Eskom, Gordhan gemaan om in te gryp oor beurtkrag

Argieffoto

Die ACDP het Woensdag gesê Eskom en Pravin Gordhan, die minister van openbare ondernemings, moet ingryp om beurtkrag te voorkom.

Eskom het Woensdag onverwags aangekondig dat fase 2-beurtkrag vanaf 09:00 ingestel word vir die res van die week.

“Die situasie by Eskom is hoofsaaklik toe te skryf aan staatskaping en korrupsie by die kragvoorsiener tydens die Zuma-administrasie,” het Steve Swart, ACDP-sweep, gesê. “Die ACDP glo egter dat Eskom en die minister meer kan doen om beurtkrag te voorkom, gegewe die beduidende finansiële inspuitings wat aan Eskom toegeken is.”

Hy het gesê dit is kommerwekkend dat beurtkrag ingestel is sonder voldoende kennisgewing aan ondernemings, munisipaliteite en burgers. “Ons is bewus van die druk waaronder Eskom werk, maar beurtkrag sal ongetwyfeld ʼn negatiewe impak hê op die ekonomie en gewone Suid-Afrikaners. Beurtkrag het vroeër vanjaar ʼn ernstige impak gehad op ondernemings en huishoudings en ʼn tegniese resessie tot gevolg gehad. Dit het ook gelei tot ʼn verlies aan beleggersvertroue. ʼn Herhaling hiervan moet ten alle koste vermy word, gegewe die benarde toestand van ons ekonomie.”

Swart het bygevoeg die moontlike ontwrigting vir die matrieks wat eindeksamen skryf is ook kommerwekkend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Ore ·

Elke keer as Eskom nie hulle sin by Nersa kry nie,is daar skielik load shedding.Is dit dalk afpersing?

Renee ·

Wat ek. Nou nie verstaan nie is ons betaal vir krag is nie verniet nie. Wat is die probleem ons is seker die land met die duurte krag. Maar eintlik is, alles in die land op ge……..

Pieter ·

Die probleem gaan eskom nooit ooit kan op los so lank as wat ons die munisipaliteite betaal want hulle betaal nie vir eskom nie hulle gebruik eskom se geld vir nuwe karre en om hulle skuld mee te betaal laat ons eskom direk betaal dan gaan daar klaar n groot verskil wees

Nar ·

Ek onthou daar is na 1994 deur die anc verkondig dat eskom te wit is en n risiko vir die land is.Vyf en twintig jaar later en wat gaan nou aan .Nou het die anc weer n ander teiken nl. die boere is te wit.Voedsel !!!!!!

Renee ·

Mense beweeg weg van krag laat hulle vou. Kry solar verhitting gaan bietjie duur wees in die begin maar daarna is ons nie meer afhanklik van hierdie Government nie. Dan kan hulle al die krag vir hulle self hou.

Dewald ·

Maklik om n huishouding Eskom vry te maak. Maar selfs met al die sonkrag in die wêreld, gaan jy nog steeds dooi, want die winkels, hospitale, wateraanlegte, petrolpompe, ens. kan nie op sonkrag werk nie, of dit gaan onbekostigbaar duur wees om dit wel te doen. So as Eskom vou, vou almal.

John ·

Eskom glo landsburgers moet eenvoudig maar net inval by hul nukke en grille want sonder hul towerkrag is ons verlore. Miskien is ‘n afgradering nodig om CR se troetelkinders in die bek te ruk.

Trol ·

Die situasie by eskom kan nog te meer toe geskryf eord aan eskom se slapg@ttigheid om skuld in te vorder en kragtoevoer te staak aan gemeenskappe wat glad nie betaal nie. Hoe durf hulle betalers aan beurtkrag onderwerp terwyl plekke soos soweto nie betaal nie. Gaan vf+ dit in skoon gewete toelaat?

Maljan ·

Ek praat onder korreksie maar die VF+ het nie wat dit vat om Eskom die stryd aan te sê nie. Een eenheid een prys of jy nou 10kw koop in kyamazane of 100 000 in Houghton. Geen glyskaal van hoe meer jy gebruik hoe duurder word dit strooi nie. Dít is niks anders as ekonomiese verkragting nie en moet gestop word.

Pottie ·

Die munisipaliteite gebruik eskom se geld om hulle skuld mee te betaal mandela het mos vir hulle krag belowe so hulle gaan nie betaal nie eskom kan net maak wat hulle wil hulle gaan nooit uit die gemors kom nie

Room ·

Ek hoop my deep freezer hou, hierdie aan en af kan nie goed vir hom wees nie :-(

Chris Ws ·

Laat Eskom die krag voorsiening na ons buurlande toe drasties inkort OF opskort on te sorg dat Suid Afrika genoeg krag kan he tot hulle hul probleempies opgelos het.Hoekom moet ons burtkrag ervaar maar die buiteland kry steeds hul krag?ONS KOM EERSTE ESKOM!!!!

Mankie ·

Eskom wek meer krag per dag as wat die land en uitvoere saam is. Beurtkrag ia afpersing sodat ons desperaat genoeg sal word om soweto en al die skeppers meer sal subsideer.

janneman ·

Jy sal geskok wees as jy weet hoeveel krag ons invoer in plaas van uitvoer…….wat as Mosambiek skielik besluit hille mense kom eerste……..

Nicola ·

Dis elke keer dieselfde ou storie oor en oor en niemand doen iets daaraan nie. Swak verby.

