Eskom gaan voort met beurtkrag

Foto: Reint Dykema

Eskom sal Saterdag weer beurtkrag toepas weens ʼn kapasiteitstekort.

Die kragvoorsiener het Vrydag tot 23:00 fase 2-beurtkrag toegepas waarna dit na fase 1-beurtkrag beweeg het tot Saterdag om 9:00. Van Saterdag om 9:00 sal fase 2-beurtkrag weer toegepas word tot Saterdag om 23:00.

Kry jou beurtkragskedule

Indien Eskom jou elektrisiteit verskaf, kan jy jou beurtkragskedule kry deur www.loadshedding.eskom.co.za te besoek of 08600 37566 te skakel.

Indien ʼn munisipaliteit jou elektrisiteit voorsien, kan jy die volgende webtuistes besoek of inbelsentrums skakel.

City Power (Johannesburg): www.citypower.co.za of 086 056 2874

Ekurhuleni (Oos-Rand, Gauteng): www.ekurhuleni.gov.za of 086 054 3000

Tshwane Metro (Pretoria): www.tshwane.gov.za of 012 358 9999

eThekwini (Durban en omliggend): www.durban.gov.za of 080 131 3111

Stad Kaapstad: www.capetown.gov.za of 086 010 3089

Nelson Mandelabaai: www.nelsonmandelabay.gov.za of 041 506 5555

Polokwane (Limpopo): www.polokwane.gov.za of 015 290 2490

eMalahleni (Witbank en omliggend): www.emalahleni.gov.za of 013 690 6911

Umhlathuze: www.umhlathuze.gov.za of 080 022 2827

Indien ʼn kragonderbreking nie met beurtkrag verband hou nie, moet jy die probleem by jou betrokke munisipaliteit aanmeld sodat hul tegniese spanne ondersoek kan instel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Jannie ·

Beurtkrag gaan nóóit ophou nie. Die vruggebruik van die infrastrukture wat geskep is deur die kolonialiste is klaar.

John ·

Al is alle krag af tot by die verkiesing in 2024 sal die ANC steeds deur sy droomverlore, hopende, gebreinspoelde kiesers ondersteun word. Die ANC sal aanhoudend stories fabriseer as rede… maar nooit ooit die waarheid nie… selfs flitse uitdeel om by die afgrond se rand uit te kom en die mense sal in toue staan vir ‘n gratis val… Viva ANC, viva….

HPV ·

Dit sal tydelik staak indien hulle die reddingsboei ontvang het en hulle hul prestasie bonusse afgeskil het daarvan.

Steven ·

Iemand en ons weet wie, gaan betaal vir alle skade by Eskom, asook die diesel rekening van die afgelope tyd. Sogenaamde onvoorsiene uitgawes. Niemand, ons weet wie gaan niks doen nie, en heelaas almal by Eskom gaan bonusse kry.

Antie ·

Hulle kry vet bonusse vir alles wat hulle opgepok het en ons moet die verhogings betaal

Ellisras ·

Liewe Anti Mona. Nou wie is hulle. Ons moet dit uitklaar. En wie is ons. Dit is die vraag. ONS President het gesê dit is ONS almal se skuld. Ek probeer nog uitvind wat ek verkeerd gedoen het. Maar my verskoning by voorbaad

George in Bloem ·

Gaaaaaap……onbevoeg……gaaaaaaaap…….korrup……gaaaaap…..

Marinda ·

Ja Jannie, maar hulle sal dit nie erken nie, laat hulle voel. Alles word mos af gebrand, verwoes en, en, en.

Ons was gister heeldag sonder krag en dit het absoluut niks met beurtkrag te doen gehad nie. Hie verklaar hulle dit? Ek vra maar net.

Gemaskerde Sopbeen ·

Eskom gaan beurtkrag toepas weens ‘n kapasiteitstekort….en ek gaan minder belasting betaal vir dieselfde rede….

Elsa ·

Dis soooo grap…geen rooster of fase mask regtig saak nie…ons het gister 4 en half ure beurtktag gehad op fase 2 en vanoggend weer 4 ure op fase 1! So wat is die verskil? Baie ander mense wat ek mee praat kry amper nooit meer as 2 ure op n slag nie!

willem Botha ·

Die krag situasie moet uitgesorteer word alternatief gaan ons anargie sien soos nog nooit tevore nie,stel jou voor n totale”blackout” die winkels sal geplunder word en die “polisie”sal tien teen een saam plunder ,hoeveel nie bederfbare kos word in n sa huishouding gestoor,genoeg vir n paar dae wat gebeur daarna?

Bekkie ·

Wel, Ek moes inkopies in meer as een winkel met my foon se “flash light” doen. Die ergste is, almal pas aan, asof dit “normaal” is. Dit is nie!

Koos de Meyer. ·

Hulle wil hê ons moet ons krag opwekkers registreer. Dit klink vir my meer na soialisme as demokrasie. Om terug te kom Newcastle in Natal weet nie wat beurtkrag is nie, ons het familie daar. Nou hoe nou.

GM ·

Elsa, ons s’n is ook 4.5 ure op ‘n slag, elke 2 de dag sommer 2 keer ‘n dag – ongeag of dit fase 1 of 4 is. Maar Soweto se skedule wys dat hul 2 ure op ‘n slag geloadshed word AS hul geloadshed word. Hul tye is ook meer gerieflik uitgewerk. Hul kan klaarmaak vir werk in die oggende en kosmaak in die aande met die ligte aan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.