Eskom: Gordhan versoek oudit, beurtkrag duur voort

Pravin Gordhan. Foto: GCIS

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het gesê ingenieurs sal ʼn onafhanklike oudit van die land se kragstasies doen.

Gordhan het Dinsdag tydens die debat oor pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede aan LP’s gesê die oudit sal gedoen word om vas te stel wat die foute is wat sedert Sondag tot landwye beurtkrag gelei het.

Die minister het toegegee dat daar talle probleme is met die twee nuutste steenkoolkragstasies wat gebou is om die land van ’n kragtekort te red.

“Die eerste punt wat ons aan die publiek moet vertel, is dat Medupi en Kusile swak ontwerp en swak gebou is en nie op optimale vlakke funksioneer nie,” het Gordhan aan LP’s gesê.

“Ek het vandag [Dinsdag] verskeie interaksies gehad en ons begin sien waar die probleme is maar ons het ook nuwe inisiatiewe geneem waar ek en die direksie ooreengekom het dat ons eksterne ingenieurs sal kry om ’n onafhanklike oudit te doen van wat presies aangaan sodat ons Eskom weer op die regte spoor kan kry.”

Gordhan het ook uitgevaar teen kritiek op Ramaphosa se aankondiging dat Eskom in drie verskillende entiteite ontbondel sal word. Hy het ontken dat dit tot gevolg sal hê dat die kragvoorsiener geprivatiseer word.

Argieffoto: GCIS

Eskom het intussen aangekondig dat daar Woensdag weer beurtkrag sal wees. Die kragvoorsiener het gesê fase 3-beurtkrag is Dinsdag om 22:14 opgeskort maar dat dit Woensdag om 08:00 tot 23:00 sal hervat. Volgens Eskom is dit weens ʼn tekort aan kapasiteit as gevolg van ʼn aantal opwekkingseenhede wat buite werking is.

Intussen word deur die nag gewerk om eenhede weer aanlyn te bring, het Eskom gesê en bygevoeg dat vier eenhede Dinsdag weer in werking gestel is.

“Die water- en dieselnoodreserwes is egter steeds baie laag en ons is bekommerd oor die uitwerking van Woensdag se beplande nasionale staking deur Cosatu op ons bedrywighede.”

Volgens Eskom het hy egter gebeurlikheidsplanne gereed indien sy bedrywighede geraak sou word.

Indien Eskom jou elektrisiteit verskaf, kan jy jou beurtkragskedule kry deur www.loadshedding.eskom.co.za te besoek of 08600 37566 te skakel.

Indien ʼn munisipaliteit jou elektrisiteit voorsien, kan jy die volgende webtuistes besoek of inbelsentrums skakel.

City Power (Johannesburg): www.citypower.co.za of 086 056 2874
Ekurhuleni (Oos-Rand, Gauteng): www.ekurhuleni.gov.za of 086 054 3000
Tshwane Metro (Pretoria): www.tshwane.gov.za of 012 358 9999
eThekwini (Durban en omliggend): www.durban.gov.za of 080 131 3111
Stad Kaapstad: www.capetown.gov.za of 086 010 3089
Nelson Mandelabaai: www.nelsonmandelabay.gov.za of 041 506 5555
Polokwane (Limpopo): www.polokwane.gov.za of 015 290 2490
eMalahleni (Witbank en omliggend): www.emalahleni.gov.za of 013 690 6911
Umhlathuze: www.umhlathuze.gov.za of 080 022 2827

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

John ·

Hulle is nie swak ontwerp nie!! Hulle het onbevoegde mense gekry wat nie kan planne lees en dit weer kan deurgee na mense wat bou. Hoekom het Alstom nie die boilers gebou nie? Hitachi en anc kop in een mus dis hoekom. Die units is nie eers skew nie!!! Gemors!! Dishoekom niks werk nie!! Dis nie swak ontwerp nie dis onbevoegtheid en met n slaagsyfer van 30% wat verwag jy!!

