Eskom gee goeie nuus oor beurtkrag

(Argieffoto: Johannes Plenio/pixabay)

Eskom het Donderdag vier kragopwekkingseenhede aangeskakel wat druk op die stelsel verlig. Die kragvoorsiener het gesê dié kragopwekkingseenhede verskaf meer as 1 500 MW aan die stelsel.

Beurtkrag word dus vanaf 22:00 Donderdagaand opgeskort. Daar word ook nie enige beurtkrag vir die res van die week verwag nie.

“Sedert 10 Julie het ons meer as 3 500 MW se kragopwekkingskapasiteit teruggevoeg op die stelsel,” het Eskom in ʼn verklaring gesê. Die beskikbare kapasiteit staan nou op meer as 34 000 MW, die hoogste tot dusver vanjaar.

“Ons kon ook ons noodreserwes aanvul, wat noodsaaklik is om die nasionale netwerk te beskerm teen die moontlikheid dat verskeie eenhede kragonderbrekings ervaar.”

Eskom maan steeds die publiek om die gebruik van verwarmers, geysers en ander toestelle te beperk omdat die stelsel steeds onvoorspelbaar en onbetroubaar is.

“Ons bedank Suid-Afrika vir hul bystand om die aanvraag te bestuur tydens baie koue weerstoestande hierdie afgelope week.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jaco ·

Die beskikbare kapasiteit staan NOU op meer as 34 000 MW, die hoogste tot dusver vanjaar….? Uhm, nou hoekom hou dit dan nog tot vannaand 10h toe aan Eksdom???

Die Wolf ·

Verwag julle nou n klop op die skouer. Vertel ons asb wat die klomp Duitsers ons gaan kos? Waar is die kundiges wat sonder werk sit in die land? Klink vir my dat de Ruyter maar nog net n marionet is wat skep.

KB ·

Hoekom weer mense invoer? Wat is verkeerd met die goeie betroubare afgedankte Suid-Afrikaners wat voorheen daar gewerk het?!

KB ·

Die effek van die “wonderlike nuus” van ESKOM is “vir die res van die week”. Dus net EEN dag, nl.Vrydag, 17 Julie 2020.
En die mense dink dis goeie nuus?!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.