Die ACDP het Woensdag gesê Eskom en Pravin Gordhan, die minister van openbare ondernemings, moet ingryp om beurtkrag te voorkom.
Eskom het Woensdag onverwags aangekondig dat fase 2-beurtkrag vanaf 09:00 ingestel word vir die res van die week.
“Die situasie by Eskom is hoofsaaklik toe te skryf aan staatskaping en korrupsie by die kragvoorsiener tydens die Zuma-administrasie,” het Steve Swart, ACDP-sweep, gesê. “Die ACDP glo egter dat Eskom en die minister meer kan doen om beurtkrag te voorkom, gegewe die beduidende finansiële inspuitings wat aan Eskom toegeken is.”
Hy het gesê dit is kommerwekkend dat beurtkrag ingestel is sonder voldoende kennisgewing aan ondernemings, munisipaliteite en burgers. “Ons is bewus van die druk waaronder Eskom werk, maar beurtkrag sal ongetwyfeld ʼn negatiewe impak hê op die ekonomie en gewone Suid-Afrikaners. Beurtkrag het vroeër vanjaar ʼn ernstige impak gehad op ondernemings en huishoudings en ʼn tegniese resessie tot gevolg gehad. Dit het ook gelei tot ʼn verlies aan beleggersvertroue. ʼn Herhaling hiervan moet ten alle koste vermy word, gegewe die benarde toestand van ons ekonomie.”
Swart het bygevoeg die moontlike ontwrigting vir die matrieks wat eindeksamen skryf is ook kommerwekkend.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
34 Kommentare
Elke keer as Eskom nie hulle sin by Nersa kry nie,is daar skielik load shedding.Is dit dalk afpersing?
Wat ek. Nou nie verstaan nie is ons betaal vir krag is nie verniet nie. Wat is die probleem ons is seker die land met die duurte krag. Maar eintlik is, alles in die land op ge……..
Mense beweeg weg van krag laat hulle vou. Kry solar verhitting gaan bietjie duur wees in die begin maar daarna is ons nie meer afhanklik van hierdie Government nie. Dan kan hulle al die krag vir hulle self hou.
Eskom glo landsburgers moet eenvoudig maar net inval by hul nukke en grille want sonder hul towerkrag is ons verlore. Miskien is ‘n afgradering nodig om CR se troetelkinders in die bek te ruk.
Die situasie by eskom kan nog te meer toe geskryf eord aan eskom se [email protected] om skuld in te vorder en kragtoevoer te staak aan gemeenskappe wat glad nie betaal nie. Hoe durf hulle betalers aan beurtkrag onderwerp terwyl plekke soos soweto nie betaal nie. Gaan vf+ dit in skoon gewete toelaat?