Eskom gaan voort om krag af te sny

Foto: Reint Dykema

Foto: Reint Dykema

Eskom het gesê hy sal voortgaan om die kragtoevoer na munisipaliteite wat die kragvoorsiener geld skuld af te sny tensy daar reëlings getref word om die skuld te vereffen.

“Eskom is in ʼn unieke en netelige posisie, vasgevang tussen ʼn verslegtende finansiële posisie en moontlike nienakoming van die Wet op die Bestuur van Openbare Finansies. Toepaslike wetgewing en standaarde dwing ons om agterstallige skuld in te vorder en versuim om dit te doen hou ernstige gevolge in vir die kragvoorsiener,” het Eskom se tussentydse uitvoerende hoof, Matshela Koko, in ʼn verklaring gesê.

“Dit is ʼn pynlike besluit vir Eskom om te neem, maar ons troos onsself daaraan dat ons geen moeite ontsien het om die geld in te vorder nie.” Volgens Koko maak die bepalings van die Wet op Elektrisiteitsregulering en die ooreenkomste met die munisipaliteite voorsiening vir Eskom om elektrisiteitstoevoer in geheel af te sny.

Koko het gesê Eskom het egter besluit om die elektrisiteitstoevoer slegs Maandae tot Vrydae tussen 06:00 en 08:00 en 17:00 en 19:30 af te sny en op Saterdae en Sondae van 8:30 tot 11:00 en 15:00 en 17:30.

“Munisipaliteite dra byna 42% by van Eskom se totale verkope en jaarliks byna 41% van Eskom se inkomste. Die nie-betaling van rekeninge het ʼn beduidende impak op Eskom se kontantvloei. As Eskom nie sy skuld kan insamel nie, is dit in wese die doodsklok vir Eskom, wat ʼn vernietigende impak op die land se ekonomie sal hê,” het Koko gesê.

Die hooggeregshof in Pretoria het vroeër vandeesmaand beslis dat Eskom die kragtoevoer na munisipaliteite wat hom geld skuld mag afsny.

Die dorpe wat geraak word is:

Vrystaat: Reitz, Petrus Steyn, Lindley, Bothaville, Kgotsong, Wesselsbron, Boshof, Dealesville, Hertzogville, Seretse, Bethlehem, Fouriesburg, Rosendal, Paul Roux, Fateng-Tse-Ntsho, Panorama, Groenvoerlande, Theunissen, Brandfort, Winburg, Verkeerdevlei, Excelsior, Ladybrand, Tweespruit, en Dawiesville – van 16 Januarie.

Noord-Kaap: Victoria-Wes, Richmond, Van der Kloof, Petrusville en Phillipstown – van 18 Januarie.

Noordwes: Ventersdorp, Tshing, Appeldraai, Buffelsvlei, Boikhutso, Toevlug, Doornkop, Schweizer-Reneke, Vryburg en Stella – van 16 Januarie. Bloemhof, Christiana, Wolmaransstad, Britstown, Letlhabile, Oukasie, Damonsville, Elandsrand, Priminidia, Koster en Swartruggens – van 18 Januarie.

Mpumalanga: eMalahleni, Piet Retief, Amsterdam, Mbombela, Standerton, Ermelo en Carolina – van 23 Januarie.

Oos-Kaap: Aliwal-Noord en Steynsburg – van 17 Januarie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Ben ·

Daar word wyd en syd in Nelspruit (sogenaamde Mbombela) bespiegel of dit wel gaan gebeur. Die plaaslike koerantjie wissel by die uur met ja/nee stories. Dit is ‘n skande dat Eskom dit toelaat om so vêr te vorder in die skuld in en wanneer hulle nou goed in ‘n hoekie ingeverf word, is dit die bewoners (wat donkiejare elke maand betaal) wat die spit moet afbyt? Elkeen by die munisipaliteit ry met ‘n blink motor en die stoele word warm gehou, maar die burgers wat vir ‘n diens betaal word konstant geboelie met verhogings en someer. Wat word daar gedoen met die miljoene wat inkom? Die “nuwe regime” het nou al 23-jaar geoefen hoe om te regeer, maar hulle kan steeds klaarblyklik nie. Sny ons krag af en die keer moet julle kyk wat doen ons bleeksiele ter uitlating van ons frustrasies!

