Eskom het ‘plan B’ nodig, sê DA

Argieffoto

Argieffoto

Die Demokratiese Alliansie het Sondag gesê Eskom se gebrek aan ʼn gebeurlikheidsplan vir steenkoolvoorraad is niks anders nie as “growwe nalatigheid”.

Die DA gaan Lynn Brown, minister van openbare ondernemings, vra om ʼn gebeurlikheidsplan op te stel om nasionaal moontlike steenkooltekorte aan te spreek, het Natasha Mazzone, woordvoerder van die party, in ʼn verklaring gesê.

Khulu Phasiwe, woordvoerder van Eskom, het gesê daar is nie “ʼn plan B” indien steenkoolvoorraad by die Hendrina-kragstasie opdroog nie.

Mazonne beplan ook om skriftelik in die parlement aan adjunkpresident Cyril Ramaphosa te vra waarom hy en sy “oorlogskamer” nie toegesien het dat ʼn plan opgestel word wat in werking kan tree indien die verskaffing steenkoolvoorraad by enige kragstasie onderbreek word nie.

“Dit is ʼn kwessie wat sentraal staan tot Suid-Afrika se kragvoorsieningsvoorraad, en die adjunkpresident se versuim is ontstellend en veelseggend,” het sy gesê.

Hendrina-kragstasie, wat ongeveer 2 000 MW aan die nasionale kragnetwerk verskaf, het glo slegs 40 dae steenkoolvoorraad oor.

Ná die opskorting Vrydag van ʼn ooreenkoms tussen Optimum-steenkoolmyn en Eskom, is daar ʼn groot risiko dat kragonderbrekings van hierdie kragstasie te wagte kan wees.

“Dit sal ramspoedige gevolge vir die ekonomie inhou, aangesien dit die moontlikheid van beurtkrag sal verhoog,” het sy bygevoeg. “Dit is niks minder nie as growwe nalatigheid om nie ʼn gebeurlikheidsplan in plek te hê nie, terwyl Suid-Afrika reeds kragtekorte beleef.”

Volgens mediaberigte het Eskom nie ʼn gebeurlikheidsplan in plek indien steenkoolvoorraad by Hendrina-kragstasie opdroog nie. Phasiwe het gesê alhoewel dit belangrik is om ʼn “plan B” te hê, sal Eskom later een beraam.

Mazzone het gesê Eskom moet homself regruk en so gou as moontlik ʼn plan B in plek stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johann Marx ·

Wat se “Plan B” is dit met julle? Hulle “struggle” nog om “Plan A” behoorlik te laat werk?

Pieter dp ·

Wie is reg en wie is verkeerd??????
Die storie is in die ronte dat Eskom nie hul verskafers betaal nie. En die abserkabd beweer Eskom die verskafer dat die n swakgehalte steenkool verskaf. Dan weer weet ons almal dat ons top steenkool uitgevoer word en ons geroem het op die fyt dat ons kragsentrales ge ondwerp is om n lae gehalte steenkool te kan gebruik. Nou waar is due probleem dan nou skierlik. Aan die eenkand is die inkomste van elektriesetuid van Eskom on doeltrefend soo erg dat hul inkomste met 50% ge dasl het en die uitgawes bly die selfde. Dis sal ek n grooter blaam op die Eskom plaas. Betaal jy verskafer Eskom en raak onsla van die ander nie inkomste parasiete en die ekonomie van die land sal weer blom. Dan sal Eskom weer genoug vonse hè om voort te gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.