Eskom gekap tydens verhore oor tariefverhoging

Argieffoto

Die Suider-Afrikaanse Geloofsgemeenskappe se Omgewingsinstituut (Safcei) meen Eskom speel nie oop kaarte oor die koste ten einde sy vertroue op steenkoolkragaanlegte voort te sit nie.

Safcei se Liz McDaid het Maandag tydens ʼn openbare sitting van die nasionale energiereguleerder (Nersa) oor Eskom se jongste tariefaansoeke gesê sy glo die kragreus speel nie oop kaarte oor die koste van die opwekking van steenkoolgebaseerde krag nie, deur nie alle kostefaktore betrokke by sy aanlegte te verklaar nie in sy motivering vir ’n jaarlikse prysverhoging van 15%. In teenstelling hiermee word alle koste wat verband hou met hernubare energie op die tafel gelê.

McDaid het gesê te midde van kommer dat die kragreus kan misluk, met rampspoedige gevolge vir die ekonomie, moet daarop gelet word dat Eskom alreeds die meeste Suid-Afrikaners in die steek gelaat het. “Ek weet van huishoudings waar die stoof nou ʼn ornament is.”

Volgens McDaid sal dit oneerlik wees om Suid-Afrikaners te vra om verdere opofferings te maak om Eskom te laat voortgaan op die huidige manier op grond daarvan dat die korrupte bestuur vervang is en dit die maatskappy se ellende sal oplos. Sy het in stede daarvan versoek dat Eskom se bedrywighede heroorweeg moet word en gesê dat steenkoolaanlegte gesluit moet word en met ‘n netwerk van kleiner hernieubare kragaanlegte vervang moet word.

Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) het tydens sy voorlegging gesê Eskom se bedrywighede is onvolhoubaar en die kragreus daarvan beskuldig dat hy effektief oopsiklus-gasturbines gebruik om die permanente minimumlas wat ’n kragtoevoerstelsel nodig het te lewer, teen groot koste vir die verbruiker.

Argieffoto: GCIS

Ronald Chauke, Outa se woordvoerder oor energie, het aangevoer dat Eskom nie tariefverhogings verdien nie en het gesê dit sal op liefdadigheid neerkom indien Nersa die verhogings toestaan. Hy het gesê Eskom moet maniere vind om koste te bespaar, insluitend ʼn vermindering in personeel en aktief ondersoek in te stel om vernietigende steenkoolooreenkomste te beëindig. “Die publiek moet nie die prys betaal vir Eskom se korrupsie en swak leierskap nie.”

Carl Opperman van Agri Wes-Kaap het gesê die verhogings wat Eskom versoek het, sal die provinsie se boerderygemeenskap verlam en voedselsekerheid in gedrang bring.

Eskom vra ʼn tariefverhoging van 15% vir 2019 tot 2021. Die Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid het verlede week gesê dit is onwaar om te aanvaar dat dit oor drie jaar op ’n verhoging van 45% neerkom.

“Nersa het reeds ’n verhoging van 4,41% toegeken en wanneer ons dit by die 15% byvoeg, kyk ons reeds na ʼn verhoging van byna 20% in jaar een. Die volgende 15%-verhoging sal toegepas word op ’n tarief wat reeds verhoog is en die derde 15%-verhoging sal van toepassing wees op ’n tarief wat reeds twee keer toegeneem het sodat die totale verhoging oor drie jaar bykans 59% sal wees en nie die 45% wat berig is nie.”

Die verhore sal Dinsdag voortduur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Vraagteken ·

Remondo, ek raai jou aan om meer navorsing oor ons huidige infrastrukttur te doen, sowel as die werking van hernubare energie. As jy dit doen, dan sal jy vinnig agterkom dat dit NIE antwoord is nie.

jaco ·

Meeste munisipaliteite wat geld vir Eskom skuld, word deur die ANC beheer. Eskom is n semi-staatsinstansie waarin die Staat, wat deur die ANC beheer word, die meerderheidsaandeel het. So eintlik skuld die ANC vir die ANC geld.
hierdie probleem kan met ‘n uiters maklike administratiewe proses van niks langer as 1 week nie, opgelos wees. skryf eenvoudig die skuld af. Dis dan die ANC wat die vir die ANC skuld, so dis eintlik familie-politiek.
Die ANC roem hulle so oor hulle alliansie met die SA Kommunistiese Party en oor al die steun wat hulle in die struggle jare kommunistiese lande gekry het. Maar tog het sulke goed NOOIT in kommunistiese lande gebeur nie. Het hulle dan NIKS daar geleer nie?

Natascha ·

Laat alma lkrag betaa, .dan sal dit nie nodig wees om verhoging in tariewe te vra nie. Almal betaal nie krag. Daar is gebiede wat gratis krag kry. En die top bestuur kan op hou om hulself meer salarisse te betaal.
Ons as gewone burgers sukkel reeds om kop bo water te te hou. Wil hul nog ons brood geld ook vat???

