Eskom-hoë: ‘Dít is die beurtkrag-situasie’

Foto: Twitter

Eskom is vol vertroue dat beplande kragonderbrekings voorlopig iets van die verlede is. Hy meen ook die instandhouding wat hy in Desember aan sy kragsentrales doen, sal die kans op beurtkrag van middel Januarie af verminder.

Andrew Etzinger, waarnemende hoof van kragopwekking by Eskom, het Dinsdagoggend tydens ʼn onderhoud op Jacaranda FM se ontbytprogram Breakfast with Martin Bester gesê daar is “vroeë tekens van herstel” by die kragvoorsiener.

Wat die vooruitsig van beurtkrag in Desember betref, het Etzinger gesê die vraag na elektrisiteit is altyd laer in Desember omdat nywerhede vir die vakansie sluit. “Vandeesweek sal die vraag wel nog hoog wees, maar goeie werkverrigting deur ons kragsentrales sal waarskynlik neerkom op geen beurtkrag dié week nie.”

In volgende week, wanneer die vraag selfs laer behoort te wees, wil Eskom die kans benut om heelwat instandhouding aan sy kragsentrales te doen, het Etzinger gesê. “En dan, teen middel Januarie, wil ons seker maak dat die onderhoudswerk wat ons nou doen, sorg dat ons kragopwekkers in ʼn betroubare toestand is.”

Hy het begrip daarvoor dat Eskom onder skoot kom ná twee weke van beurtkrag en erken wanbestuur is een van die redes waarom die kragvoorsiener hom in die huidige benarde situasie bevind.

Ons het tien uitvoerende hoofde in die afgelope ses jaar gehad.

“Van die aantygings is in sommige gevalle gegrond,” het Etzinger erken. “Ons het ʼn paar jaar van baie onstuimige bestuursveranderings in die organisasie agter die rug, iets in die omgewing van tien uitvoerende hoofde in die afgelope ses jaar.

“En natuurlik bevind Eskom hom in die middel van die ‘staatskapingsepisode’, wat beteken daar was senior bestuurders in Eskom wat veel meer daarin belanggestel het om hulself te verryk as om die ligte aan te hou.”

Bester wou by hom weet of die bedrag van R1,4 biljoen (“trillion”) wat korrupsie by Eskom die land volgens die energiekenner Ted Blom gekos het, ongegrond en “te bisar” kan wees. “Nee, ek dink nie [dis verregaande] nie,” het Etzinger geantwoord. “Of dit R1,4 biljoen of R400 miljard is, dis baie.”

Hy het verduidelik van die kontrakte wat Eskom met myne gesluit het om steenkool aan hulle te lewer, was nie bo verdenking nie. Nadat dit aan die lig gekom het, is die myne in ondernemingsredding geplaas, wat die verskaffing van steenkool onderbreek het.

Ons het baie hard daaraan gewerk om kragonderbrekings stop te sit.

“Ons het baie hard daaraan gewerk om kragonderbrekings stop te sit en vandag kan ons dit regkry, maar om dié toestand te handhaaf, sal aggressiewe en duur instandhoudingswerk verg aan eenhede wat die afgelope paar jaar effens afgeskeep is.”

Gevra wat die situasie met steenkool is na aanleiding van die “fopnuus” dat berge steenkool na China uitgevoer word terwyl Eskom kla oor ʼn tekort daaraan, het Etzinger gesê hulle ervaar wel ʼn tekort by ʼn aantal kragsentrales wat minder steenkool het as die ideaal.

Hy sê hulle het die afgelope twee weke goeie vordering gemaak om voorrade by kragsentrales op te bou, maar in sommige gevalle het die steenkool wat ontvang is, nie aan die gehaltemaatstawwe voldoen nie.

Etzinger sê Suid-Afrika voer wel steenkool uit. Dit benadeel Eskom omdat die vraag na steenkool uit die buiteland dié brandstof se prys verhoog, maar dis nie die rede vir die tekort daaraan wat die kragvoorsiener ervaar nie.