Adri ·

Danki aan Zuma en al sy skelm trawante vir hierdie krisis jul het ons hele land tot niet regeer

Jaco ·

Suid Afrika sal nog wêreldwyd bekend wees vir die eeste land in die wêreld wat “genosedive” het van n eerste wêreldse land tot n ashoop in minder as 30 jaar. Die rede? Passiewe burgers wat net als aanvaar en oor als klae. Nes die VSA, Duitsland en Frankryk wat ook oorgeneem word deur buitelanders want almal word mos jammer gekry wat instroom oor die grense…Dis maar ons Westerlinge se probleem….ons is tog sooooo passief en polities korrek…dis hoekom almal trump so haat want hy is nie bang vir die waarheid nie.

Vortext ·

Verklaar Eskom werk as noodsaaklike diens en dank alle Eskom werkers af wat staak. Dit sal sommer ook ontslae raak van alle oortollige werkers.

Potties ·

Ek dink die die design is sharp maar korrupsie kan nie electrical construction doen nie sal nooit werk nie ……….

Tanya ·

Sy huis op sonkrag en gas.Dan is daar so veel werkloosheis in SA. DIT IS WAT SA SO VOORLAND GAAN WEES.

Diefie ·

Oom Pravin, jy sal maar net moet vasstaan teen jou mense en keer dat die staatpensioen nie verder geplunder word nie. Eskom het mos ‘n lening aangegaa met China, in watter sak het die geld gegaan?

Johanna Botha ·

So versoek die anc oudit en verslag en komissie na kommisie …en NIKS gebeur met die skuldiges en die ligte bly af. Hou op om almal n rat voor die oe te draai anc want na die oudit gaan ons nogsteeds nie braai nie ! ! Die anc was al hoeveel keer gewaarsku deur kundige mense oor wat moet gebeur maar neeee ! Die munisipaliteite sit nou sonder krag omdat die paar oorblywende mense nie meer kan betaal nie en die massas hou net aan demand .. die hoenders kom nou huistoe en die waarheid kannie meer weggepraat word nie …die anc het ons vierkantig in die gemors in !

Johanna Botha ·

Na die baie gepraat en beloftes van beleggers by SONA …..sit ons SONA krag ! !

TANIA ·

NIEMAND DINK MEER AAN DIE DAG VAN MORE NIE, EN WANNEER MORE AANBREEK, RAAI WAT GEBEUR…?? WAT HET GEWORD VAN INSTANDHOUDING???

Pumba ·

Die unies is veroorsaak van die grootse probleme tydens die vervaardiging proses.
Daar was die heeltyd gestaak oor elke dingetjie wat opkom (een van die redes hoekom die projek jare laat was). Van die prosesse kan jy nie begin, stop en weer start nie. Dit veroorsaak swak laste en produkte. Nou sit die land met die swak produk, die unies aanvaar geen verantwoordelikheid nie, inteendeel hulle veroordeel, breek af en werk mense teen wat iets wil regstel. Al oplossing is maar om na jouself te prober omsien met son stelsels en gas produkte – oppas net vir die goedkoop Chineese produkte! Verder sal ons maar vir Eskom/SABC/SAA/Spoornet/ens lewenslank moet afbetaal – ons sal nie wegkom van die regering se swak keuses, onvermoe en gierigheid nie.

Db ·

As hierdie patetiese wesens van ons mense wat gekwalifiseerde ambagsmanne is gebruik gemaak het sou daar nie probleme gewees het nie. Maar nee, ons mense het mos verniet gaan leer en ambagte voltooi en moet die ander aangestel word wat nie eers behoorlik kan lees en skryf nie.

Koos ·

Uiteindelik iemand wat die waarheid op sy naam roep. Talle ingeneurs het al dieselfde gesê, maar is dood gepraat, leunaars en selfs rassiste genoem. Kry die ouens in om die gemors reg te maak. Hoekom het Zuma so vir kernkrag geskerm? Hy het heel moontlik van hierdie gemors geweet (dis nou buiten die gewone rede-korrupsie) en gehoop dat die Russe ons krag situasie sou oplos.

