Eskom gaan kragtariewe verder verhoog

                                                                                                 Foto: GCIS

Foto: GCIS

Eskom se kragtariewe gaan volgende jaar met meer as die 8%, wat reeds deur die nasionale energiereguleerder (Nersa) goedgekeur is, styg.

“Daar gaan ‘n tariefaanpassing wees vir 2015/2016. So daar gaan ‘n bykomende verhoging wees behalwe vir die 8% wat reeds goedgekeur is,” het Charles Hlebela, woordvoerder van Nersa, gesê.

Hlebela sê die presiese verhoging sal teen April 2015 vasgestel word. Nersa het vroeër aangekondig dat hy ’n regulatoriese aansuiweringsrekeningsbalans (RCA) van R7,8 miljard vir Eskom goedgekeur het.

Eskom het aanvanklik vir ‘n balans van R18,3 miljard aansoek gedoen.

Die RCA is ‘n regulatoriese meganisme wat Eskom toelaat om ‘n oor- of onderverhaling van inkomste aan te pas, aangesien die aanvanklike prysvasstellings gegrond is op vooruitskattings en aannames.

“Die goedgekeurde RCA balans is vir die tweede multi-jaar prysvasstelling tydperk van 2010 tot 2013 en sal in die 2015/16 finansiële jaar geïmplementeer word.”

Die reguleerder sal ‘n implementeringsplan opstel wat sal bepaal presies hoe Eskom die geld sal verhaal.

Eskom het ook vir ‘n kontantinspuiting van minstens R50 miljard aansoek gedoen om sy kontantvloeiprobleme op te los.

Eskom het Dinsdag in die parlement gesê hy het ‘n inkomstetekort van R225 miljard weens Nersa wat ‘n laer as verwagte tariefverhoging goedgekeur het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Max ·

Eskom het die afgelope paar jaar al meer as 10 BILJOEN rand afgeskryf aan skulde net vir Soweto alleenlik. Daar was verlede jaar deur n werknemer van Eskom n opname gedoen en voorgelê, van die krag wat deur fabrieke in Nelspruit gesteel word. Dit beloop meer as 40 miljoen rand per maand, ens. Hierdie is slegs 1 township en 1 dorp se syfers ..!! Hoeveel laat gaan hulle dwarsoor die land. Maar ons moet opdok daarvoor.

Peter Says ·

“Belaglik” wat doen hulle met die geld…”Ons Weet” Ek persoonlik, is van volgende jaar onafhanklik…Good Bye eksdom !!!

Henk ·

Nee, nou verstaan ek nie lekker nie. Eers kondig Eksdom ‘n multi miljard wins aan an dan kom vertel hulle ons hulle het ‘n inkomste tekort van R225 miljard? Dalk moet die ANC beheerde stadsrade die geld wat ons vir krag inbetaal en hulle so mildelik steel, aan Eksdom oorbetaal, dan het Eksdom en die ANC nie enigsins nodig om hierdie strooi stories voor te hou waarmee hulle ons integriteit en verstandelike vermoeens probeer domineer nie!

Estelle ·

PRIMUS, KERSE EN GAS HAARBORSEL hier kom ek!!!! Hulle wil bloed uit ‘n klip tap, wat ONMOONTLIK is!

Magzie ·

Dis belaglik. Ons is net 2 grootmense en 1 kleuter in die huis. Ons krag is so hoog dat ons nou net elke 2de dag kook. Ander dae eet ons net brood. Bad een aand was die ander en steeds bly ons rekening R3400+ per maand. Weet nie waar ons gaan eindig nie. Ons sukkel nou al om kop bo water te hou. Het boorgat water. So sal maar kragopwekker koop en boorgat water gebruik.

Peter Says ·

Magzie, kragopwekker baie duur, ek het die paadjie al geloop. Daar is egter baie goeie alternatiewe op die mark, en ook bekostigbaar, google so bietjie rond. Hoop julle kom reg.

Herman ·

Hier in Sasolburg het ons die probleem die Munisipaliteit lees nie die krag nie.
Hulle staak nou al meer as n maand ons lieflike dorp lyk soos n varkhok.en kiepies moet net betaal.
Eskom vra net verhogings en wat van die dag tariewe wat hulle byvoeg vir administrasie van R15.45 per dag, dan Netwerk toegang van R28.61 per dag dan nog “demand charges” van 5.710kwh @ R0.1741/kwh dan lo verantwoordelik kostes 5.710kwh @R0.0027.
Al die kostes dan moet jy nog jou verbruik betaal wat .6969 /kwh
Tel alles bymekaar en jy kry n aardige bedrag. Dit is wat n boer moet betaal in die Jacobsdal distrik. Maar tap wil hulle tap.

Babs ·

As ESKOM ophou om elke groot baas wat hulle aanstel pad op te laat hardloop met ‘n pakket van miljoene sal dit klaar beter gaan. Sny die krag wat gesteel word af in Khayelitsha en Soweto en daar is ‘n groot genoeg besparing.

Mike ·

Waarheen gaan daai verhogings? Word dit nie weer in herstelwerk en uitbreiding van die krag netwerk teruggeploeg nie? Hoekom moet ons boet vir die krag diefstal en kabel diefstal en kragstasie sabotasies?

Jakie ·

En nou is Eskom besig Om n R4 biljoen rand se “energy centre” Te nou . . . Waar kry julle Dan die geld Om dit te doen . . .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.