Ten spyte van Etzinger se versekering, waarsku Eskom intussen in ʼn persverklaring wat hy Maandagaand laat uitgereik het die kragnetwerk “bly kwesbaar en wisselvallig”. Hy gee die versekering dat beplande kragonderbrekings net toegepas sal word as dit “absoluut noodsaaklik” is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Eléne ·

Mnr sorg net dat ons krag het. Ons woon nou in n ‘oorlog geteisterde land’ net al die dreigemente van moord op ons boere vroue kinders en selfs diere. Ons Wil nie weet wat Eskom se probleme is nie. Eskom het ons land finansieel beroof van miljarde rande. Sorg net dat ons krag het!!!!

Skroef ·

Beurtkrag is eskom se manier van manipulasie elke keer as hulle verhogings buitensporig hoog is. Hulle kan die onwettige gebruikers opskryf en die gratis krag en sommer die hoe meer jy koop hoe duurder word dit twak los. Een kW, een prys al koop jy R2000 in Naval Hille of R20 in Nyanga.

Ore ·

Stem 100% saam skroef.Hulle verskaf krag aan buurlande ook teen helfte van die prys

Karolis ·

Tien uitvoerende hoofde in ses jaar, vertel ook ‘n storie.

Mag ·

Korrek Karolis en almal is skatryk daar weg en het oop die kooptoe nog lywige goue handdrukke gekry om hul te bedank vir hul bydrae tot die ondergang van een van die mees susesvolle Maatskappye in die land.

Johan ·

Kan iemand wat meer kennis het my verduidelik hoekom ons steenkool uitvoer die petrol prys opjaag?Ek verstaan nie die korrekasie nie.

Nettie ·

Die situasie is maklik oplosbaar: hou op om ANC-kaders (regstellende aksie) “bestuurslede/uitvoerende hoofde” aan te stel en stel mense wat wéét hoe om besigheid te bestuur(blankes) aan – ons het nou in die afgelope 25 jaar gesíén wat gebeur as sekere mense aangestel word in sekere posisies – laat daar nou uit die foute wat gemaak is, geleer word tog?

Parlement ·

Nee – Pravin is nou op hulle case – nou is dit n heel ander storie – hulle wil nou gaan holiday

Harry ·

Onmiddelik nadat Pravin Gordham dreig om die senior bestuurders se Desember verlof te kanselleer, stop die beurtkrag tot en met Januarie.

Piet Pompies ·

Goeie nuus….. Kry net eers die toerusting op standard sodat dit kan funksioneer soos ontwerp. Eerste stap, kortste stap, goedkoopste stap.

Ruimte ·

Jy kan die opgaar van steenkool by Richards baai sien uit die ruimte soos die groot muur van China

Nikita ·

Dalk ship hulle net nog meer steenkole na China om daardie lening van R33miljard te kan betaal wat CR by China se developmentbank geleen het vir Eskom. Want geld is daar mos nooit!!

Jan ·

Neem weer die kindigers wat afgeleg is, weer in diens sodat die regte onderhoud gedoen kan word.

Frans C ·

Sal nie gebeur nie.Tipies ANC laat eers alles in duie stort en kom dan met reddingspoging
om aansien by kiesers te herwin.Amper soos ‘n ouer wat ‘n kind wat nie kan swem nie
ongesiens in ‘n dam gooi en dan by aanskoue van almal wat kind hoor gil en kom kyk in die dam spring en sy kind dramaties van verdrinking red.

John ·

Het iemand dalk nog die planne van daai koelkas van uitgebrande kole binne ‘n sifraamwerk wat altyd op die plaas onder die doringboom langs die sapperyterkamer (help sommer asb ook met die spelling want my woordeboek skiet tekort) gehang het? Die oumense het dit natgegooi en dan werk dit beter as deesdae s’n met Eskomkrag; laasgenoemde die grootste gedoente ooit. Binnekort sal die es ook weer terug kom… sodra ons ‘n ooreenkoms met Sjina gesluit het om weer van die hope steenkool uit SA wat daar ophoop kan aankoop teen 10x die koopprys, vir plaaslike gebruik… in SA.

