Eskom: Groot verligting ná Gordhan ingryp

Suid-Afrikaners kan binnekort verligting in die voortslepende Eskom-krisis verwag. Daar sal moontlik dié naweek geen lig in die land af wees nie.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het Vrydagmiddag direk ná ʼn vergadering wat laat Donderdagaand deur Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, byeengeroep is met Maroela Media gesels oor die uitkoms daarvan.

Die vakbonde Solidariteit, NUM en Numsa, Phakamani Hadebe,die uitvoerende hoof van Eskom, Jabu Mabuza, die voorsitter van die Eskom-raad asook Gordhan was teenwoordig by die vergadering wat Vrydag sedert 12:30 in Midrand gehou is.

“Dit was lang, harde en baie emosionele onderhandelings,” het Hermann aan Maroela Media gesê.

Hy sê Solidariteit is tevrede, dankbaar en verlig oor die uitkoms van die vergadering aangesien hul oogmerk uit die staanspoor was om ’n balans te tref tussen die belang van die gewone Eskom-werknemer en die land.

Tydens die vergadering is besluit om Dinsdagoggend tot die onderhandelingstafel terug te keer en onmiddellik te begin met die proses om kragnetwerke weer te bestendig. Hulle het ook onderneem dat daar tot Dinsdag nie sabotasie sal plaasvind nie.

Dié keer sal inflasie as beginpunt van die onderhandelings gebruik word.

“NUM en Numsa het onderneem om dit onmiddellik ook so aan hul lede oor te dra.”

Hermann het bygevoeg Solidariteit voel dat Eskom se bestuur onverskillig was met die 0%-verhogingsaanbod. “Dít terwyl hulle geweet het daar kom eintlik ʼn beter aanbod. Hulle moes geweet het dit sou groot spanning en ʼn plofbare situasie veroorsaak. Ons is dankbaar minister Gordhan het ingegryp.”

Eskom het teen Vrydagoggend aangekondig Fase 1-beurtkrag sal tot 21:00 vanaand ingestel word.

Maroela Media het vroeër berig Gordhan en beamptes van sy departement het vroeër dié week met lede van Eskom se raad en die leierskap van die vakbondfederasie Cosatu vergader om insig te verkry oor georganiseerde arbeid se loondispuut met die kragreus.

Volgens Gordhan het Cosatu sy kommer uitgespreek oor die manier waarop Eskom die loononderhandelinge hanteer het en die uitwerking van die onafhanklike kragverskaffingsprogram op werk in die mynsektor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Renette van der Walt ·

Wonderlik… ‘n verligting. Ek wens hy kan ook by Telkom ingryp. Daar is totale chaos en geen diens nie

JoeV ·

Telkom kan mens sonder klaarkom, maar die poskantoor….. kort erg aandag, verloor nou gereeld baie duur postukke!

willie ·

Onwillekeurig kom die vraag op, dit is ñ nasionale krisis en CR doen absoluut niks nie want hy verstaan blybaar nie die omvang van die implikasies nie! Weereens besef ek dat Marikana die keerpunt was met die tande van ons SAPD, hulle is te bang om op te tree teen krimenele, want môre staan hulle in die bekuldigdebanke net om2 hulle hul werk gedoen het! Tragedie op tragedie!

Bok ·

Ek is baie regs maar kan nie verwag van een CR verwag om by elke krisses bekrokke te wees nie. Daarvoor het hy luitenante om te help.

laevelder ·

mpumalanga ook in die donker sedert 17:00 tot blykbaar 19:30. dis nou, as hulle onthou om ons weer aan te sit.

bull ·

Bull!!! Ons in Stutterheim Oos Kaap het pas 2en 1/2 ure load shedding gehad!!!!!!!

Lynette ·

Moenie kla nie, ons krag is al af van 16h00 tot vanaand 20h30 volgens hul lys.

Casper Labuschagne ·

Moqhaka se krag was tussen 14:00 en 16:00 af. Behalwe vir die kettingwinkels het die dorp maar gesluit, niks kan aangaan sonder krag nie.

