Eskom het planne indien werkers staak

Die leierskappe van NUM en Numsa het Dinsdag ʼn gesamentlike mediakonferensie oor die Eskom-kwessie gehou (12 Junie 2018). Foto: Twitter

Ten spyte van verdoemende boodskappe wat op sosiale media die ronde doen dat Suid-Afrika Donderdag sonder elektrisiteit sal moet klaarkom wanneer tienduisende Eskom-werkers aan ʼn staking sal deelneem, sê vakbonde hulle sal “elke moontlike wetlike opsie oorweeg” voordat ʼn staking beplan sal word.

NUM en Numsa het Dinsdag tydens ʼn gesamentlike mediakonferensie gesê hul lede sal wel Donderdag oor middagete aan landswye protesaksies deelneem. Die grootste van dié protesaksies sal oor etenstyd by Eskom se Megawatt Park in Johannesburg gehou word.

Die vakbonde se ontevredenheid kom nadat Eskom ʼn 0%-salarisverhoging vir werknemers aangebied het. Dit het daartoe gelei dat NUM, Numsa en Solidariteit elkeen afsonderlik ʼn dispuut met Eskom verklaar het.

Leiers van Numsa en NUM het Donderdag gesê Eskom se verweer dat die kragreus in ʼn finansiële verknorsing sit en daarom nie kan bekostig om salarisverhogings aan werknemers toe te staan nie, is nie ʼn aanvaarbare verskoning nie.

Die vakbonde sê in ʼn gesamentlike verklaring hoewel ʼn hoë salarisrekening wel een van Eskom se uitdagings is, kan dié uitdaging nie voor die deur van die werkers gelê word wat die kleinste salarisse in die maatskappy verdien nie.

“Eskom het ʼn swaar topstruktuur en ʼn abnormale werker-tot-bestuurder ratio. Sommige senior bestuurders het nie eens enige werkers wat aan hulle rapporteer nie, maar hulle word met ruim bonusse beloon,” lui ʼn verklaring deur die vakbonde.

“In 2001 het Eskom goed presteer en is die maatskappy effektief bestuur deur 80 bestuurders. Vandag bestaan hierdie bestuurstruktuur uit ongeveer 500 bestuurders. Hierdie mense word buitensporige salarisse betaal wat kontantvloei in die maatskappy vernietig. Die gemiddelde inkomste [van ʼn bestuurder] is R800 000 of meer per jaar. Ons eis dat Eskom drasties sy topbestuurstruktuur moet sny om koste te bespaar.”

Die leierskappe van NUM en Numsa het Dinsdag ʼn gesamentlike mediakonferensie oor die Eskom-kwessie gehou (12 Junie 2018). Foto: Twitter

Numsa en NUM sê verder Eskom het miljarde rande verkwis deur wanbestuur en korrupsie en “die Eskom bestuur en -raad was aan die voorpunt van hierdie skandale”. Die vakbonde eis dat die geld wat deur wanbestuur en plundering verlore gegaan het, teruggekry moet word voordat Eskom kan aanvoer hy het nie geld vir salarisverhogings nie.

“As werkers bly ons vasbeslote oor ons eise. Hoewel ons begrip het vir die uitdagings wat Eskom in die gesig staar, eis ons dat Eskom na die onderhandelingstafel kom met die voorneme om te onderhandel. Ons eis ook ʼn dringende vergadering met Eskom se raad, pres. Cyril Ramaphosa en Jeff Radebe, die minister van energie. Ons eis dat hulle dringend met al drie die vakbonde vergader om hierdie dooiepunt op te los.”

Intussen het Eskom gesê hy het gebeurlikheidsplanne gereed indien werkers wel besluit om te staak. “Eskom is ʼn noodsaaklike diensverskaffer en daarom word ons werknemers herinner dat hulle nie toegelaat word om aan stakings deel te neem nie,” sê die kragvoorsiener in ʼn verklaring.

“Eskom simpatiseer met die meer as 47 000 werknemers wat die afgelope finansiële jaar baie hard gewerk het om die ligte te laat bly brand. Weens die moeilike finansiële situasie wat die maatskappy tans in die gesig staar, het Eskom egter besluit om vanjaar nie enige salarisverhogings aan te bied nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Sandra ·

Die groot manne moet mans genoeg wees om van hulle klein salaries bietjie af te knyp om diegene wat die werk doen, se salarisse te betaal, Of, hulle moet ook maar vir ‘n verandering ‘n oorpak aantrek, tussen die steenkool gaan speel of in die sentrales ingaan, daar waar die hitte so hoog loop dat jy voel of jy heeldag in ‘n sauna sit, en kyk of dit wat hierdie mense verdien, regtig voldoende is. Hulle verdien heel waarksynlik ‘n minimum loon, ek weet nie wat dit is nie, maar kan my indink dat dit nie baie kan wees nie. Ons kyk dan of hulle steeds so min sal betaal, miskien val die klappe af…

RINA ·

Ons betaal gereeld ons rekeninge hoekom moet ons daaronder lei. Sommiges se rekenings is vooruit. Dis verseker nie betaler se skuld as Eskom nie geld het nie. Net soos die werker is ons wat betaal ook onskuldig. Daarby daar is ou mensies wat afhanklik is van krag vir hulle suurstof. Asook mammas met babas en hospitale. Hoekom moet die publiek altyd aan die korste end trek.

Vryheid ·

Die resultaat van jare se korrupsie. Maar weereens staat beheerde instansies sal nooit winsgewend wees nie.

Johan. H ·

In apartheid era sou hierdie hoogverraaad wees. Lyk my die unus, skuus unies, bedryf die land,,

Krag efbruikef ·

Regtig, werkers trek altyd aan die kortste end!
Bestuur mag seker goeie vergoeding ontvang maar nie te koste van handearbeiders.
Van die bestuurders hus werkers aan dan kan hul ook belaglik verhogings ontvang!!!!!!!!

Wilma ·

Korrupsie moet hier gesien word. Brian Molefe ma een vani duisende culprits

Johanna Botha ·

En die plan is dat die ligte gaan af wees vir n lang ruk ….die mense se planne werk al vir 23 jaar nie uit nie …dis hoekom die Rand sit waar hy sit , die branstof die duurste ooit is en SA junk status is …so ja julle plan werk gewoonlik baie goed hehe

Hendrik ·

Eskom werknemer se salaris is gemiddeld R789 K per jaar. Hulle word 10x meer vergoed vir ‘n soortgelyke posisie in die privaat sektor. Dan is daar bykans 50 000 te veel personeel in Eskom. Eskom was ‘n soustrein van formaat en het baie baie skade gedoen aan die S.A se ekonomie. Geen simpatie van my kant af.

Jef ·

Ek wil net se dat die munisipaliteite die oorsaak is van al die ellende waar Eskom nou mee sit, ek bedoel begin eers by die kruimeldiewe by die munisipaliteite uit te gooi en gaan aan met die skoonmaak aksie tot aan die top van Eskom.

bgj van der westhuizen ·

wel as daar nie geld is nie kan daar nie verhogings wees nie ek stem saam met die unie daar is te veel bestuurders maak minder en en wat daar die geld en betaal die werkers meer maar Eskom se werkers is beslis van die wat goed betaal word dit is dalk dat daar gekyk word in die land na alle werk en wat word n persoon betaal vir daar die werk wat hy doen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.