Cherokee ·

So watter *realistiese* alternatief stel jy voor? Moet nie net kla sonder om ‘n alternatief te stel nie. Uiters interessant dat geen KZN-munisipaliteit gelys is nie.

Siestog de Jager ·

Hier op Piet Retief ry die dapper helde ook rond in blink karre. Het nou die dag mense wat PREPAID kragmeters het, se krag afgesny. Waar die sg agtergeblewenes bly, word niks gedoen aan onwettige konneksies nie, en net ‘sekere’ besighede se krag afgesny. Maar elke verkiesing word onbevoegde mense weer ingestem om nog verder aan te jaag!

Kobus ·

Dieselfde hier in Vryburg…ons in die sogenaamde (wit en anderkleuriges)”wit woonbuurt” het vooraf betaalde meters…Huhudi…kry sy krag direk van Eskom…Collrigde het n moewiese toi toi op gesit toe dit hul beurt was om meters te kry….ja en nou moet ons daaronder lei wat elke keer ons krag koop soos benodig…want hul het hul sin gekry…steel en onwettige koppelings word niks aan gedoen….my redenasie is…as ek my krag gekoop het…skuld die munisipaliteit MY…nog kan dienste nie gelewer word…al sit hul in hul leerstoele met MY geld….net na die hof uitspraak…hardloop die raadslede en Burgemeester die strate vol om die deposito van R33 miljoen bymekaar te probeer maak by eienaars wat agterstallig is met dienstegelde,water en erf be lasting….kon net oor die R7 miljoen bymekaar kry….van selfsug,vermorsing van geld,spookwerkers en buitensporige salarisse….MOET ONS ALMAL VAN VRYBURG JUL BEDANK….want Donderdagaand se vergadering met die inwoners is enkele ure voor aanvang afgestel…

jan ·

ek wonder nou net of die krag so galant afgesny gaan word na zimbabwe wat ook nie betaal nie? wat reg is is reg. Ek het op verskeie geleenthede gesien waar beurtkrag toegepas is waar net die blanke gebiede se krag gesny word maar die lokasies se krag word gelos. is dit dalk omdat die wittes nie toyi toyi en geboue afbrand nie of omdat wit nie hulle krag so getrou betaal soos die lokasies nie? wonder maar net

Johann cb ·

Ek sien Eskom en die inwoners se standpunte in, maar ons moet besef dat wanbetaling die hele land weer in donkerte kan hul…so praat met die plaaslike Munisipaliteite om die probleem op te los! Dan hoef niemand swaar te kry nie…

elmien ·

Maar hulle gaan mos nou minder werk ek hoop hulle salarisse word ook gesny.

Kobus ·

Eskom sny die krag toevoer na Munisipalieite op vasgestelde tye af…OF JY N GETROUE BETALER IS, VOORAF BETAALDE METER HET ,GLAD NIE BETAAL OF REELINGS MET MUNISIPALITEIT HET…geen krag daardie tye….

Jan Nel ·

Die afsnyperiodes val dan glad nie binne munispale kantoorure nie? Dus raak dit glad nie munispaliteite nie, maar slegs die inwoners.

Kobus 4e ·

Dit is die tye wanneer die mense kos maak (ontbyt en aand ete) en werk toe en terug ry. Geen verkeersligte, hoop daar is puntbeheer aan diens daardie tye.
Sondae is daar baie kerk dienste aan daardie tyd.

Magda ·

Ek kry daai dorpe baie jammer, want meeste betaal hul rek en moet ook nou daar onder lei. Dan is dit die tyd wat die mense reg maak om werk toe te gaan en in die aand wanneer almal besig is om kos te maak.
Maak dit deur die dag wanneer dit maar die besighede en staatsinstellings raak. Die meeste besighede het generator nou so dit gaan nie soveel pla nie.

Quinten ·

Hier kom groot hofsake teen munisipaliteite .dit onwettig om betaler se krag af te sit.die betalers gaan soveel eis teem swak munisipaliteite dat bates gevat gaan word om kostes te dek.die betaler kry net nie reg om die hof te oortuig om sy krag te plaas direk betaling na eskom.hof redineer werkskepping sal verlore gaan plus duisende wat ni betaal ni sal ni krag he nie.eskom moet die munisipaliteite dagvaar en nie die verbruiker straf vir clowns wat nie eerlik of kan bestuur nie

jaco ·

eskom behoort aan die Staat en die Staat word deur die ANC beheer. Omtrent al hierdie munisipaliteite wat nie vir eskom betaal nie, word ook deur die ANC beheer. so die ANC gaan die ANC se krag afsny. Dit maak nie sin nie. of mis ek iets iewers?