Janine ·

Ag dankie tog! uitendelik staan iemand op en gee Eskom die vuishou in die bek!
dis so waar ek gebruik al vir 4 jaar nie meer my stoof ek’t ‘n 2 plaat gas stofie gekoop.
ons verarm elke liewe dag in die patetiese land, wens hulle kan die hele kabinet ook
herskep en “revamp”
dankie MM ons het weer hoop dalk kan ons die skoolgelde begin betaal

N Lourens Reitz ·

Die verhore is goed en daar word baie goeie vra gevra en NERSA is baie streng tydens hierdie verhore en tog kry Eskom nog elke keer wat hy gesoek het .? ?

Jacques ·

Hoe kan eskom se bestuur aanspraak maak op bonisse as hulle nie die eers geld het om krag te lewer nie , dit is mos onaanvaarbaar . Die bestuur is die enigste party wat baat vind by al die verhogings , en die groter meerderheid van die burgers moet pa staan vir hulle swak besluite en korrupsie , dit werk nie so eskom . Kom by ESKOM .

Jane ·

So verkeerd Jacques. Die minderheid burgers hoes al van 2009 af vir die meerserheis se uirgevrete hebsug. Hulle kry regtig gratis huis, gratis krag, gratis water,gratis dienslewering. Ouer rdp/hop huise key rekening, maar seld hulle betaal omtrent 1/12. Dit is hoekom ek R2.13 + btw en hoër per eenheid betaal, jy salk n oaar sente minder of dalk meer en (die baie min wie wel betaal) mense in Thandakukanja, Diepsloot, Soweto, en Langa 81c per eenheid betaal. Ek sê eek kw, een prya if jy nou 10 000 koop in Clifton of net 10 in Hammanskraal. Elektriseteit is n luxury nie n lewensmiddel nie.

Danie ·

Maar hulle het nog 8 senior bestuurders ook nou weer aangestel

Snowball ·

Oorbetaalde, oorbemande, onproduktiewe, onbevoegde kaderkorrupte ANC-konkoksie.

D B ·

Nersa laat my ook wonder…elke jaar kom Eskom met dieselfde “redes” vir verhoogde tariewe. Die antwoord is eenvoudig: “Nee”.

Frans C ·

‘n Verhoging van 15% per jaar is nie 45% nie.As ‘n eenheid krag R1.00 kos in jaar zero,kos dit R1.15 in jaar 1,R1,32 in jaar 2 en R1,52 in jaar 3.Dit is dus ‘n 52 % verhoging oor 3 jaar.

Indien dit in jaar zero reeds met 4,41% verhoog was sal die prentjie soos volg lyk.
R1.04 ,In jaar 1 R1.20,in jaar 2 R1.38,in jaar R1.59.Dit is dus ‘n 59% verhoging,soos uitgewys deur die Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid.

Indien Eskom sou beweer dat dit slegs 45% is ,soos voorheen berig,is dit geen wonder dat hul nou in die moeilikheid is!

Santie ·

Ek kan nie glo tariefverhogings help nie want hoe duurder die krag hoe minder krag koop verbruikers.

John ·

Die nuwe baas van Eskom het Vodacom geerf wat reeds ‘n suksesvolle onderneming was en nou is hy die groot meneer wat Eskom glo gaan regruk… Eerder meer van dieselfde. Ons kan Eskom nie meer bekostig nie. Punt. Hul hele redenasie oor hoe die draaistrategie glo gaan werk is ‘n nekomdraaiplan vir die land se ekonomie. Die ANC se bestuur bestaan steeds uif dieselfde mense. So?

LR ·

As Eskom hulle oë uitvee dan het hulle nie meer n bestaansreg nie omdat hulle hulself uit die mark uitgepys het.
Prys word bepaal, soos die geval is met die meeste verbruikersgoedere, deur die sogenaamde prysmeganisme wat bepaal word deur vraag en aanbod. As daar hier ingemeng word en die prys kunsmatig bepaal word sal die verbruiker begin soek na alternatiewe.
Soos wat alternatiewe kragopwekking goedkoper word sal dit toenemend gebruik word. Ons nie vêr van die situasie af dat alternatiewe kragopwekking n opsie word nie. In sommige lande in Europa is hulle al klaar by daardie punt. So kragverhogings van Eskom sal hierdie situasie net versnel.

