Eskom-hoë vat die pad

Phillip Dukashe (Foto: Twitter)

Phillip Dukashe het Maandag as hoof van kragopwekking by Eskom bedank. Hy was vir 26 jaar by die kragvoorsiener werksaam.

Sy bedanking tree op 31 Mei in werking.

Volgens Eskom het Dukashe in sy bedankingsbrief en samesprekings met Eskom-bestuurders gesê hy het ’n behoefte om ʼn balans in sy lewe in terme van sy gesondheid, gesin en werk te handhaaf.

Rhulani Mathebula sal intussen waarneem as hoof van kragopwekking terwyl die aanstellingsproses van ’n nuwe hoof begin.

“Rhulani is ʼn gesoute bestuurder en het voor Dukashe se aanstelling as hoof van kragopwekking gedien,” het die kragvoorsiener in ’n verklaring gesê.

Volgens Eskom het Dukashe se “institusionele kennis, kruisfunksionele vaardighede en ervaring van gesonde uitvoerende leierskap” die broodnodige stabiliteit by die opwekkingseenheid tydens sy ampstermyn verseker.

“Dukashe laat ʼn bekwame span agter om die volhoubaarheid van die kragopwekkingseenheid te verseker. Hy was inderdaad ’n groot aanwins vir Eskom en ons bring hulde aan hom vir sy ryk nalatenskap van onbaatsugtige leierskap, integriteit en uitnemendhede diens.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Clifford ·

Van wat Eskom was toe hy in 1998 daar begin werk het en hoe dit nou is met sy aftrede, dink ek dis dalk ‘n goeie ding dat hy aftree.

wendy ·

As hy so bekwaam is hoekom sit en sukkel ons met krag hy is al oor die 20,jaar in diens

Boatsie ·

Moenie dat hy te vêr gaan nie.
Hou maar dop waarheen hy gaan

Nici ·

Regtig!? Wat presies is sy ‘ryk nalatenskap’ ? Beurtkrag?

Nie Verbaas ·

Beurtkrag, diefstal en korrupsie glo ek is die nalatenskap.

Marius ·

Kom.ons hoop hul stel nou iemand aan wat weet wat hy doen en wat toepaslike kennis en ondervinding het.

Vexed ·

Volgens hulle is dit wat hy het, so, ek sal maar nie my asem ophou nie…

Arthur ·

Ongelukkig is daar niemand in die Esskom-mandjie wat weet wat aangaan nie…. EISH!

Tubac ·

Nog sal volg. Het moontlik n goue horlosie en n AFTREDE briefie gekry!

Kokerboom ·

Ek vermoed die water word te warm! Hy gaan goed aftree.

sopbeen ·

As ek reg onthou het Andre nie te lank terug gesê ‘n paar koppe gaan waai nie.

Rina ·

Ek ken vir Philip Dukashe vir baie jare en hy was regtig baie bekwaam. Ons het saam gewerk by Tutuka kragatasie en toe weer by CED. Hy is n harde werker wat sy beste gegee het, onthou Eskom is groot so een man kan ie alleen n verskil maak nie

Witbaard ·

As hy die hoof van kragopwekking was en die kundigheid en bestuursvaardighede gehad het , behoort hy ‘n reuse verskil te kon maak. Hy het seker hard gewerk om sy eie nes mooi te maak, want Eskom lyk maar redelik oneffektief.

Wondermaarnet ·

Hy laat ‘n bekwame span agter???? Ek het lanklaas so lekker gelag.

Wielspore ·

Dit wil eerder voorkom of die stoel warm begin word en daar bedank word voordat hy trekpas kry, as hy 26 jaar diens het en ESKOM is besig om onder te gaan het hy nie sy werk gedoen. Vir wat nou komplimente uit deel!

Riaan ·

Besing ‘n man se lof wat baie duidelik NIE die job kon doen nie … Tipies van die ANC wat nooit skuld erken vir enige probleem of fout nie

Gerdus ·

Eskom en bekwaam moenie in dieselfde sin gebruik word nie.

Nie Verbaas ·

As hy so geprys word vat hy nie die pad uit vrye wil nie.

Antonk ·

As hy dat n goeie aanwins was vir eskom.Hoekom is daar dan nog steeds beurtekrag?

Jr ·

Onthou net 36% – 40% performance rating is hulle distinction.

Piet parys ·

26 jaar en hyt niks reg gekry behalwe om meedendeels daaraan skuldig te wees in die vernietiging van Eskom .? Seker gevra om te bedank nê ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.