Eskom-hoof bedank

Brian Molefe, Eskom

Brian Molefe, Eskom

Brian Molefe, Eskom se uitvoerende hoof, het Vrydag sy bedanking aangekondig.

Volgens Molefe sal hy Eskom op 1 Januarie verlaat. In ‘n mediaverklaring wat deur Eskom uitgereik is, verwys Molefe na adv. Thuli Madonsela se staatskaping-verslag waarin hy genoem word. Volgens Molefe is sy bedanking nie ‘n skulderkenning nie maar doen hy dit in belang van die maatskappy.

Madonsela het in haar verslag gewys op Molefe en Ajay Gupta se “gemaklike verhouding” en dat hulle verskeie kere in verbinding met mekaar was. Sy het onder meer bevind dat Molefe en Ajay Gupta mekaar tussen Augustus 2015 en Maart vanjaar 58 keer gebel het. Molefe was ook tussen 5 Augustus en 17 November verlede jaar vyf keer in die Saxonwold-omgewing.

Molefe het verlede week huilerig ontken dat hy ooit by die herehuis in Saxonwold was. Hy het beweer hy kuier gereeld by ʼn sjebeen in die gebied.

Madonsela het ook bevind die Eskom-raad is onbehoorlik aangestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Oupa ·

Is dit nou ‘n poging om kriminele vervolging te ontduik, of is hy nou ryk genoeg om “af te tree”?

Johann ·

“Vat jou goed en trek Ferreira, vat jou goed en trek.” Thuli het dit nou herskryf na , “vat jou goed en trek Brian Molefe, vat jou goed en trek”.

GPC ·

Darem bly om te sien hy kan goeie besluite ook neem. Wat sê monster gaan nou in beheer wees?

Wiets Nell ·

In terme van artikel 205 van die wet kan die polisie vasstel presies waar hy was op enige gegewe oomblik. Dus gaan sy shebien storie nie tol nie.

Raymond ·

Hahaha!!” Kry vir julle net jammer hy het so laat besluit

Johan ·

Ja molefe want jy het die maatskapy wet oortree en jy weet dit……dis hoekom al die gehuilery…. ….en as jy bedank dink jy kan hulle jou nie vervolg nie……..

Buitestander ·

Gaan alles oor om Nr1 tebeskerm wat geen kwalifikasies het nie as str3. Ons verwys nie na die Russiese opleiding wat in die Ooste behaal is nie.

Tambotie ·

Hulle moet verder ondersoek instel dit gaan baie lekker in Eskom daar is baie jakkalse op die sous trein wat lekker geld maak , kyk hoe leef sommige van die manne 3 huise duur voertuie ens .

Paul ·

Moenie so bly wees nie! Hy is ge-oormerk as die volgende minister van Finansies – watch this space!

marie visser ·

Dit sal seker later uitkom met hoeveel miljoene hy daar weg is.

Flibo ·

Wonder wie gaan die Gupta’s nou in sy plek aanstel as uitvoerende hoof van ESKOM ?

Maria Van Dieweeck ·

‘FORGET ME NOT TWINSAVERS’! Krokodil trane en bedankings kan nie n verskil maak in jou vervolging nie, al klou jy hoe desperaat vas aan jou ‘Kammaland’ ou vel.

Skerp ·

LMGA! Dis baie goed gesê! Stem saam met jou. Dankie vir die lekker lag ?

boetman ·

Another one bites the dust.

Een vir een … Jammer daar is so baie.

Vivian ·

Seker nou genoeg geld om net luilekker te gaan lewe geniet.

Johann ·

Julle verstaan nie; hyt laaaaaaaankal al m rol n 7e Laan! Of is dit in DALLAS? Nou dat ek mooi dink…skuus…hys die nuwe VOICE OVER vir SO MAAK MENS…afrikaamse weergawe van LAST DAYS OF THEIR LIVES….

marlene ·

Hy sal ‘n groter, beter pos kry. Dis trane van dankbaarheid.

nieBAFUnie ·

In belang van die maatskappy???? Wie dink jy bluf jy? Jy was oppad om “gefire” te word. Gaan soek troos by jou shebeen.

Lance ·

Hehe ja nee kyk die wiele draai vaster en vaster …kry so lekker want die poppe gaan daas oor die ene ….hier kom nou nog GROOT skandes van die anc se skelmstreke ….dankie Thuli jou verslag gaan nog baie beteken vir die land en sy mense wat gekul is deur die skelm mense van die anc.

lettie ·

Die shebeen storie waarmee hy almal wou mislei het hom in die alie gebyt. Give that man a shebeen Bells without apples!

Jaco ·

die geldpakket wat hy na sy bedanking gaan kry, sal seker gelykstaande wees aan wat dit sal kos om Johannesburg vir 5 jaar lank van elektrisiteit te voorsien.

Jordaan ·

Hy weet seker reeds van sy volgende pos, dalk Minister van Finansies as Zuma regkry om vir Gordhan uit te werk

My tweesent bydrae ·

Hy gaan die nuwe minister van Handel end Nywerheid word . Dan kan sy she been in Saxonwold n dranklisensie kry .

Carel ·

En vandag pleit Molefi onnosel en maak asof hy verskriklik te na gekom was. Toe hy na eie goeddenke gehandel het, het hy die korrupte krane goed oopgedraai.

JOHN COX ·

SAXONWOLD SHEBEEN
OPEN 24\7
FOR THE CORRUPT ONLY
FREE WHISKEY OF YOUR CHOICE
FREE EXECUTIVE POSITIONS DURING HAPPY HOUR 12H00–14H00
FREE SAMOOSAS

we regret
no police
no public protectors

andrea van vuren ·

Wanneer dinge begin hand uitruk, beveel ek aan tjankbalie Molefi moet aan ‘n leuenverklikker toets onderwerp word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.