Jan maak n Plan ·

Kom ek hoop MM plaas hierdie keer my berig. Jaco, onthou inwoners betaal elke maand hulle krag of die munisipaliteite sny dit summier af. Swart woongebiede koop direk by Escom. Munisipaliteite se krag word gesny en nie swart woongebiede sin nie. Dis maar net nog n manier om die mense te straf omdat daar nie laasjaar vir die ANC gestem is nie

jaco ·

die ANC raadslede wat al n hele paar jaar op die rade dien, bly nie almal meer in die oorwegend swart woonbuurte nie. En as die hele dorp se krag afgesny word, dan is die munisipale raadskantore wat in die middedorp is (die ou “wit” deel) ook afgesny. So dan is dit steeds die ANC wat die ANC se krag afsny. Ek verstaan dit nog steeds nie.

ken benoni ·

Sny die munisipalekantore se krag, burgermeestershuis, raadslede en amptenare se krag, dan sal die prentjie verander. Indien hulle nie krag het nie sal hulle gou besef hulle moet vingertrek. Die onbevoegdes sal vinnig leer hoe moet inkomste vir dienste gelewer oorbrtaal word.
Waarom kan Eskom nie maar self die diens direk aan die verbruikers lewer nie?

Carl ·

Die antwoord is in jou laasste opmerking/ vraag. Eskom moet direk aan verbruikers verskaf veral aan “pre-paid” verbruikers.

Ontsteld ·

Wat gaas Eskom bereik om die krag af te sit? Dit gaan beslis nie maak dat hulle, hulle geld kry nie, ja sure daar gaan een of ander belaglike betalingsooreenkoms aangegaan word,maar wat is die kans dat hulle die geld gaan kry.

Dagvaar die munisipaliteite, neem vonnis en neem dan uiteindelik beslag op munisipale besittings om te verkoop om die skuld te delg. Daar staan `n hele paar rand se voertuie waarop beag gele kan word.

Barrie Vermeulen ·

Hou op ween, dit sal die saak nie verbeter nie. Begin om AKTIEF betrokke te raak by volksaksies. Berei jouself voor om selfonderhoudend te wees. Die Voortrekkers het nie ‘n Pic en Pay gehad nie.

jaco ·

dis maklik om net te praat van “berei jouself voor om selfonderhoudend te wees”. Dit kos duur. Sommer BAIE duur. Sonkragpanele, diesel-kragopwekker, solar geyser: net die heel rykes kan dit bekostig. En as jy eers al daardie goed op en langs jou huis het, word dit oornag afgesteel.

annoniem ·

Munisipaliteite vorder deesdae net geld in vir hul party,burgemeester,bestuurders,ens om te spandeer en ignoreer hul pligte soos dienslewering,oorbetaling aan verskaffers ens. Hoe werk hul verstand as hul ooit verstandig is. 1)Alle inbetalings word geein as hul inkomste vir duur motors,kentucky/hamburgers/coke/drank,ens. 2) Dienste wat verskaf word aan munisipaliteite moet gratis wees want dis hul beleid om agterstallige rekenings in mandjie 13 te file,wie worry nou die verbruiker sorg mos vir munisipaliteit vir luxuries.Munisipaliteite,eskom,poskantore/telkom,ens moet privaat bestuur word en nie deur korupte regering nie eers dan sal dinge regkom

m ·

Gratis krag word aan Zimbabwe voorsien ma nou Wil hulle ons mense sê krag afsny. Party mense is so arm en Kan regtig nie betaal. Charity starts at home..

Namibier ·

Julle sal julself dood redeneer.Die betalers moet hul geld in n trust betaal en as Eskom geld eis betaal dan direk oor aan Eskom.Gee besonderhede van elke betaler.As jou krag dan afgeskakel word het jy n saak.Hou dus jul geld uit die diewe se hande.Julle sal ook agterkom dat die mooi karre teruggegee moet.Kry die fat cats terug op donkiekarre en pondokke sonder krag.