Dit was niks anders as ekonomiese sabotasie nie, ek hoop iemand word hiervoor vervolg.

Alida ·

Geweet Mnr Gordhan het insig en verstand. Baie dankie. CR het nog nie n woord gese nie. SWAK.

Cherokee ·

Insig en verstand? Dan sou hy nie lid gewees het van politieke party waarvan Umkhonto we sizwe destyds ‘n integrale deel was.

Basjan ·

Cherokee, wees bly dat mnr Gordhan lid is van daardie politieke party. Gestel hy was lid van ‘n ander party, dan sou hy nie minister gewees het in daardie betrokke amp nie. Dan sou hy nie kon intree soos wat hy nou gedoen het nie. Verstaan jy watvek bedoel, my vriend?

Penellope Jones ·

Ek wens ons kan so ‘n groot verligting kry van die brandstof wat blykbaar WEEREENS (volgens AA) opgaan in Julie!

Net ek ·

Alida, As Gordan so n skerp potlood is, waarom nie lankal ingegryp nie. Wag n week voor hy iets doen. Née wat. Het ondervinding van die man.

Bok ·

Waarvoor het Escom 500 direkteure wat elk ‘n R 1 000 000 + per jaar ontvang dat Regering elke keer moet ingryp in bestuur.????

Ekke ·

#Net ek, jy is nou regtig ‘n nat vadoek! Wees dankbaar dat Gordhan wel ingegryp het, anders het jy die res van die naweek gebibber!

Net ek ·

Ekke, Noem my wat jy wil en praat vir jouself. Ek het 20 jaar saam met die man gewerk….
Gas stoof , sonkrag geyser, kragopwekker, boorgat. Ek is voorbereid.

siek en sat ·

Elke liewe instansie staak behalwe privaat ondernemings en banke staak nie

Avra ·

Hendrik is reg. Waar was Gordan toe blankes se salarisse gevries is vir jare. Dan het hy die vermetelheid gehad om vir top presteerders te sê : ek is nie hier om te sê dankie vir jul harder werk, of om jul (niks werd) sertifikaat uit te deel nie , maar om vir almal te sê : stem vir die ANC.
Née wat Gordan. Jy het lankal die toetse gedop.

Oom Piet ·

Steenkool kragstasies hou mos 2 weke vooraad in silos of gereed opgehoop op perseel aan. Stasies, Sentrales, Substasies en transformators behoort gesluit en bewaak te word. Eskom het ook Kern en Hidro en Johannesburg ook eie Kragstasie.
Eskom verklaar Vlak 1 beurtkrag. Johannesburg Metro maak veldbrand vir Vlak 2 beurtkra. Blyk eerder na saamspan om mal prysverhoging vir meer inkomste of vele R Biljoene “bailout” vir verhogings, bonusse en volhoue royale geldvermorsing af te dreig.
Eskom se totale Personeel, Bestuurs en Raads uitgawes / begroting behoort onmiddelik tot een / sesde besnoei word.hit fades

JMC ·

Unies is die oorsaak dat Engeland nie meer ‘n mynbedryf het nie en dat Amerika se eens magtige motor bedryf in ‘n rosyn verander het.

"Sweet Sweet" ·

Vakbonde was nog altyd en sal altyd afbrekend en sleg wees vir enige land.

Kwê-voël ·

Toeriste, bly eerder weg uit hierdie “donker” land van Afrika!.! Ek hoor ñ Hadida skree…

Geronimo ·

Hulle onderneem om tot Dinsdag nie sabotasie te pleeg nie?