Dries ·

Ons eie skuld nicola want ons blankes wil nie standpunt in neem nie ons karring nou maar net so aan

Blindemol ·

Mense, hoe lank gaan ons nog hierdie korrupte , tientalle kere ‘reggerukte’ instansie ondersteun? Ek kan nie alternatiewe krag bekostig nie, maar gaan my nie langer laat afpers nie. Ek gaan bloot van nou af my kragrekening se sogenaamde beskikbaarheisfooi pro-rata betaal. Gas en alternatiewe bronne gebruik , maar wragtig ek gaan nie langer my verlaat op hierdie gemors nie.

Stupid...of so dink EKSDOM ·

Hoe dom dink die groot katte van EKSDOM is die burgers van hierdie land wat hulle krag verbruik betaal. Die patroon is…Sodra hulle nie die verhoging kry wat hulle wil hê…begin LOADSHEDDING. Hoekom kan OUR PEOPLE wat nie hulle krag betaal met die LOADSHEDDING oogeskeep sit. My opinion is…EKSDOM manupileer ons met LOADSHEDDING…. EKSDOM SE PROBLEEM IS NIE SO GROOT SOOS WAT HULLE TE KENNE WIL GEE. ????????????

chrisjan ·

Ek sou baie graag Nersa se epos adres wou bekom.As Maroela Media dit dalk het verskaf dit hier dat ons in ons duisende hulle kan toegooi met eposse oor ons ontevredenheid met beurtkrag en ESKOM.Dankie.

CallieL ·

Dalk tyd dat almal besef CR sal die hele land sink voor hy 40 000 poste verloor by Eskom. Die breinkrag om te besef wat gebeur is net nie daar nie. As Eskom vou is die waarborg van n totale ineenstorting wat sal lei tot n bloedbad in die land n gegewe. Asb mense bid dat daar erens n liggie flikker in die breins van die land se regeerders

Johan Goosen ·

Stem volkome saam, elke keer as Escom nie sy sin kry nie het ons beurtkrag, is afpersing in die grootste graad, wonder waar is onse minister, en die wonderwerk van n nuwe Escom hoof, niks verander nie, en die gebruiker word geskroef, meets beurtkrag, dan verhoogde tariewe

AB ·

Hoe wil hulle he moet Gordhan help? Alles in eskom word met spoeg en plak aan mekaar gehou. En die ouens wat in beheer is van die spoeg en plak sirkus gee nie om oor Gordhan nie! Hy is te bang om ontslae te raak van die kriminele gemors!

Jan Alleman ·

Vergeet van ‘n afgradering. Moody’s is te lief vir die ANC. Dit sal nie gebeur nie.

cANCer Express ·

Nog NIKS het verander by Eskom nie. Geen personeel verminder, geen privatisering ter sprake.
Gravytrein rol voort.
Ad infinitum a la ANC.

Db ·

Eskom het die hef in die hand – ag ek bedoel die knoppie wat die krag afsit. Hulle sal aan ploeter deur hulle moddergemors en sal niemand iets aan hulle kan doen nie

Johan ·

Hulle moet BBEE stopsit, al die kansvatters vra om pyp te gaan rook, en die kenners wat weet hoe om die ding te hanteer terug smeek op hulle kniëe. Anders is dit eenvoudig nag vir ons.

aj ·

Die tydsbereking van hierdie Eksdom kragonderbrekings is VERDAG!

Is dit doelbewuste sabotasie om saam te val met Ramaphosa se oorsese besoek?

Word die kragonderbrekings gebruik om die “herstrukturering” onderhandelinge met privaatsektor “partners” te ONDERMYN?

Dit is SABOTASIE teen die land! Die saboteurs (JZ en Magashule?) moet SWAAR GESTRAF word!

Jerry ·

Soos menige ANC kader politici maak CR, Tito en Gordhan net van lippetaal gebruik om mense te paai, daarom is ESKOM in sy maai! ESKOM se struktuur maak voorsiening vir 14,000 werkers terwyl ESKOM 46, 000 werkers het. ESKOM het dus 32, 000 werkers wat onregmatig botallig aangestel is en wie geen bydrae maak tot ESKOM se dienslewering nie, behalwe om al ESKOM se geld in salarisse op te eet. Indien Gordhan die botallige werkers gefire het toe hy moes sou ESKOM hulle verpligtinge kon nakom. Hierdie botallige strukture is ANC kader strukture van wie vakbonde deel is wat doelbewus tydens staatskaping uitgebrei is om ANC kader lojaliste op die “gravy train” te kan akkommodeer ten koste van verbruikers. Hierdie botallige strukture het dit ten doel om ANC strukture te verryk en sal nie deur die ANC reggestel word nie, omrede die strukture gebruik word om die ANC magsbasis uit te brei en die verbruiker gyselaar te hou. Die verbruiker moet betaal of sink en die ANC baken daarop dat verbruikers eerder sal aanhou betaal as om te sink. ESKOM is dus vrot van kop tot tone en verbruikers kan hulle gyselaarstatus net ongedaan maak deur ESKOM vaarwel toe te roep. Verbrysel die slang se kop anders gaan hy aanhou om jou te pik!

Fanie du Preez ·

Kyk gerus ” ENRON – The Smartest Guys In The Room” ….dan sal jy die doel van beurtkrag verstaan…en wat Eskom daardeur bereik.

Erg Realisties ·

Kyk maar die reeks Chernobyl op showmax. Dan sal jy Eskom verstaan. Bly ek is nie in Kaapstad wanneer dit gebeur nie. Soos die hoofkarakter sê. ‘We lie and lie until we cannot recognise the truth anymore’
‘Every lie we tell, we incur a debt to the truth an one day the truth must be paid’

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.