Johann ·

Net jammerlik dat ons mense wie direk by eskom krag koop ook gestraf word aangesien ons en die minusiepaleteit op die selfde krag toevoer lyne is, WAT NOU

vermeende ·

Hoekom is Soweto se naam nie op die lys nie ook nie Parys nie.

As hulle gaan afsit begin by Soweto.

Brie-brie ·

Privatiseer eskom en sny die munsipaliteit uit. Betaal direk aan eskom.

Boertjie ·

Hierdie gaan getroue, wetsgehoorsame landsburgers (SA se hartklop) in opstand laat kom. En dis ‘n goeie ding.

ANC magsbasis in KZN kry wel geen loadshedding nie?

Hierdie is groot geleentheid vir Afriforum om beheer oor vrot bestuurde dorpe te kry…. mits die volk op ‘n stadium begin DA stem.

wickus ·

gauteng op datum …ongelooflik dink iemand anders moet die somme oordoen

jaco ·

ek wens die ANC wil nou finaal klaarmaak met hulle Nasionale Demokratiese Rewolusie wat al amper 23 jaar aan die gang is. Doen die rewolusie asseblief tog net reg, soos in Oos-Duitsland en die USSR en Tsjeggo-Slowakye: daar was nooit beurtkrag nie, daar was nie stakings nie, daar was nie plakkerskampe nie, daar was nie swak gesondheidsdienste nie, daar was nie regstellende aksie nie, daar was nie 30% werkloosheid nie. Die Christene is wel vervolg (nie te erg in Pole, Oos-Duitsland en Hongarye nie), maar dis n bitter klein prys om te betaal in ruil vir n samelewing wat andersins heel goed gewerk het.

Karools ·

Jaco, ek stem saam met jou. Staat sny staat se krag? waar gaan ons heen?

Ek sê weer…. as STAAT al die STAATSINSTELLINGS se kragrekeninge op datum bring, gaan ons nie meer met ‘n probleem sit nie. Dit is die SAP kantore, skole, koshuise, poskantore, ens. wie se krag met miljarde rande agterstallig is!!!! Die munisipaliteite kry dit nie van die STAAT verhaal nie! Die fat cats sondebokke is eintlik die STAAT WAT STAAT SE KRAG AFSNY…….

Freud ·

Die een ding wat ooglopend uitstaan hier is dat nie een van die dorpe in die Wes Kaap se DA beheerde munisipaliteite op die lys verskyn nie.

Chris Ws ·

Nou wonder ek wat gaan met eskom verbruikers gebeur wat direk aan eskom betaal,dis nou plaasboere maw,maar wie in die dorpe se gebiede woon wat deur eskom genoem word?Ons krag op die plaas word gereeld onderbreek al is on rekening by eskom vooruit betaal nou hoe nou?Ek gaan van eskom krag ontslae raak so gou ek kan.

Michelle ·

Ons moes ek krag elke maand by ons munisipaliteit betaal , anders is ons krag afgensy (Koster) . Maar die munisipaliteit het nie ‘ons geld’ oorbetaal aan eskom nie , maar nou word ons gestraf ! Ons mag nie direk krag van eskom af kry nie , maar die lokasie reg langs die dorp kan krag direk by eskom . Ons sukkel dag en nag met ons krag wat elke 2de minuut af is , en dan vat dit ure om weer herstel te word. Maar die lokasie het nooit krag onderbreukings nie ! Maar ons wat wel betaal , sukkel voort dag vir dag .

Anna kePanna ·

Ag, aarde…
Ek het ‘n voorafbetaalde kragmeter in my huis. Met ander woorde ek betaal eers my R1000 se krag voordat ek dit kan gebruik. Wanneer my metertjie leegloop, skakel hy af en moet ek eers weer vir elektrisiteit betaal voordat ek dit kan gebruik.
So hier word EK nou gestraf omdat ek nog nooit ‘n eenheid elektrisiteit gebruik het sonder dat ek éérs daarvoor betaal het nie.
Dankie, Munisipaliteit, vir jul geldgierigheid, onbevoegdheid en ongeskiktheid. Julle is ‘n pyn in die gat!
(En só van “gat” gepraat: die wildemakoue swem al in die slaggat voor my huis. Kom “fix” hom sommer ook!)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.