Kfn ·

Evkom sal oor ‘n paar dae seker reageer rakende die aantuigings van hope steenkool in Richardsbaai, deur ernvoudig te sê dit is lae graad steenkool wat nie vir gebruik in kragstasies geskik is nie.

LouE ·

Lyk my Pravin het goed gatgeskop. Maar die feit dat die storie van dag na dag verander, wys dat daar heelwat liegstories is en dat daar ‘n goeie dosis politiek ingemeng is. Daar moet ten eerste bevoegde en eerlike top-bestuur aangestel word. En dit het hulle nie.

Sanet ·

LouE . Stem. Die een se dit, die ander dat. Die Eskom stories is een groot geliegery. Elkeen waarmee onderhoude gevoer is het n nuwe liegstorie opgedis. Ek glo NIKS meer nie. Sorry.!!

Elsa ·

Hi my man n whatsup boodskap gekry wat se daar word bote kole afgelewer by Richardsbaai hawe wat na China toe vervoer word. nou weet ek nie hoe waar dit kan wees nie. Gistraand se nuus se dan ons loop te kort. Daar was fotos van die boot ook.

Blondie ·

Ek glo nie ‘n woord wat ESKOM te sê het nie!! In van Riebeeckpark in Kempton Park het ons nou al van 6 uur vanoggend af GEEN KRAG NIE!!! ‘n Boorgat en Sonkrag is nou my voorland!! Ek is klaar met daai EKSDOM SPUL BY ESKOM!!

PaulV ·

Blondie; wat jul ondervind is nie beurtkrag nie, dit is ‘n kragonderbreking – daar IS ‘n verskil. Daar is landwyd geen beurtkrag vandag nie.

Alida ·

Lekker geskrik toe Pravin praat. Mnr Gordhan gryp asb in by al die plekke wat wanbestuur word.

robert naude ·

Ritchards baai is ongeveer 30 jaar gelede gebou vir die uitsluitlike doel vir ystererts en steenkool uitvoere wat van toe af plaasvind.

Jan Alleman ·

Die kennis om die tipe stelsels te laat loop soos stroop sit nou oorwegend oorsee. Te min kenners bly oor. Baie tree af en baie het ge-emigreer. Die probleme gaan net erger en erger en erger word.

Theunis ·

Enigeste rede hoekom Eskom beurt krag het is sodat hulle aan die einde van die jaar kan vrae vir ‘n eenheid prys verhoging omdat hulle nie soveel krag verkoop het as wat hulle voorspel het nie hulle sal weer vir ‘n 15-20% verhoging vrae. Daar is steenkool maar ongelukkig word al die hoer graad steenkool uitgevoer en Eskom word net van die laagste graad voorsien aangesien hulle ‘n vasgestelde begrag per ton betaal wat nie afhang van die graad wat voorsien word nie.

Cherokee ·

Gordhan sal sonder om te sukkel ‘n massa van julle oorreed om by die ANC aan te sluit.
Jul bewondering vir ‘n lid van die ANC wat Umkhonto we Sizwe se moorde op onskuldiges dmv winkel- en spoorwegstasie-bomme goedgekeur het, is verbysterend.

Agie ·

John, dit is ‘n roomafskeier. Draai die slinger vinnig en die stapel klein bakkies laat die room ‘n mooi straaltjie in die room kan loop.

Ek glo nie een woord wat Eskom se hoë amptenaar probeer verduidelik nie.

Dis jare reeds dat die spoorlyn van Thabazimbi na Richardsbaai as die ‘koollyn’ bekendstaan. Hoë graad steenkool wat na China verskeep word. En daai hoë amptenaar wéét dat hy lieg.

Die wiel van geregtigheid draai en die waarheid het ‘n manier om nie lank weg te bly.

Andre ·

Die beurtkrag het begin net nadat Mabuza besoek afgelê het by sy Russiese ‘meesters’!

Kamstig Rusland toe vir behandeling a.g.v. vergiftiging …. gmpf!

Rusland manipuleer EKSDOM sodat SA hulle kernkrag kragstasies MOET koop.

JZ en sy gespuis sit daar agter!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.