Eskom: ‘Geen beurtkrag verwag nie’

Foto: Reint Dykema

Foto: Reint Dykema

Eskom het gesê hy verwag nie dat daar Woensdagaand die noodsaaklikheid sal wees om beurtkrag toe te pas nie, maar dat die kragnetwerk steeds onder druk is.

“Ons voorsien nie die noodsaaklikheid om vanaand [Woensdag] beurtkrag te implementeer nie, maar die stelsel bly onder druk,” het Eskom gesê.

Beeld het Woensdag berig dat Tshediso Matona, uitvoerende hoof van Eskom, aan geskokte sakeleiers gesê het die kragvoorsiener bid dat die infrastruktuur nie in duie sal stort nie. “Dit kan tot ʼn algehele netwerk-ineenstorting lei,” het hy glo gesê.

Beeld het berig dat Matona volgens Christo van der Rheede, uitvoerende hoof van die Afrikaanse Handelsinstituut (AHI), gesê het die land is op die rand van ’n algehele ineenstorting van die kragnetwerk.

Die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid (Sacci) het vroeër ʼn beroep op sy lede gedoen om voorleggings in te dien oor hoe om die voortslepende kragonderbrekings te oorleef.

“Die potensiële impak wat beurtkrag op besighede, sakevertroue en verbruikers sal hê is onskatbaar,” het Vusi Khumalo, president van Sacci, in ‘n verklaring gesê. Hy het gesê Sacci is ernstig bekommerd oor die “haglike situasie” waarin Eskom homself bevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Drieks ·

En wat se salaris kry Tshedisa Matona wat SA tot ” ineenstorting” kan bring. ???
ANC word wakker, jul byt kom van jul eie honde….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.