Eskom gaan krag na streek in Noord-Kaap afsny

(Argieffoto: Mazhar Zandsalimi/Unsplash)

Eskom het die Khai Ma-plaaslike munisipaliteit in die Noord-Kaap kennis gegee dat hy kragtoevoer na dié munisipaliteit gaan afsny, omdat die munisipaliteit nie die betalingsvoorwaardes met Eskom nagekom het nie. Kragverbruikers in Pofadder, Aggeneys, Pella en Onseepkans gaan geraak word.

Eskom het die Khai Ma-munisipaliteit ingelig van sy voorneme om die kragtoevoer van 11 Februarie elke Maandag tot Sondag van 06:00 tot 20:00 af te sny. Eskom kan boonop ná sewe dae van 11 Februarie die kragtoevoer heeltemal afsny.

’n Kennisgewing is reeds verlede Dinsdag aan die munisipaliteit gerig dat die kragvoorsiener binne 14 dae die krag gaan afsny, tensy die munisipaliteit sy kragrekening vereffen of alternatiewe betaalooreenkomste met Eskom aangaan.

Volgens Eskom het hy begrip vir die ongerief wat dit veroorsaak vir verbruikers en inwoners van die dorpe en dat die onderbreking van kragtoevoer dienslewering nadeling kan beïnvloed. Die kragvoorsiener sal om dié rede elektrisiteitsvoorsieningsdienste op ʼn geskeduleerde patroon weerhou. Dit sal lede van die onderskeie gemeenskappe en verbruikers die geleentheid gee om alternatiewe reëlings vir die geskeduleerde periodes te tref.

Eskom raai kragverbruikers aan om die nodige voorsorgmaatreëls te tref om hul veiligheid te verseker en skade aan hul elektriese toerusting te beperk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Niné ·

Dit is hoog tyd dat dies wat wel hulle hulle rekening betaal, saam staan en die Munisipaliteite hof toe vat as hulle krag ook afgesny word!

henndrik ·

Kragvoorsiening moet van die munisipaliteite weggeneem word en direk deur Eskom voorsien word want die munisipaliteite wend nie die betalings reg aan nie nou moet onskuldiges ook gestraf word. tweedens moet die politieke party in beheer van die raad 50% aandadig gehou word in hulle persoonlike hoedanigheid en die ander 50% deur die burgemeester en raadslede in beheer van die probleem die ander 50% in persoonlike hoedanigheid. Ek reken as daar gevolge is vir swak werk wat aan jou sak raak sal jy dalk beter werk en dit sal die belastingbetaler ook help

Arno ·

Khai Ma-plaaslike munisipaliteit lewer nie elekrtisiteit aan Aggeneys nie, hulle krag sal aan bly. Ook diegene wat direk meters met Eskom het, sal ook nie geraak word nie.

Daniel Pieter Schoeman ·

Wie gaan die besighede wat hul rekeninge betaal se werkers betaal as daar nie n inkomste is vir die besigheid nie en die mense wat getrou hul geld elke maand vir Julle gee ag nee sies julle is n klomp aasvoels gaan sy die krag by die wat nie betaal nie .Dink daar is n grood gebied wat hul kan afsit en los wat nog nooit betaal het nie alles is mos vir n seker groep VERNIET

Mieke ·

Dis tyd dat die betalende gemeenskap sake oorneem. Hulle betaal getrou hulle rekeninge terwyl dié munisipaliteit met hulle swaar verdiende geld staan en rondmors. Die munisipaliteit het lankal bewys hy kan nie. En ek weet dat as ‘n private onderneming sou oorneem, gaan daar daadwerklik gewerk word en resultate gelewer word.

Jaco ·

iets maak nie sin nie: hierdie munisipaliteit word deur die ANC beheer en Eskom is ‘n staatsbeheerde besigheid wat eintlik dus ook maar onder die ANC se beheer is. So die ANC wil die ANC se krag afsny.
Iets maak regtig nie sin nie.

Sarel ·

Noord Kaap gaan reeds gebuk onder.droogte en ekonomiese probleme. Nou wil Eskom.ook nog bydra. Vat die regte Instansies aan en moet groter las op die, reeds voos, verbruiker plaas nie. Kla die Burgermeesters , Mun.Bestuurders en Finansiële Bestuurders aan. Maar nou ja die Regering sal dit nooit toelast nie

Sarel ·

Vraag aan DA en ander Opposissie partye. Hoekom word mense verantwoordelik vir swak bestuur en wzn besteding van Munisipale fondse nie vervolg nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.