Eskom het bevestig geen beurtkrag sal op 9 Desember geïmplementeer word nie.
“Ons het voldoende reserwevlakke en sommige van ons kragopwekkingseenhede is weer aangeskakel,” het die kragvoorsiener in ʼn verklaring gesê. “Die stelsel bly onder druk en die moontlikheid van beurtkrag kan nie uitgesluit word indien die situasie vererger nie.”
Die kragvoorsiener doen ʼn beroep op verbruikers om elektrisiteit steeds spaarsamig te gebruik en nie-noodsaaklike toestelle af te skakel.
Ek glo julle nie meer nie.
Sedert 12:00 is Graskoo, Sabie en Pelgrimsrus sonder krag. Ek is seker die “kragonderbreking agv n donderstorm in Lydenburg” sal 14:00 oogelos wees. Iemand kon nie die memo lees nie.
Nog geen krag gehad die hele dag nie. Rand Water pompstasies óók probleme met elektrisiteit.
Myth Busted.
Wragtig, is dit nou al ‘n prestasie om 1 let wel 1 dag krag te hê?
Het iemand steenkool aan Eskom geskenk?