Eskom het slegte nuus vir Parys

Argieffoto (Foto: Johannes Plenio/Pixabay)

Eskom het Donderdag gewaarsku herstelwerk by ʼn substasie in Parys in die Vrystaat gaan langer duur as aanvanklik verwag.

ʼn Brand het Dinsdagaand om 20:30 ontstaan weens ʼn transformatorfout en groot skade aan die beheerkamer aangerig. Die kragtoevoer na ʼn groot deel van Parys is hierdeur geraak.

“Alhoewel daar aanvanklik verwag is dat die kragtoevoer teen vanmiddag herstel sou wees, het die span ontdek dat bykomende materiaal vereis word,” het Eskom Donderdag in ʼn verklaring gesê. “Dit het ongelukkig die herstelwerk vertraag. Die span is besig om voorbereidings te tref sodat hulle gereed kan wees sodra die materiaal opdaag en om aan die toerusting te werk sodat die herstelwerk so vinnig as moontlik afgehandel kan word.”

Die kragtoevoer sal na verwagting eers teen Vrydagaand (29 Mei 2020) herstel wees.

“Die span bly verbind daartoe om die kragtoevoer na Parys baie dringend te herstel terwyl veiligheidsmaatreëls gevolg word. Ons vra om verskoning vir enige ongerief wat hierdeur veroorsaak word en versoek verbruikers om geduldig te bly.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Piet parys ·

Ja het hulle al gehoor van onderhoud . As jy nie transformer gereeld diens nie. Olie aftap ens gebeur die tipe van crashdown

Robert ·

In die verlede was daar gewoonlik ‘n bystand eenheid in plek gereed om oor te neem. Gooi skakelaars en siedaar alles werk weer.

Johan ·

Nou wonder ek of hulle oortyd werk of nie? Die stories loop maar in die dorp

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.