Eskom-hoës vas oor korrupsie

Nog ‘n eenheid van die Medupi-kragsentrale is in kommersiële bedryf gestel. (Foto: GCIS)

Twee voormalige senior bestuurders van Eskom en twee direkteure van sewe maatskappye sal vandag (Donderdag) in die Johannesburgse streekhof verskyn op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery.

Daar word beweer die verdagtes het R30 miljoen wat vir die bou van projekte by Eskom se kragsentrales bedoel was, in hul eie sak gesteek.

Die Valke, in samewerking met die Nasionale Vervolgsgesag se ondersoekdirektoraat, het die verdagtes Dinsdagoggend onderskeidelik in Limpopo, Mpumalanga en Gauteng in hegtenis geneem.

Volgens brig. Hangwani Mulaudzi, nasionale woordvoerder van die Valke, het die Valke die saak begin ondersoek nadat daar vrae ontstaan het oor die bou van twee groot projekte by die Medupi- en Kusile-kragsentrale. ʼn Voorlopige ondersoek het daarop gedui dat kontraktuele ooreenkomste tussen kontrakteurs, Eskom werknemers en derde partye by die Kusile-kragsentrale gruwelik gemanipuleer is.

Kusile-kragstasie Foto: Leo za1 / © Rute Martins van Leoa’s Photography via Wikimedia Commons

ʼn Diepgaande ondersoek het aan die lig gebring dat die kontrak op verskeie wyses gemanipuleer is. Dit het onder meer aan die lig gekom dat:

  • Beamptes in senior bestuursposisies by Eskom die kragreus se verkrygingstelsel gemanipuleer het;
  • Werknemers by Eskom het die omvang van die projek by Kusile afgeskaal, sonder behoorlike regverdiging.

In Junie 2015 het Eskom se span wat die projek by Kusile bestuur het, ʼn versoek aan Eskom se verkrygingskomitee gerig. Hulle wou ʼn mandaat hê om ʼn kontrak te onderhandel en te sluit met een van die maatskappye wat by die saak geïmpliseer word. Die kontrak van R745 miljoen was vir die bou van twee lugverkoelde kondensators by Kusile en is dieselfde jaar goedgekeur.

“Daar word nou beweer dat die betrokke maatskappye, ander verwante entiteite en individue tussen Februarie 2015 en Julie 2017 R30 miljoen hiervan tussen hulself verdeel het,” sê Mulaudzi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Johanna Botha ·

Vas soos in die tronk of kry hulle nou in die anc n bevordering !

Hannetjie ·

Wha ha ha!! en nou wat gaan nou met hulle gebeur??Gaan ons weer geld kos…weer en weer.Al wie nou score…is die advokate en prokureurs

Eddie ·

Gelukkig het Cyril met sy gevangenis amnestie nou plek gemaak om die korrupsie manne te kan huisves !

Kootjie ·

Haai julle!! Se vir my: hoekom is daardie klomp soo skelm en verneuk en beneuk ons land soooo? Gaan ons darem ooit weer eendag ‘ n oordentlike land met niks skelms he nie? Wat het hietso gebeur?

James ·

Die blikskottels en ons moet net betaal en in beurtkrag gesit het!

Sarel ·

Ons die verbruiker moet betaal. Eskom en Regering moet duidelik uitspel wat met die mense gedoen word. Ons wil weet.

Strandloper ·

Maak hul goed vas nê….hul is baie slim en kom gou los met so R30 borg of minder…

Ja nê ·

En ek sit afgelê want daar nie meer geld om te betaal… na 6 maande steeds werkloos. Ander hulself net verryk

Michael P ·

Hierdie saak sal ook baie jare vat en dan net stil stil verdwyn en onthou hulle is reeds geskors MET VOL BETALING. Lekker Man.

Foxi ·

Hemel tog…..ons het die grootste skelms en rowers ter wêreld. Wanner gaan dit endkry?

Ek wonder ·

Ek wonder of daar ‘n IK is vir skelmgeit….dan is SA s’n seker geniaal..

Diefie ·

Eskom-hoe’s moenie worry nie, as julle op borg vrygelaat is nie, sal julle volgende kerfees vry wees. Dan kan julle saam met daai besigheids man werk wat ook vir VATNET gewerk het, Die naam van sy besigheid is: Take All

Anti Da ·

Ja kyk , 30 miljoen is chappies geld. Die kraaie kan nie lekker tel nie.

Disselboom ·

“Werknemers het die omvang van die projek by Kusile afgeskaal, sonder behoorlike regverdiging” – nou wat sal ‘n korrupte amptenaar nou hierby baat. Die beriggewing klink nie reg nie. Het maar elders gaan lees om uit te vind wat nou eintlik aangaan.

Jack Klok ·

“Eskom hoës vas oor korrupsie”

Die spreekwoord sê: Sien is glo maar voel is wragtag.

Die opskrif bo die artikel is ‘n versugting wat meeste mense seker het maar dis nog glad nie te sê dat dit al sover is nie. Die wiele van die gereg maal stadig, baie baie stadig. En dan kners dit nog dilwels heeltemal tot stilstand vanweë die gebrek aan politieke wil om te vervolg. Kaders beskerm kaders – dis nou maar een maal ‘n feit soos ‘n koei.

En met die ANC se vermoë om enige iets wat hulle tot nadeel strek tot politieke voordeel te “spin” soos bv dat Dingaan inderwaarheid ‘n struggle ikoon is, kan enige iets gebeur.

Iets wat egter glad nie sal gebeur nie is dat ESKOM ongeskonde uit die diep put waarin hy geval het sal kom. En dit is ook reg so. As ‘n regering of enige ander instansie onbevoeg en skelm is moet hulle pyn ervaar. Hoe groter die onreg hoe groter die pyn.

Elizabeth ·

Daar kom die hele tyd versoeke om mense in hegtenis te neem. Word dit gedoen, KLA mense daaroor ook. Gaan haal die bobbejaan agter die bult. Hierdie is die eerste positiewe nuus oor Eskom die afgelope dekade. Baie dankie aan die Valke!

Seeklong ·

Wat ons vermoed het is toe waar, ek is bevrees dat daar nog ‘n paar van hulle is.

Jan pierewiet ·

Hulle het toestemming? Dis swart ekonomiese bemagtiging. As daai vir daardie R30M 1 boksie lion vuurhoutjies gelewer is of wat die teenprestasie is, is die bedrag betaalbaar. Soos gesê dis swart ekonomiese bemagtiging. As ek dit doen is dit korrupsie. As dit maatskappy bee “gerate” is, is dit nog wettig ook. Hallo dis net in suid-afrika wat dit so werk. Terloops daar staan maar niks in die grondwet oor bemagtining of regstellende aksie nie? Grondwet beskerm ons mos…. BEE is ongrondwetlik. Dis al.

Anoniem ·

Wag en julle sal sien wie is die maatskappye ek weet wie een is en julle gaan geskok wees as julle dink dit is swart bemagtiging.

Dries ·

Kyk watse poste gaan hierdie ouens nou kry en salarisse wat skrik vir niks. Waar is die ouens wat skuldig was.

Spoor ·

Daars baie meer maatskapye betrokke. Ons wil weet . Hierdie korupsie moet deur bekwame mense ondersoek word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.