Eskom het Woensdagaand gesê hy moes ruim van sy noodvoorraad gebruik om beurtkrag te verhoed.
Luidens die kragvoorsiener bly die stelsel beperk, maar die risiko vir beurtkrag Donderdag is danksy dié ingryping laag.
“Ons oopsiklus-gasturbines, wat diesel gebruik om elektrisiteit op te wek, sal gebruik word om die watervlakke by ons pompopgaarskemas weer aan te vul wat gister (Woensdag) op volspoed gewerk het. Dit word gedoen om te verseker dat daar voldoende aanvullende kapasiteit is om vandag (Donderdag) aan die vraag na elektrisiteit te voldoen,” het Eskom gesê.
Onbeplande onderbrekings het omstreeks 19:00 op 13 580 MW gestaan.
Eskom doen ’n beroep op gebruikers om elektrisiteit spaarsamig te gebruik.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
33 Kommentare
Word mamma se goue halssnoer nou al weer ingespan as ketting vir die Eskom-bicycle?
Wat gebeur nou as die turbines breek geen krag veral as dit ruim gebruik word hulle word net soos die kragstasies nie onderhou nie en hulle word lankal gebruik om krag op te wek so ons word nie verniet gewaarsku nie
Snêrt!!!!!!!!!!
Hierdie is ‘n absolute “kom ons begin SA voorberei”…..it is coming again!
Volgende gaan hulle sê ons moet wind spaarsamig gebruik by die windterbunes