Vryheid ·

Ons land word regeer deur die unies net soos die mafia. ” NUM EN NUMSA het onderneem dat daar geen sabotasie tot Dinsdag sal plaasvind nie”

John ·

Is almal bekommerd oor die sportuitsendings of hul beursies? Hierdie Greatest Show on Earth gaan ons kos… koue kos, skat… want die stakers gaan skynbaar maar weer via die so eerbare Eskom kry wat hulle soek, al 47 000 van hulle en dan moet al die skade aan die infrastruktuur ook nog betaal word en die hoer pryse vir steenkool en die bonusse vir die base wat so hard onderhandel het. Dit is dringend tyd dat diegene wat op die bankie wag ook kans kry op die veld en daar MOET asb dringend gekyk word na moontlike samespanning tussen die prys van gas en Eskomkrag. Waarom werk die gebruik van ‘n kragverwarmer en ‘n bottel gas oor dieselfde tyd van gebruik, dieselfde uit? Die prys van gas styg saam met die’ van petrol so ook paraffien. Hoe trek mens die logika deur van petrol na elektrisiteit. Help asb! Wat nou gebeur is dat Eskom of wie ook al met ‘n yskoue hand die volk doodwurg en ‘n dooie man werk nie eintlik hard nie en in nie geld vir die uitgemergelde belastinggaarder nie.

Manuela ·

Munisipaliteite, wat Evkom biljoene rande skuld, het ook ‘n aandeel hieraan. Swak bestuur, swak ekonomiese bestuur en korrupsie het Evkom se knieë geknak en nou is daar nie geld vir verhogings nie. Dis ‘n skande dat Evkom se topstruktuur boonop so swaar is. Vakbonde se swak disspiline en beheer oor stakende lede dryf ons land in die afgrond in.

Ellisras ·

In Ellisras is 2 kragstasie en baie Eskom werkers. Hulle salarisse is tussen 20 – 35 % bo die mark gemiddelde. Selfs die laer vlakke is oorbetaal

Sann ·

Hierdie hele Eskom episode is niks anders nie, as ‘n goed beplande aandagafleier, van dít wat eintlik hierdie week hoofnuus moes gewees het: Onteiening sonder Vergoeding. Daar was baie meer rede om te staak en te verniel om aandag te trek.

Danie Acker ·

Die mentaliteit van mense met werk, buitensporige salarisse en skeefgetrekte arbeidswetgewing wat hulle beskerm; wat dink hulle het die reg om te ontwrig en te verwoes; niks vir die land, ander se regte en diegene wat nie eers werk of dak oor hulle kop het omgee nie, bly my verstom. Dit is iets waarteen die burgerlike samelewing in opstand behoort te kom .

Willem ·

Tim du Plessis en Dawie Roodt gesels juis vanoggend daaroor op Kyknet se Ontbytsake. Soos Dawie dit gestel het, daardie mense behoort ‘n MINUS salarisaanpassing te kry.

Almal wat by die semi-staatsinstelings werk gebruik dit asof dit hul persoonlike spaarvarkie is.

Lerato ·

Bok
Baie geluk. Dis verblydend om iemand hier raak te lees met verstand.
Soveel mense wil hê Cyril moet by elke ding betrokke wees.
Een ou skryf eenkeer. Die taxies mors water met tuinslange waarmee hulle karre was en Cyril sit oorsee waar hy beleggings soek.
As jy iets verskriklik einaardig wil lees, lees dan sommige kommentaar by MM

Cherokee ·

Soos jòu aanvalle teen AfriForum waarna jy tjoepstil geraak het.

Jerry ·

Selfs Herman wat krities staan teenoor die gematigdes van die ANC swaai Gordan lof toe vir sy hantering van die situasie . Komaan mense vernuwe julle uitkyk in die lewe en gee lof waar dit n persoon met goeie intensies, toekom!

Vermeendes ·

In n voice note van Erens Roets ( as dit nie hy is nie dan vra ek verskoning) eis Solidariteit die lof van die uitkoms aan hom toe, maar die kommintators hier op MM wat self lede van Solidariteit is prys eerder vir Ghordan.
Een ding is verseker, of ek verstaan politiek nie reg nie of die grooter gros komminrators hier verstaan dit nie reg nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.