraag, jy as inwoner het jou kant gebring. Wie word nou verantwoordelik gehou, en wie is die lydende party op die ou einde. Kan Maroela asb een van die regsgeleerde manne nader vir kommentaar? Dit sal nogal insiggewend wees.

Anri Combrink ·

Opebrief aan Eskom

Geagte CEO, Voorsitter, Hoofnesturende Amptenaar en almal by die kragreus

Ek is ‘n plaaslike inwoner van Heilbron, een van Ngwathe se diensdorpe.
Ons munisipaliteit, Ngwathe, skuld jul ‘n kwart-miljard Rand en ek verataan dat daar daadwerklik teen dié instelling opgetree moet word. Ek verstaan dat julle nie kan voortgaan om elektrisiteit aan die munisipaliteit te voorsien soos wat jul in die verlede het nie en daarom besef ek waarom jul ons kragvoorsiwning daagliks van 6:00 tot 10: en weer van 17:00 tot 21:00 gaan staak.
Hiee is egter wat ek nie verstaan nie:
Ek woon sedert 2009 in Heilbron. Van die dag wat ons in ons huis ingetrek het, maak ons van ‘n voorafbetaalde kragmeter in ons huis gebruik. Met ander woorde – ek koop eers die krag voordat ek dit kan gebruik. As dit op is, is my krag af en moet ek eers weer koop voordat ek kan gebruik – “prepaid”.
Nou moet ek ook deurloop en as “sondebok” gebrandmerk word omdat die munisipaliteit nie sy verpligtinge kon na kom nie.
Ek moet voortaan soggens en saans sonder elektrisiteit klaarkom omdat ek vir die laaste ses kaar Eskom nog nooit ‘n sent geskuld het nie.
ek dink nie dít is regverdig nie…

Oplossings? Aan die munisipale arogansie en wanbestuur kan ek niks doen nie. Ek het my kruisie tydens die laaste munisipale verkiesing getrek en ek kan jou verseker dit was nie agter die huidige amptenare se naam nie.
Maar kan ons nie dalk die moontlikheid ondersoek dat ons krag aanbly, maar ons voortaan direk by julleself krag koop nie? Nes ek die afgelope ses jaar gedoen het – ek sal eers betaal en dan gebruik?

Sterkte vir die pad wat voorlê. Ek hoop daar brand sommer vinnig ‘n liggie in ons almal se donker tonnels…

Bruno Stef ·

Eskom gaan baie betalende publiek benadeel maar dit is maar net stof opskop van hulle kant af MAW gooi n klip in die bos en kyk wat spring uit.Steek die hand in eie boesem en vertel ons as betalende publiek hoe gaan dit met die invordering wat direk aan Eskom betaal word in SOWETO die grootste van al die wanbetalers.

Peet Schabort ·

Bruno, indien ons direk aan Eskom betaal kan ons eis dat ons dieselfde as Soweto behandel word.

Bruno Stef ·

Peet ek gee jou gelyk dit kan n verbetering wees maar die dilemma uit n Eskom oogpunt is dat hulle alreeds in 1993 moes beslag gele het op die Elektriese infrasruktuur nadat die destydse Soweto Stadsraad nie kon betaal nie.Die gevolge van die handeling was dat hulle daarna die hele stelsel moes onderhou wat geweldige kostes meegebring het asook die wanbetalings wat hulle ook oorgeerf het.Ek dink nie Eskom het die kapitaal om nog so n paar stelsels te kan bestuur en te onderhou nie.

Peet Schabort ·

En Bruno jy weet ook waarvan jy praat. Nou is Eskom ook in regeringshande wat deel is van die probleem en natuurlik die geelwortel wat destyds uitgehang is van “free electricity/water” (al is dit net gedeeltelik) wat nagekom word. Nou kom ons uit by privatisering wat al uitweg is om wanbetaling uit te skakel asook onbekwame personeel. Dit natuurlik is té veel gevra.
Dus ploeter Eskom (en ons) maar voort.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.