Eskom-hoof: ‘Guptas het niks verkeerd gedoen’

Brian Molefe, Eskom

Brian Molefe, Eskom

Brian Molefe, uitvoerende hoof van Eskom, het Woensdag ontken dat die kragvoorsiener nie sy samewerking aan die Tesourie gegee het in ʼn ondersoek na die staatsentiteit se steenkoolkontrakte nie.

Molefe het terugvoer gegee aan die parlementêre portefeuljekomitee oor openbare ondernemings. Volgens Molefe het Eskom dokumente aan die Tesourie verskaf oor sy kontrak met Tegeta Exploration and Resources, ʼn mynmaatskappy wat deur die Guptas beheer word, nadat Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, die instruksie gegee het.

Hy het ontken dat Eskom nie sy samewerking aan die Tesourie gee nie en gesê die inligting wat die Tesourie reeds in April vanjaar versoek het, is nie deur die raad onderteken soos deur die Tesourie verwag word nie. Die volgende raadsvergadering is eers vir September geskeduleer.

“Ons was veronderstel om vir die raad te wag om die inligting te oorweeg. Ons was geskok om in die Sunday Times te lees dat ons nie ons samewerking gee nie.” Molefe het bewerings dat Eskom meer as R130 miljoen bestee het op substandaard steenkool van Tegeta, as onsin afgemaak.

“Die kwessie oor substandaard steenkool het geen gronde nie. Die steenkool is deur die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde (SABS) getoets,” het Molefe gesê en bygevoeg werknemers is geskors omdat hulle die steenkool as substandaard geklassifiseer het, terwyl die SABS bevind het dit is nie die geval nie.

Molefe het gesê hy kan nie maatskappye, wat deur die Guptas besit word, op ʼn sogenaamde swartlys plaas totdat daar regsgronde is wat hulle keer om sake met Tegeta en die familie se ander ondernemings te doen nie. Volgens Molefe het die Gupta-familie niks verkeerd gedoen nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Hasie ·

Molefi, jy moet liewer stilbly, want sodra jy iets sê, val die aandelebeurs.

Albert Marais ·

Ek hoop as die ding op matte kom, en daar wel bewyse is dat die steekool wat deur die Guptas voorsien is, wel substandaard is, dat al die geskorste werkers terug op hul poste sal wees.
Hulle weet blykbaar meer oor steenkool kwaliteit as al die raadslede saam.

ig ·

SABS se standaard nie is nie meer op standaard nie.Miskien moet die gehalte onafhanglik getoets word.Alles het mos n prys deesdae en hoe weet ons die Zuptas het ook n vinger in die pasteitjie nie aangaande die gehalte verslag.

rudi ·

Eskom het 120 000 miljoen meer gespandeer in 2015 as in 2005 om presies dieselfde hoeveelheid krag te lewer. Met 120 000miljoen kan jy die hele SABS met ‘n biljoen elk omkoop. Eskom se vermorsing is baie grooter as enige van Zuma se skandale

Rower ·

Welgedaan , kry vir jou in daardie geval n R5mijoen bonus , met komplimente geborg deur Zupta veskaf deur belasting fondse .

Kobus ·

Gaan lees gerus ook Adriaan Basson se skrywe op News24: “Two signatures that Gordhan won’t give Zuma”. Die tesourie sukkel mos nou ook met die SAA en dan is Denel ook al ‘n tyd in die prentjie. Uraan vir die nuwe beoogde Russiese Kernkragsentrales wat Zuma wil laat bou. Sien dan waar die Guptas by betrokke is.

Denise van Tonder ·

Ja dis hoekom Zuma in elkgeval vir Gordhan uit wil hê- hoe gaan hy wat Zuma is verder fondse kan steel terwyl Gordhan nog in sy stoel sit. Ek hoop van harte Gordhan skop stewig vas en beweeg glad nie. Hierdie keer kan Zuma maar regtig prober want hy gaan net verloor!!! Skop liewer vir Zuma uit -hy kan Rusland of China toe gaan en by sy maatjies gaan bly!!

jean ·

Wie’s brood ek eet, die’s woord ek spreek……bla, bla, bla….

Johann ·

HUH? APRIL is sekerlik VOOR September? En September is al soortvan verby op my kalender…OOOOOO dis soos Zumpi se somme! Lieg lala lieg…so dink ons ons kan die mense bedrieg…lieg lieg lieg. En terliops: waar en wanneer en hoe aanvaar die aangewese mi ister verandwoordelikheid vir haar afwesigheid?

REAList ·

Dis ‘n nuwe ene die.
Die SABS toets steenkool se gehalte?
Van wanneer af Mr Molefi?
Ken jy ooit die standaarde waaraan steenkoolgehaltes moet voldoen.
Btw, elke kragstasie het hulle eie laboratorium vir toetse.
Ek het baie steenkool aan hulle gelewer en die toetse is daar gedoen. As hulle nie tevrede was nie is dit herhaal.

Rynhardt ·

Molefe kom voor as n superheld.Kom Valke , ondetsoek Molefe en Eskom ! Vir jare deurboor Eskom publiek met astronomiese kragtariewe! Ondersoek alle korrupte instellings.Land is vrot van korruptes in hul pragtige pakke! Parlement is te pateties om sy werk te doen.Daar sit net n klomp liberale!

Ouman ·

Benoude katte benoude spronge. Dit lyk vir my dat die einde vinnig nader kom vir die streke van Nr 1 en sy trawante

snoefie ·

die nie betalers het ook niks verkeerd gedoen nie. molefe laat die Gupta’s die Gupta’s verdedig bearbei jy jou eerder om die prys van elektriseteit voor die voet een kW een prys te kry of n ryk blanke 20 000 kW in rietfontein loop of n agtergeblewene net 10 in diepsloot koop.

Theuns ·

As ek reg onthou het die Guptas Optimum steenkool myn spotgoedkoop gekoop het as gevolg van Optimum wat nie die regte kwaliteit steenkool aan Eskom kon lewer nie? Was dit ook ‘n lieg storie? Noudat die Guptas en zuma se seun die myn het nou is daar niks verkeerd met die kwaliteit nie? Is die gesamentlike geheue van die Parlementere Kommitee dat hulle vergeet het hoe Tegeta tot stand gekom het? Hulle het definitief nie die regte vra gevra nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.