Eskom hof toe oor City Power se R1 miljard-skuld

(Foto: City Power/Twitter)

Eskom het hom tot die Johannesburgse hooggeregshof gewend om City Power te dwing om sy skuld van R1,073 miljard (soos teen 31 Maart 2024) te betaal.

Die saak sal op 4 Junie aangehoor word.

City Power het in Oktober 2023 agterstallig geraak met sy betalings en teen die faktuur van Maart 2024 is geen betaling ontvang nie.

“City Power se skuld het ongekende vlakke behaal,” het die kragvoorsiener in ʼn verklaring gesê. “Dit vererger Eskom se finansiële situasie – wat reeds onder druk is – en verhinder sy vermoë om noodsaaklike infrastruktuur in stand te hou, te belê in nuwe tegnologieë en om te voldoen aan die toenemende aanvraag na energie in die provinsie.”

City Power het ʼn dispuut verklaar oor rekeninge vir grootmaataankope vir fakture wat terugdateer tot 2021. Eskom ontken die bewerings deur City Power en sal stawende inligting verskaf tydens die arbitrasieproses.

“Kragtens die elektrisiteitvoorsieningsooreenkomste deur die Wet op die Regulering van Elektrisiteit moet munisipaliteite steeds betaal, selfs al is daar ʼn dispuut oor die faktuur,” sê Eskom. “Die munisipaliteit word deur die dispuut nie kwytgeskeld van sy wetlike verpligting om Eskom te betaal nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Andries ·

Ag kom nou Eskom – R1 miljard is (onaanvaarbare) kleingeld…
BAIE munisipaliteite skuld baie meer – maar daar is mos n kultuur van wanbetaling En Of free, gratis, for nothing, mahala gevestig. Pluk dí vrugte

Jaco ·

Eskom staan onder beheer van die ANC-regering. City Power is deel van die Stad Johannesburg, wat ook onder beheer van die ANC is. So eintlik vat die ANC vir die ANC hof toe (hof is óók onder beheer van die ANC-regering!). Sekerlik kon dié hele ongemaklikheid maklik binne die ANC-huis uitgesorteer gewees het. Dis hoogstens 1 week se admin.
Het die ANC dan NIKS tydens hulle jare van exile in kommunistiese lande geleer nie? Sulke nonsens het nooit daar gebeur nie. Baie van daardie lande was ook, nogal onder kommunisme, SONDER goed soos:
Beurtkrag
Swak vuil staatshospitale
Regstellende aksie en BEE
Swak of geen munisipale dienslewering
En en en en.
Dit het heel goed gegaan in onder andere Pole, Tsjeggoslowakye, Hongarye, die Sowjetunie en veral Oos-Duitsland.
Godsdiensvryheid was ‘n probleem, maar daar was skuiwergate rondom dit.

Martie ·

Baie bly Eskom neem daardie standpunt in teenoor munisipaliteite want hulle doen dit met ons as hulle verbruikers. En dan kry jy nie jou geld terug nie, o nee, jy kry krediet op jou rekening maar sonder rente wat hulle hef op oortrokke rekeninge.

Cassie Carstens ·

Ek is seker Eskom se manier van geld invorder is hoog onder verdenking. Hulle moet gekwalifiseerde mense aanstel wat dit kan doen, nie kaders wat sitbokke is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.