Eskom-hoof kap terug oor kontrak vir vriend

Sean Maritz. Foto: Eskom

Sean Maritz, Eskom se waarnemende uitvoerende hoof, het ruimte en tyd versoek om sy werk te doen.

Maritz het in ’n verklaring gesê die uitvoerende span van Eskom bly gefokus op vyf prioriteite, naamlik toenemende vraag na elektrisiteit; vermindering van primêre energiekoste; implementering van vooraf-analises om spaargeld te lewer; vrystelling van staatswaarborge; en die voltooiing van die nuwe bouprogram.

Maritz het egter ook gereageer op mediaberigte dat hy ’n vriend en medekerkganger aangestel het sonder om dit te verklaar. Hy het die oorsig erken, maar bewerings dat die kontrak wat aan die vriend toegeken is onreëlmatig was, verwerp.

Volgens Maritz het ’n interne Eskom-paneel oor die toekenning van die kontrak beslis. Maritz het ook ontken dat hy inligting van Eskom se rekenaarbediener afgevee het. Hy het gesê Eskom se IT-veiligheidstelsel is so ontwerp dat geen e-posboodskap afgevee kan word nie.

Maritz het destyds ’n geskrewe waarskuwing gekry rakende konflik van belange. Die waarskuwing van ses maande het in 2010 verval.

Eskom het intussen ook gesê hy neem kennis van die konsultasiegroep McKinsey se verklaring rakende die terugbetaling van wat geld wat in 2016 aan hom betaal is. Volgens Eskom hanteer sy regspan die saak en sal daar binnekort advies gegee word oor die pad vorentoe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Johann ·

Is daar iemand by ESKOM wat n skoon ( genoeg) blaaidjie het om n senior pps te beklee? Skokkend…maar tekend van hoe vêr en diep.lê die Afrika kultuur van korrupsie. Hy doen dit…so ek mag ook.

Eish ·

Jy vat die woorde so uit my mond. Waar is die dae toe dit jou n leeftyd geneem het om tot n senior posisie te vorder en jou lewe so oop soos n boek was vir diegene wat oor jou aanstelling besluit. Ek was al reeds verbaas dat n blanke in die pos aangestel is. Nou is daar meer vrae as antwoorde. R100 000 per maand vir ses maande! Genade, wat se kundigheid verkoop jy teen die prys?

Anke ·

Julle is vinnig om te vra of daar nog iemand is wat `n skoon blaadjie het om in `n senior posisie te wees by Eskom….my man is in so pos en ek kan vir jou met `n skoon en rein gewete sê hy en baie ander soos hy werk hulle alie af om alles seepglad te laat verloop. Weet jy hoeveel keer kom my man by die huis , en voel nie lekker ….sy nek is permanent styf en skouers is af dan moet ek weer moed inpraat, so dink bietjie voor julle Eskom sleg maak daar is BAIE goeie mense en werkers wat daar werk en omtrent hulle lewe gee….

Goeie werker ·

Siestog man Anke is hy die medekerkganger wat die ou aangestel het? Almal werk hard en ons almal se nekke en rue is styf en koppe seer. Ons kry net nie so baie geld nie. Ongelukkig wys ESKOM se SYFERS dat daar iets ernstigs verkeerds is ook die feit dat hulle ALWEER 19 % verhoging wil he terwyl hulle hoofbestuur enorme bonusse en verhogings kry. So ja ongelukkig kan ons praat want ONS moet die verhogings betaal!

Piet Snot ·

As dit die enigste vuil wasgoed oor hom is wat die koerant kon vind, is hierdie ou vir my aanvaarbaar.
Beste kandidaat.

Fires ·

Dis maar soos die regering. Jy moet n sekere aantal jare se tronk straf agter jou naam he om in die regerende party te wees. Ek is bereid om geld daarop te sit dat hy nie langer as n paar maande in die pos sal wees nie. Hoe meer die regerende party alles deur mekaar skommel hoe meer kan hulle skelm streke nooit ondersoek word nie. Lynne Brown speel maar lekker saam en kry seker ook haar instruksies via Dubai!!

Dirk01 ·

En ons vra n verlaging van tariewe wat moontlik is as Escom minder spandeer en bonusse betaai………..iewers is daar n gupta reukie

Jane ·

Almal SKEP pap terwyl dit nog pap reen want ALMAL weet hierdie beker gaan een of ander tyd droogloop. So daar is extravagant bonusse, salarisse, verhogings, bevorderings, nepotisme, want “hulle” sorg vir mekaar solank hulle hoë posisies beklee

Johann ·

Hoekom is ek nie verras of verbaas oor sy “vriend” se “mede kerk ganger” status nie? Want as jy dink die huidige Zuptopia status van die ANC vergrepe regering is deurspek met “aanvaarbare” wedersydse gunsies;;;;;is die sg. “kerk” mega magte nie vêr agter nie, als in die falsprofeet naam van “welstands bediening”. Totdat die kontant vloei kraan toegedraai word…vra maar n sekere MEGA GEMEENTE in Pta Oos.

jaco ·

hierdie “kerkganger” behoort sy korrupsie dadelik te stop en elke sondag in die kerk vir die liewe Vader in die hemel dankie te sê dat hy met nogal die “verkeerde” velkleur hoeganaamd n werk het en dit nogal by n seme-staatsinstansie waar regstellende aksie UITERS rigied toegepas word. As jy wit is in SA en jy het werk, doen PRESIES wat van jou verwag word, HOU BY DIE REELS en hou aan aan hou uit, want as jy eers uit is, is jy uit. Dis BITTER moeilik veral vir ouer wit mense om werk te kry.

head on ·

waar die vigsgevalle tot 50 dae per jaar af siek is en selfs as hul by werk is ksn hulle niks doen nie. ma lat jy as ouer witman tien siekverlof dae per jaar gebruik het, dan het jy n leer (wat jy geen nut aan het nie en nie eers toegang het nir) op n gevaarlike plek gelos en word jy summier gefire. elke plek waar jy vir n onderhoud gaan wys hulle mediese span jou dat hou vorige werkgewer se jou gehoor id te sleg om te werk. hoekom jou dan fire vir n leer wat jy nie gebruik get nie? is die vigsgeval nie minder werd en n risiko vir almal om hulle nie? hoekom is hy vol oop sere sy werk gewaarborg?

se maar net ·

As julle dink R100 000/maand is baie. Kyk bietjie wat verdien die uitlanders op een van die projekte van Eskom – Medupi.
Daars sprake van tot soveel as R500 000/ maand

se maar net ·

Dink julle R100 000/maand is baie. Daar is sprake dat uitlanders op die Medupi projek tot soveel as R500 000/maand verdien

vierkleur ·

Daar is sprake dat van die uitlanders wat op Kusile & Medupi tot soveel as R500 000/maand verdien. Watse kennis het die mense wat soveel werd is?

gerhardus ·

Gaan kyk maar in Silver lakes Golf Estate in watter fancy huise bly al die buitelandse ingenieurs wat by Kusili en Medupi werk,dan sien mens werklik hoe dik die pap geskep word…

Vermeende ·

Hoekom verdien hy so min, is dit omdat hy blank is?
Vergelyk sy salaris met die van andere dan skiet hy ver te kort.

Vermeende ·

As die gerigte waar is dan se ek goed vir hom, as dit so is dan sorg die man vir die huidige benadeeldes, mooi, gee vir al jou vriende kontrakte maar maak net seker hulle kan die werk doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.