LS ·

Ja Koos, jy is reg. Dit sou een of ander tyd moes uitkom. Dit is soos iemand wat ‘n windjie los in die bad….jy kan probeer om die borreltjies onder die water te hou solank jy kan (met die broek se blaaie) maar iewers gaan dit uitkom…of dit by die voete is of langs die ore….Hierdie een het ongelukkig ook ‘n geweldige reuk aan hom. Ek vermoed daar is nog baie borrels en reuke wat moet uit.

riaan ·

Ek glo nie daar is al hierdie probleme wat evkom voorgee nie!

Evkom wil ‘n 17% verhoging he so hulle is besig om ons (veral nersa) af te pers om te kry wat hulle wil he!!!!!

Fire die hele spul want of hulle werk of nie, die krag situasie in SA is dieselfde!

Sophia ·

Die dag toe die Unies die land begin regeer het, daardie dag het Suid-Afrika net AFWAARTS GESPIRAL!! En solank die FREE MENTALITY gevoed word, so lank sal daar NIKS VERANDER IN SUID-AFRIKA NIE…

koos ·

Sophia, jy is so reg!!! Die unies sê hulle lede voor vir wie om te stem, en die regeerders wat ingestem word, moet dan weer hulle dankbaarheid bewys. Hierdie mentaliteit gaan nie ophou solank as wat in hierdie land mense is wat vir ander dink en nie mense wat vir hulself kan/wil dink nie.

SjN ·

By die een kragstasie lyk dit of die een pyp onderstebo gebou is, loop van dun na dik, hul reken die plan was verkeerd opgeplak op die bord.

Martin ·

Gaan kyk na CR se vrou en haar famielie en hul verbintenis met Brain Dames en AREP dan weet julle hoekom hy Eskom wil opbreek in 3. Hy is net soos JZ. Sorg vir sy famielie en homself. Self veryking

Jepetto ·

Die oomblik toe Ramaphoza aankondig dat SKOM in 3 gaan verdeel word toe begin die probleme dis abseliut sabotasie

Deon ·

Eskom se kragopwekking is ‘n gemors, maar wag vir die sports wanneer die transmissienetwerk gaan faal. Dit is dekades oud en kort opgradering wat miljarde kos.

GP ·

Eskom kan nie eers die rente op hul skuld betaal nie. Werksmag by verre oortollig, en dan nog onbevoeg ook. Daar word eenvoudig nie vir krag betaal nie groot dele van Soweto en heelwat munisipaliteite. 2 groot krag stasies was nie gebou primer vir kragopwekking nie, dit was ‘n manier vir geld in eie sak, selfde was beplan met kern krag statsies.

DeVill ·

Hoekom nou eers oudits doen, hoekom nou eers vrae vra.

Hoekom moet ons eers beurtkrag kry voor Gordhan Eskom besoek.

Hulle weet daar is groot probleme, hulle weet hulle toerusitng is oud, maar eers as dit faal dan spring hulle in en doen oudits en verslae ens.

Pateties Eskom, Gordhan, CR en ANC!

Waarheid1 ·

Jip dit kom nou van Beeeeeee.
Al die ‘ slimmes’ bymekaar!!!

Johan ·

Indien jy nog binne die volgende 5-jaar n bestaan in SA wil he vir jouself, kry dievolgende in plek:

1. Basiese voedsel voorsiennning, groente, vrugte, hoender, indien moontelik vleis.
2. Boorgat water.
3. Radio verbinding met gesin en familie.
4. Sonkrag vir elek en warm water.

NB-NB-NB = Besighede sonder sonkrag sal nie n bestaan kan maak nie.

WIEBO ·

En die hele wereld word stil en dis donker hier………. ons luister na die nag geluide, van die generatorrrrr…………….

Spike ·

Die ingenieurs sal weer comrades en kaders wees. Gedoem tot mislukking.

Spike ·

Tania. afrika het nog nooit aan die dag van môre gedink nie. Te veel en harde werk en daarom nog 3de werêlds.

Elbie Naude ·

Government ‘help’ to business is just as disastrous as government persecution… the only way a government can be of service to national prosperity is by keeping its hands off.
Ayn Rand

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.