Eskom het glo ‘geheime ooreenkoms’ vir krag aan Zim

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Eskom verskaf glo tot soveel as 300 megawatt se elektrisiteit op ʼn daaglikse basis aan Zimbabwe as deel van ʼn nuwe “geheime” ooreenkoms.

Die Zimbabwiese The Herald berig dat die land in die laaste kwartaal van 2015 onder kragonderbrekings gebuk gegaan het. Die jongste krisis is glo weens die dalende watervlak van die Karibadam, wat ook boere en verskeie nywerhede op hul knieë gedwing het. Volgens die koerant is “verskeie stedelike woonbuurte vir tot 18 uur per dag sonder elektrisiteit”.

Partson Mbiriri, sekretaris van Zimbabwe se departement van energie en kragontwikkeling, het erken dat sy departement ʼn ooreenkoms met Eskom gesluit het. “Die besonderhede van die ooreenkoms kan egter om veiligheidsredes nie bekendgemaak word nie,” het Mbiriri gesê. Volgens hom word die krag verskaf wanneer die aanvraag in Suid-Afrika laag is.

Die ooreenkoms stel Zimbabwe in staat om snags water in die Karibadam op te gaar en dié water dan bedags te gebruik om meer elektrisiteit op te wek.

Eskom het intussen in ʼn verklaring gesê geen beurtkrag word Maandag in Suid-Afrika verwag nie. “Die vraag na elektrisiteit sal na verwagting laag bly tot die tweede week van Januarie aangesien baie fabrieke steeds gesluit is,” lui die verklaring.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Eliza-beth ·

Jy weet… wat gaan dan gebeur wanneer ons fabrieke en n ywerhede weer oopmaak? Moenie dink die hulp aan Zim sal dan gestaak word nie! Ons sal maar weer moet ly onder beurtkrag, ons wonderlike regering het nie ‘n SAAK met sy eie mense nie.

Anoniem ·

Ons moet vir die krag betaal wat comrade Mugabi gratis kry. Zuma se dag kom gouer as wat ons almal verwag.

Chris W ·

Tyd kom dat ons self die krag voorsiening na naburige lande sal ‘beiendig’.

Ghost ·

Eliza-beth stem saam. Die winter kom stadig nader. Plaas eskom krag opgaar maar duidelik kan hulle nie dink en besluite neem oor die dag van more nie. Hoeveel geld word weer in persoonlike rekeninge inbetaal net sodat ons onder krag beurt moet deurloop.

Firenando ·

Ai nee,mens kan nie krag opgaar nie,lol dit moet gebruik word,Zimbabwe betaal vir die krag,bietjie min maar hulle betaal,dis net menslik om ons bure uit te help of hoe? Onthou Suid Afrika is baie droog en ons kry baie water van Lesotho ,so wat sal gebeur as hulle die riviere en damme sluit aan hulle kant? Mosambiek en Angola oorstroom jaarliks,ons regering soek daai water,so asseblief bedaar,alles in orde

nig ·

Firenando ons het geHELP om daai dam te bou – vergelyk appels met apples my arme ou.

Rynhardt ·

Ons Afrikaners betaal vir die Anc se vriend, die diktator, Mugabe se krag wat hy gratis ontvang! So word die SA ekonomie verder benadeel met die groot hoeveelheid krag wat Zim ontvang.Moenie verbaas wees as Eskom weer vir Nersa nader vir geld nie!

Berhalet Beukes ·

Nes hulle elektrisiteit aan spesifieke myn groepe teen belaglike lae pryse in naburige lande verskaf… En dit geheim hou

DPJ ·

Om watter veiligheids redes (andeers as koripsie) mag ‘n ooreenkoms nie bekend gemaak word nie. Waar is enige land se veiligheid betrokke?

Realis ·

DPJ. Vestaan jy dan nie? Hulle verwys na die korrupte ANC politici se veiligheid. Onthou zuma het die anc bo die land geplaas

Bella M ·

Dis maklik DPJ! Die ANC Staan ook bekend as die KGB!!! Alles is dan so groot geheim. Koop maar vir julle kragopwekkers en water tanks met n pomp. Dit is ons voorland ouens!!!

Chris W ·

Son en wind krag is ons voorland.Ons gebruik juis gas stowe al ‘n paar jaar .Moet nou net oorskakel na ‘n windlaaier en ‘n paar sonpanele en dis binne kort.Ek gaan beslis van evkom ontslae raak kom wat wil!Maar die krag wat gratis veskaf word aan AL ons buurlande is verregaande.Daar SAL ‘n einde aan gebring moet word in die nabye toekoms.Hulle kry nie beurt krag soos ons nie en betaal ook niks.Nou wil evkom kern krag sentrales ten duurste oprig.Wie dink hulle gaan betaal vir daai miljarde rande se uitgawes?Beslis nie ek nie!

P J ·

Vir wie wil hulle flous? Hulle kry al eeue krag by Suid Afrika. Jy kan nie nou n ooreenkoms teken, infrastruktuur daar stel en dadelik sommer die krag gebruik nie, of is Eskom en Zimbabwe al vinniger en beter as Chuck Norris?

Piet Pompies ·

In kragopwekking terme is 300MW baie min krag, dit kan wel ‘n verskil maak in ons netwerk maar ‘n groot verskil maak in ‘n land waar daar min of geen krag is.

Martie van Graan ·

Ek dink ook dit is baie verkeerd, hier is plekke in ons land wat nie krag of water het nie, veral Alawal Noord. Zimbabwe is in sy glorie hoekom hulp verleen, baie onregverdig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.