Jane ·

So verkeerd Jacques. Die minderheid burgers hoes al van 2009 af vir die meerserheis se uirgevrete hebsug. Hulle kry regtig gratis huis, gratis krag, gratis water,gratis dienslewering. Ouer rdp/hop huise key rekening, maar seld hulle betaal omtrent 1/12. Dit is hoekom ek R2.13 + btw en hoër per eenheid betaal, jy salk n oaar sente minder of dalk meer en (die baie min wie wel betaal) mense in Thandakukanja, Diepsloot, Soweto, en Langa 81c per eenheid betaal. Ek sê eek kw, een prya if jy nou 10 000 koop in Clifton of net 10 in Hammanskraal. Elektriseteit is n luxury nie n lewensmiddel nie.

Jane ·

So verkeerd Jacques. Die minderheid burgers hoes al van 2009 af vir die meerserheis se uitgevrete hebsug. Hulle kry regtig gratis huis, gratis krag, gratis water,gratis dienslewering. Ouer rdp/hop huise kry rekening, maar selfs hulle betaal omtrent 1/12. Dit is hoekom ek R2.13 + btw en hoër per eenheid betaal, jy dalk n paar sente minder of dalk meer en (die baie min wie wel betaal) mense in Thandakukanja, Diepsloot, Soweto, en Langa 81c per eenheid betaal. Ek sê eek kw, een prya of jy nou 10 000 koop in Clifton of net 10 in Hammanskraal. Elektriseteit is n luxury nie n lewensmiddel nie.

Elna ·

Dis eintlik snaaks hoe eskom te werk gaan want eers smeek hulle die publiek om nie hulle produk te gebruik nie en nou dat die publiek hulle smeekende krete gehoorsaam nou moet ONS duurder betaal en ander lande betaal meer as die helfte goedkoper as wat ons land se mense betaal. Hoe werk dit dan nou? Dan het ons meer krag onder brekings as enige iets anders want eskom soek nog blykbaar die fout en hulle kry nie die fout om dit reg te maak nie hier is so 4 keer n dag loadshedding in ons area maar hulle wil die tariewe verhoog? Vir wat!!??

Woedend ·

En wie is hiervoor te blameer dat Eskom in die gemors sit?? Nie ons nie maar hulle, hulle is daarvoor te blameer omdat die geld wanbestee is en nou wil hulle die tariewe verhoog!! Hulle wil die tariewe verhoog en ek kan jou waarborg NOGSTEEDS sal hulle die geld wanbestee!! Onbevoegd!!

Antoinette ·

Miskien as die sg “top brass’ met hulle R400 000 maandelikse salarisse bereid sal wees om die helfte van die koninklike salaris prys te gee sal dit ook beter gaan. Met R200 000 of selfs R100 000 kan enige mens weelderig lewe. En dit terwyl mense met staatspensioene nie kan bekostig om ordentlik te eet nie.

Mariana ·

As daar enige probleme ontstaan dan moet ons opdok. Dit is tyd dat die antwoord NEE moet wees. Ons kan nie meer en meer betaal om Eskom se geldsake reg te ruk nie. Hierdie melkkoei is opgedroog. Die geldboompies is dood.

Drikus Kotze ·

ESKOM het “hotelle” op al die monopoly blokkies opgesit. Nou betaal die res van die spelers maak nie saak op watter blokkie jy land nie. PRIVATISEER ESKOM en maak die speelveld weer gelyk sodat daar meer kragvoorsieners in die land kan wees. Dit sal “dalk” ook help met werkskepping…. Ha, Ha..

Ja swaer ·

Wonder of Nersa die sg regrukplan v Eskom al bekyk het en of dit enigsins sin maak. Die gemors het al met Brian Dames begin en nou is hy glo ‘n ‘kenner’ wat op die paneel dien wat aangestel is om voorstelle oor Eskom te maak. Nou kyk as Dames moet voorstelle maak kan mens dit maar los. Hy en al sy opvolgers het geswem in die vet terwyl hulle van betalende wit gebruikers verwag om sg blok subsidie te betaal maw ons betaal vir die townships en hulle betaal amper niks of niks. Hulle reken dit in by jou tarief per kWh en as jy durf nie betaal nie (maw nie subsidieer nie) word jou krag afgesny en jy word hof toe gesleep. Maar miljoene in townships kry mahala krag. Jy kan mos nie dieslfde ou koei vir jare melk en laat miljoene drink nie. Die melk gaan opraak nie meer word nie. Ai Afrika …

Peet J ·

Alvorens goedkeuring vir ‘n 15% verhoging aan Eskom toegestaan word dink ek ons as publiek is geregtig daarop om te weet waarvoor die aanhoudende persentasieverhogings, aangewend gaan word deur Eskom. Indien infrastruktuur verbeter gaan word behoort ‘n opsomming aan ons openbaar gemaak te word asook wanneer en waar die gelde gebruik gaan word. Eskom behoort ook sy inkomste en uitgawe state wat deur ‘n ouditeur nagesien is bekend te maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.