Die kragvoorsiener het gesê hy het vir eers sy planne laat vaar om kragonderbrekings vir die twee Vrystaatse munisipaliteite in te stel. Eskom het aanvanklik gesê dat die munisipaliteite van 5 Junie kragonderbrekings sal ervaar indien hulle nie teen daardie datum betalingsooreenkomste aangegaan het nie.
“Die twee munisipaliteite is in ʼn regsproses weens die wanbetaling en hulle sake sal binne die grense van daardie proses hanteer word,” het Eskom gesê. Volgens die kragvoorsiener skuld 20 munisipaliteite hom miljarde rande en het 18 van die munisipaliteite betalingsooreenkomste aangegaan.
Eskom het verlede maand aangekondig dat munisipaliteite wat hom geld skuld op weeksdae van 06:00 tot 10:00 en 17:00 tot 21:00 en naweke van 07:00 tot 10:00 en 17:00 tot 20:00 kragonderbrekings sal ervaar. Die meeste van die munisipaliteite wat Eskom geld skuld, is in die Vrystaat.
Die aankondiging het skerp kritiek ontlok van inwoners in die woongebiede van die spesifieke munisipaliteite. In Maart vanjaar het die 20 munisipaliteite Eskom reeds meer as R3,68 miljard geskuld.
Nou gaan van die ander 18 munisipaliteite wéér in wanbetaling verval ? Ek het gedink dat dit maar net groot lawaai weinig wol is.
Wat ‘n jammerte dat diegene wat wel betaal in die spervuur kom met munisipaliteite wat daardie geld misbruik. Eintlik is die woord ‘steel’ meer van toepassing.
Die Ngwathe munisipaliteit is een van die sondebokke . G”n wonder nie want die munisipale werkers le onder bome in die koelte en rus en die spul in die kantore staan en gesels en stuur sommige maande nie eers rekenings uit nie en kragdiefstal deur onwettige konneksies vier hoogty. Die oplossing vir die probleem is dat kragvoorsiening geprivatiseer moet word en dat ons nie meer deur die munisipaliteit hoef krag te koop nie.