Eskom gaan tegnici in hernubare energie oplei

Daar sal in die toekoms ‘n toenemende vraag na kundigheid op die gebied van hernubare energie wees. (Argieffoto: Sol-Tech)

Die Suid-Afrikaanse Hernubare Energie-tegnologiesentrum (Saretec) sal Eskom oor die volgende drie jaar help om ʼn opleidingsentrum op die been te bring waar vakkundiges en tegnici in die hernubare energieveld opgelei kan word.

Die sentrum sal by Eskom se Komati-kragsentrale geleë wees en sal bestuur word deur Eskom se opleidingsakademie.

Die projek vorm deel van Eskom se billike energieoorgang-strategie wat gelyke klem plaas op die belang van ʼn oorgang na tegnologie met ʼn laer koolstofvoetspoor, maar met die vermoë om dit op ʼn billike manier te doen.

Eskom sê gegewe die versnelde internasionale skuif na belegging in ʼn skoner energiebronne, is daar ʼn behoefte in Suid-Afrika om ʼn werksmag op te lei wat kan baat by geleenthede wat hierdie oorgang skep.

“Die gevaar van werksverliese en oorbodigheid weens die oorgang, skep ook ʼn geleentheid om opleiding te verskaf en nuwe vaardighede vir nuwe bedrywe aan te leer,” sê Eskom.

Terwyl al hoe meer ekonomieë en huishoudings na groener en meer volhoubare energiebronne oorskakel, sal daar in die afsienbare toekoms ook ʼn toenemende vraag na spesialiste op die gebied van hernubare energie wees om stelsels te ontwerp, te installeer en in stand te hou.

Saretec is as ʼn inisiatief van die departement van hoër onderwys en opleiding se nasionale vaardigheidsfonds op die been gebring as die eerste nasionale hernubare energietegnologiesentrum. Dit word bestuur deur die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie.

Die sentrum versnel gespesialiseerde bedryfverwante en geakkrediteerde opleiding vir die hernubare energiebedryf wat kort kursusse en werkswinkels insluit.

Volgens Eskom het Saretec sedert sy ontstaan reeds aansienlik bygedra tot die nasionale vaardigheidspoel van vakmanne en tegnici, met ʼn spesifieke fokus op wind en krag.

Die kragvoorsiener sê die doelwit is nou om personeel van die Komati-kragsentrale, asook kwalifiserende begunstigdes van omliggende gemeenskappe in Mpumalanga, op te lei en bykomende vaardighede aan te leer sodat ʼn plaaslike vaardigheidsbasis geskep kan word om die onvermydelike oorgang na hernubare energie te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Anel ·

En hoeveel van ins kinders gaan kwalifiseer vir dit? Of is dit net bee?

Waarnemer ·

Rerig!Kry Rotek Engineering se vakmanne wie al jare Eskom se Turbines en stoomketels versien en maak gebruik van hulle en spaar sodoende geld en tyd om n spul onkundiges te probeer oplei.

Nie Verbaas ·

Hulle sal net vereiste om te kwalifiseer weer verlaag sodat sekeres kan slaag en dan net weer met dieselfde probleem sit.

Oosieoos ·

Goeie besluit regte rigting. Hoop net dit is nie weer useles Bee poste nie

Papsak ·

Ja hoop ons wittes kry ook kabs en dat alles nie net weer swart gaan wees nie asb dink aan wit ook ons ook nog deel van die land

Daniel ·

Sekere mense kan jy oplei tot jy blou raak maar daarna weet hulle nog niks

Mariana ·

Ek lees die kommentare en dieselfde vraag het ook eerste by my opgekom. Sal ons wit kinders ook daardie geleentheid kry of sal daar weer net vir swartes plek wees.

Nie Verbaas ·

Uhhh, BEE tegnici? Net een vraag, as hulle dit nie eers nou kan doen en volhou nie, wat is die kanse dat hulle in hernubare energie gaan regkom? Gaan hulle werk toe om net n salaries te verdien of te doen waarvoor hulle betaal word? Nog n mislukking in werking.

Nie Verbaas ·

Ja ons kan aan die huidige stand van sake sien hoe Saretec al bydrae gelewer het aan Eskom. Weereens, voor 1994 56 Gigawatt met 17000 mense. Huidiglik skaars 27 Gigawatt met 47000 hopeloses.

Antie Sarie ·

Hier kom n ding. Maar ek is mos maar net n conspiracy theorist

007 ·

Ons kinders sal verseker nie plek kry daar nie, daarom moet hulle privaat studeer en hulle eie ding doen. Hernubaar groen elektrisiteit is die enigste oplossing vir ons land. Die blanke kinders sal inelkgeval die afskeep goedkoop stelsels moet gaan vervang na ‘n jaar of so. Dan is hulle reeds opgelei.

Wondermaarnet ·

Hoop korrupsie gaan nie ook kop uitsteek met opleiding nie en wie, as ek mag vra, gaan die opleiding verskaf? Hopelik iemand bevoegd!

Harley Davidson ·

Skrap Seb dan weet ek daar is n ernstige poging om te verbeter.

David ·

Die bedoeling met hernubare energie is goed, maar nie baie hernubare bronne is betroubaar genoeg om, op hul eie, ‘n netwerk suksesvol te bedryf nie. Die uitsondering is Geotermiese- en Hidro-elektrisiteit, waar mens goeie reenval dwarsdeur die jaar het, anders is Hidro seisoenaal. SA het nie goeie geotermiese bronne nie.

Op ‘n manier moet daar betroubare “base load” voorsien word en ons het net steenkool-, ‘n bietjie kernkrag en nog minder Hidro-elektrisiteit (wanneer die Oranje rivier vol is)

Die oomblik wat mens elektrisiteit begin stoor, verhoog die koste met meer as dubbeld. Goed en wel om groen energie na te jaag, maar wie kan >R4/kWh vir elektrisiteit bekostig?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.