Eskom: Govender bedank ook ná heraanstelling

Argieffoto: GCIS

Prish Govender, Eskom se voormalige waarnemende hoof vir groepskapitaal, het Dinsdag bedank.

Khulu Phasiwe, Eskom-woordvoerder, het dié nuus aan Maroela Media bevestig.

Govender se bedanking volg een dag nadat Anoj Singh, geskorste finansiële hoof van Eskom, ook bedank het.

Sy bedanking volg nadat hy vroeg in Januarie weer in sy pos aangestel is ná hy in ʼn dissiplinêre verhoor onskuldig op alle aanklagte teen hom bevind is.

“Phakamani Hadebe, die waarnemende uitvoerende Eskom-hoof, het vroeër vandag in ʼn brief die skriftelike bedanking van Prish Govender ontvang waarin hy aandui dat hy Eskom se diens met onmiddellike inwerkingtreding wil verlaat. Sy bedanking is aanvaar en dit beteken eenvoudig dat mnr. Govender van vandag af nié meer ʼn Eskom-werknemer is nie,” het gesê.

Die parlementêre ondersoek na staatskaping en beweerde korrupsie by Eskom is Dinsdag hervat. Geen verband is nog tussen sy bedanking en die verhoor gelê nie.

Govender is vroeër geskors omdat hy glo betrokke was by die skandaal met die firma McKinsey waar hy na bewering geld aan die firma betaal het in ʼn kontrak wat sedertdien onwettig en ongeldig verklaar is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ja-nee ·

Ja ja natuurlik het sy bedanking niks te doen met korrupsie nie. Ek sukkel om enige iets te glo wat uit eskom se bestuur kom

Koos ·

Sifiso Dabengwa is op Eskom raad maar was CEO van MTN toe hulle die helse boete gekry het…..

Hennie ·

En so moet hy ‘n magsposisie en ‘n magtige salaris agterlaat . . . en hy is onskuldig aan korrupsie? Ha ha.

Anoniem ·

Die rotte skarrel nou om selfbehoud, wanr hulle sien die skippie begin sink.

Susan ·

Al hierdie mense wat bedank nadat hulle geskors is, of klagtes teen hulle het, doen dit net vir die goue handdruk. Want is dit nie ‘n reel dat jy nie vergoeding ontvang wanneer jy uitgeskop word nie, slegs wanneer jy bedank. Hier gaan weer miljoene rande belastinggeld vir die reeds volgestopte beursies !!!!

Verstom ·

So val die vlieë een na die ander en bedank hopelik om nie vervolg te word nie? Ek vertrou dat die kommissie (wat ook seker ‘n klomp belastingbetaler se geld gaan kos) nogsteeds ieder en elk wat in diens was by Eskom, sal vervolg indien die ondersoek vind dat hulle deel van die hele korrupte “untouchables” was. Liewe aarde, daar is nie een department of kantoor (wat ‘n staatsinstelling is) wat nie korrup is nie! Hierdie land staan op Genade deur ons Hemelse Vader.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.